
Sers. Wesley Twigg, polisiewoordvoerder, sê die voorval het Sondag omstreeks 19:15 plaasgevind.
Die boer en sy familie was tuis toe onbekende verdagtes die eiendom betree het. ’n Struweling tussen die boer en die verdagtes het gevolg waartydens die boer ’n skietwond aan sy gesig opgedoen het.
Die verdagtes het van die toneel gevlug en daar word steeds na hulle gesoek.
Die polisie ondersoek ’n saak van poging tot moord.
Enigiemand met inligting oor die voorval word versoek om Crime Stop by 08600 10111 te kontak.
Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.