
Hoewel die inflasiekoers effens gedaal het, bly kosprysinflasie hemelhoog. Groente kos nou gemiddeld 11,8% meer as ’n jaar gelede, daarom moet jy elke aartappel maar mooi bekyk voordat jy hom in jou mandjie laai, berig Beeld.
Melk, eiers en kaas is op ’n jaargrondslag ook 11,7% duurder. Op ’n maandgrondslag het die prys van brood, graanprodukte en vrugte darem met 1% gedaal.
Die styging in munisipale tariewe vir water en dienste wat in Julie van krag geword het, is op ’n jaargrondslag gemiddeld 8,3% en dié van krag gemiddeld 6,9%.
Plattelanders trek steeds aansienlik swaarder as stedelinge met prysstygings van 7,3%, vergeleke met 6,3% in primêre stedelike gebiede en 6,5% in sekondêre stedelike gebiede.
Bron: Beeld.