Die Regering gaan voort met nuwe wetgewing wat, volgens amptenare, beskerming bied aan plaaswerkers teen uitsettings en mishandeling.
Luidens ‘n berig op Allafrica het die Kabinet die betrokke konsepwetgewing goedgekeur en sal dit plaaswerkers se huurkontrakte en hul reg om hul huise te bly, skei. “Die wet sal die Esta (Extension of Security of Tenure Act)- en LTA (Land Reform (Labour Tenants))-wette vervang, sê mnr. Gugile Nkwinti, Minister van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming.
Die wetgewing dek, onder meer, die volgehoue beskerming van die regte van mense wat op plase woon en werk. Volgens die Mail & Guardian beoog die wet ook om ‘n ondersteuningsnetwerk daar te stel vir plaasbewoners en –werkers om ‘n volgehoue bestaan te voer.
Die doel is ook om goeie verhoudinge op plase te bevorder.
Belangstellendes kan nou kommentaar lewer op die wet deur ‘n boodskap te e-pos na Landtenuresecuritybill@ruraldevelopment.gov.za of deur ‘n faks te stuur na 0866 92 88.
Openbare konsultasie sal vroeg in 2011 geskied.
24 Desember 2010