’n Kortsluiting in ’n kragkabel het vermoedelik weens die aanhoudende beurtkrag-ontwrigting gras aan die brand laat slaan.
Die brand het vinnig na ’n kamp met ramme, ’n skuur en ’n populierbos versprei, maar dit kon gelukkig gou met die hulp van Prinsloo se plaaswerkers en bure geblus word.
Brandbestrydingstoerusting is altyd gereed op die plaas. Prinsloo en sy seun, Eduard, besit die bekende Heuningkrans Merino-stoetery.