AFGRI
BEAN
26 Me
-
9371
0,00
CORN
26 Me
-
4480
0,00
SOYA
26 Me
-
7813
0,00
SUNS
26 Me
-
8220
0,00
WEAT
26 Me
-
6690
0,00
WMAZ
26 Me
-
3644
0,00
YMAZ
26 Me
-
3750
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
12 Me
-
171,55
-1,00
Ave Wool - RWS
12 Me
-
187,51
-2,00
Beeste A2/3
12 Me
-
54,18
0,36
Beeste AB2/3
12 Me
-
53,38
1,10
Beeste B2/3
12 Me
-
49,24
1,21
Beeste C2/3
12 Me
-
46,69
0,83
Bevrore Hoender
12 Me
-
34,02
0,01
Bokkies (onder 30 kg)
12 Me
-
54,11
1,43
Bokooie
12 Me
-
45,19
4,99
Groot (meer as 40 kg)
12 Me
-
47,21
1,85
Hoender (IQF)
12 Me
-
32,78
-0,26
Medium (30-40kg)
12 Me
-
48,05
0,05
Pork Average
12 Me
-
30,1
0,51
Poultry Average
12 Me
-
33,63
-0,08
Skaap A2/3
12 Me
-
81,25
-3,39
Skaap AB2/3
12 Me
-
71,07
-5,53
Skaap B2/3
12 Me
-
59,28
1,05
Skaap C2/3
12 Me
-
53,58
-3,44
Speenkalf
12 Me
-
31,71
0,67
Spekvarke
12 Me
-
30,61
-0,29
Stoorlammers
12 Me
-
41,49
-0,79
Varkwors
12 Me
-
23,9
-0,76
Vars Hoender
12 Me
-
34,08
0,01
Vleisvarke
12 Me
-
30,04
0,57
Deel

Veldtog teen Onderstepoort storm voort

Die veldtog teen Onderstepoort oor die kwessies met die toelating van studente kry al hoe meer momentum, sê AfriForum.

Die veldtog teen die Onderstepoort-instituut vir Veeartsenykunde oor die kwessies met die toelating van studente kry al hoe meer momentum, sê AfriForum.


Luidens ’n verklaring het 20 voornemende studente reeds met die organisasie in verbinding getree, omdat hulle ondanks goeie akademiese prestasies, nie toelating gekry het om veeartsenykunde te studeer nie.


Volgens die organisasie het dié 20 studente altesame 155 onderskeidings in matriek behaal. Hulle is glo almal toelating geweier omdat hulle akademies nie goed gepresteer het nie.


AfriForum Jeug het derhalwe, namens die groep, die Universiteit van Pretoria (UP) versoek om redes te verskaf vir die weiering van toelating vir elkeen van die groep.


Minister

Die organisasie sê verder dat hulle verneem dat mnr. Blade Nzimande, Minister van Hoër Onderwys, ’n verduideliking van die universiteit versoek het. Dié stap volg glo op ’n brief wat die organisasie aan die minister gerig het om sy kommer oor die situasie en moontlike ongerymdhede aan hom bekend te maak.


Nóg ’n brief is aan prof. Cheryl de la Rey, die rektor van die UP, gestuur waarin die protes van die leerlinge teen die keuringsproses uiteengesit is. “Die brief nooi die rektor uit om saam met AfriForum Jeug ? wen-wen-oplossing te bereik,” aldus mnr. Charl Oberholzer, nasionale voorsitter van AfriForum Jeug.


Oberholzer sê in die brief stel hulle voor dat die universiteit saam met Nzimande oplossings moet soek om meer plekke vir top-studente te skep, óf om in die komende jaar meer voorsiening te maak vir eerstejaarstudente wat weer wil aansoek doen.


Veeartsgetalle

AfriForum sê die internasionale norm is dat ’n land 200 tot 400 veeartse vir elke miljoen mense moet hê. In Suid-Afrika is dié getal tussen 60 en 70 veeartse per miljoen. Volgens hom is 37% van die land se veeartsposte op nasionale en provinsiale vlak tans vakant.


“Die reaksie op navrae wat die Fakulteit Veeartsenykunde sover gegee het oor die redes waarom topleerlinge nie goed genoeg gepresteer het nie, is eenvoudig dubbelsinnig of oneerlik,” sê Oberholzer.


Landbou.com wag tans op antwoorde van die Universiteit oor die inligting in dié verklaring.


21 November 2011

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Landbou Veilings

Landbou Veilings bied 'n geleentheid aan boere én veilingskliënte om veilings te bemark en te soek na inligting oor omliggende veilings.

Lees hier
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
19.66
+0.7%
Rand - Pond
24.27
+0.1%
Rand - Euro
21.10
+0.0%
Rand - Aus dollar
12.81
+0.1%
Rand - Jen
0.14
+0.1%
Platinum
1,022.46
0.0%
Palladium
1,423.51
0.0%
Goud
1,946.69
0.0%
Silwer
23.32
0.0%
Brent-ruolie
76.95
+0.9%
Top-40
71,404
+0.6%
Alle aandele
76,590
+0.5%
Hulpbronne 10
67,438
+0.5%
Industriële 25
106,353
+1.0%
Finansiële 15
14,654
-0.4%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Enkellopende man opsoek na sy prinses.
Tall dark and handsome 😆 my profiel foto is onlangs geneem. Nie sleg vir 44 nê? Afrikaans. Hou van goeie musiek, Netflix, kosmaak, braai en lekker kuier. Ek geniet...
Net lekker Geselskap
Spontaan en hou van mense met n lekker persoonlikheid soek asb nie iemand wat aan n bottel vasgemaak is nie en ook nie met tonne probleme nie
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot