AFGRI
BEAN
30 Mrt
-
9822
48,00
CORN
30 Mrt
-
4145
-6,00
SOYA
30 Mrt
-
8640
-25,00
SUNS
30 Mrt
-
8780
-39,00
WEAT
30 Mrt
-
6695
16,00
WMAZ
30 Mrt
-
3846
-5,00
YMAZ
30 Mrt
-
4021
-6,00
Deel

Veldbrand saai verwoesting by Calvinia

’n Veldbrand het laat in 2016 altesaam16 plase in die Calvinia-omgewing ernstig beskadig en boere in dié gebied benodig dringend voer.

’n Verwoestende veldbrand het op 28 Desember 2016 in die Calvinia-omgewing ontstaan en het baie vinnig versprei weens droë en winderige toestande. “Binne ’n week het 16 plase gedeeltelik of geheel en al afgebrand. Die skatting tans is dat 25 000 ha in die slag gebly het,” sê mnr. Andre Steenkamp, wie se broer in die distrik boer.

“As gevolg van die knellende droogte moes boere reeds hul kuddes voer en was voervoorrade reeds laag. Nou moet boere noodgedwonge 6 000 skape voer wie se weiveld in die brand verwoes is. Al wat van eens goeie weiveld oorgebly het, is as en klippe,” voeg hy by.

Die boere wat skade gelei het benodig sowat 200 ton voer per maand om hul kuddes te voer. Medeboere van Middelburg in Mpumalanga het 150 ronde grasbale geskenk om hul eweknieë in Calvinia by te staan, maar vervoer is tans ’n uitdaging.

Steenkamp wil sy medeboere bystaan deur vervoer vir die skenking te reël en doen ’n beroep op enige Suid-Afrikaners wat kan help om met hom in kontak te tree op 082 520 8665.

“Ek wil graag soveel moontlik mense bereik en soveel moontlik hulp te kry vir die boere. Die effek van die droogte is duidelik sigbaar maar die effek van die brand en droogte gaan vernietigend wees vir die boere, gemeenskap en provinsie,” sê hy.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.82
+1.6%
Rand - Pond
22.07
+1.0%
Rand - Euro
19.43
+1.0%
Rand - Aus dollar
11.96
+1.2%
Rand - Jen
0.13
+1.4%
Platinum
986.00
+1.8%
Palladium
1,457.22
+0.6%
Goud
1,980.94
+0.9%
Silwer
23.90
+2.5%
Brent-ruolie
78.28
-0.5%
Top-40
71,089
+0.3%
Alle aandele
76,705
+0.3%
Hulpbronne 10
67,517
+1.3%
Industriële 25
103,222
-0.1%
Finansiële 15
15,634
+0.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Spontaan en lief vir kamp en road trips
Ek is wie ek is. Ek is n maklike persoon om mee oor die weg te kom. Hou baie van kos maak en braai. Ja en ons sal baie dinge saam doen en veral lag.
Liefte is n wenner!
Hou van nuwe plekke sien dinge saam doen, saam lag en net memories maak ek wil settle en is ernstig daaroor.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot