
Die lyk van Wessels, wat op die plaas Kapteinsdrift geboer het, is Maandag sowat 200 m van sy plaashuis gevind nadat hy en sy vrou, Liezel (55), ure lank deur vier verdagtes gyselaar gehou is. Liezel is ’n rekenmeester by Bonnievale Wines. Sy is met ’n skerp voorwerp in die bors gesteek en glo ook met kookwater gebrand.
Volgens lt.kol. André Traut, provinsiale polisiewoordvoerder, was die verdagte in besit van een van die vuurwapens, ’n .22-geweer, wat tydens die voorval gesteel is. Hy sê die verdagte sal in die hof verskyn sodra hy amptelik aangekla is. Die polisie soek steeds na drie ander verdagtes.
Dit is die tweede keer in die afgelope vyf maande dat iemand in die distrik Bonnievale vermoor is.
Netwerk24 het berig Tool het Maandag werkers gaan aflaai. Die egpaar is omstreeks 18:30 in hul huis oorval. Luidens die berig het die rowers vuurwapens en kontant gesteel. Liezel het in ’n stadium haar bewussyn verloor. Nadat sy weer bygekom het, het sy ontsnap en na die bure gery om hulp te kry.
Netwerk24 berig dat die egpaar se kinders, Annelie (23) en Jana (20), nie wil terugkeer na die huis waar hul ouers aangeval is nie. Albei is M-graadstudente in die ekonomiese veld aan die Universiteit Stellenbosch. Hulle het gesê hulle wil nie die besonderhede van die voorval weet nie.
Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe. Volg ons op Whatsapp om daaglikse landbounuus op jou selfoon te ontvang.