AFGRI
BEAN
01 Jul
-
8800
-80,00
CORN
01 Jul
-
4172
-95,00
SOYA
01 Jul
-
8560
-26,00
SUNS
01 Jul
-
10740
-57,00
WEAT
01 Jul
-
7464
-1,00
WMAZ
01 Jul
-
4454
-4,00
YMAZ
01 Jul
-
4396
-12,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Jun
-
164,91
0,00
Ave Wool - RWS
10 Jun
-
180,07
0,00
Beeste A2/3
17 Jun
-
60,81
0,68
Beeste AB2/3
17 Jun
-
57,66
-0,12
Beeste B2/3
17 Jun
-
53,3
0,03
Beeste C2/3
17 Jun
-
46,86
-0,48
Bevrore Hoender
17 Jun
-
31,45
0,54
Bokkies (onder 30 kg)
17 Jun
-
62,89
-5,12
Bokooie
17 Jun
-
49,59
-12,82
Groot (meer as 40 kg)
17 Jun
-
39,71
-6,55
Hoender (IQF)
17 Jun
-
30,12
0,45
Medium (30-40kg)
17 Jun
-
57,81
0,73
Pork Average
17 Jun
-
27,18
0,03
Poultry Average
17 Jun
-
31,15
0,47
Skaap A2/3
17 Jun
-
103,83
-1,38
Skaap AB2/3
17 Jun
-
83,52
-3,96
Skaap B2/3
17 Jun
-
78,12
-3,21
Skaap C2/3
17 Jun
-
74,62
-2,28
Speenkalf
17 Jun
-
36,4
0,23
Spekvarke
17 Jun
-
28
-0,11
Stoorlammers
17 Jun
-
52,94
-0,58
Varkwors
17 Jun
-
22,43
0,09
Vars Hoender
17 Jun
-
31,88
0,43
Vleisvarke
17 Jun
-
27,15
0,08

Verduidelikings geëis oor kaderbevoordeling by uitsetting van boer

akkreditasie
Dr. Ivan Meyer, Wes-Kaapse minister van landbou, het onlangs by mnr. Ivan Cloete (links) besoek afgelê om oor die situasie te gesels. Foto: Verskaf
Dr. Ivan Meyer, Wes-Kaapse minister van landbou, het onlangs by mnr. Ivan Cloete (links) besoek afgelê om oor die situasie te gesels. Foto: Verskaf
Ter wille van regverdigheid en aanspreeklikheid moet me. Thoko Didiza, minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, alle dokumentasie bekend maak rakende die proses en die uiteindelike besluit om die plaas Colenso by Darling toe te ken aan individue wat aan Tlhapi Zizi (Edms.) Bpk. verbonde is.

Só sê me. Annette Steyn, die DA se skaduminister vir landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling.

Dit het aan die lig gekom dat ’n oud-ANC-LP, mnr. Mziwamadoda Kalako, een van die hoofdirekteure van Tlhapi Zizi (Edms.) Bpk. is.

Hy is deel van ’n groep vermeende MK-veterane aan wie die plaas Colenso onder die vaandel van Tlhapi Zizi (Edms.) Bpk. toegewys is. Mnr. Ivan Cloete, wat op die plaas geboer het, is die trekpas gegee. Van die vermeende veterane besit reeds plase.

Kalako was vanaf 2014 tot 2019 ’n ANC-LP. Hy is die provinsiale sameroeper van die ANC in die Wes-kaap.

“As sy dit nie doen nie, sal dit die vermoede bevestig dat die hele grondhervormingsprogram gekaap is om die belange van MK-veterane bo dié van hardwerkende, gewone Suid-Afrikaanse boere te stel,” sê Steyn.

Daar moet ook duidelikheid gegee word oor die invloed van Kalako se politieke bande op die besluit om Cloete van Colenso te verdryf en die plaas aan die Tlhapi Zizi-groep te gee.

Besit plase

Die ander direkteur, mnr. Pholoso Malatji, is ’n mededirekteur van Cannsun, ’n onderneming wat medisinale dagga by Atlantis in die Wes-Kaap verbou. Die maatskappy besit reeds 23 ha grond, sê Steyn. Nog ’n direkteur, mnr. Lesedi Ignatius Baisitse, is as direkteur by Piketberg Sunrise Farms betrokke.

“Hoe kan die departement toelaat dat individue wat reeds plase en boerderyondernemings besit, toegang tot staatsgrond bekom bo kwesbare boere soos Cloete wat van die grond afhanklik is? Pleks daarvan om Cloete te ondersteun in sy boerdery, word hy nou deur die departement versaak sodat kaders met veelvuldige plase se belange bevorder kan word.”

Sy sê Cloete is die jongste voorbeeld van kwesbare boere wat geteister word sodat hul grond aan vermeende MK-veterane oorgedra kan word.

“Laat ons nie vergeet van mnr. Vuyisile Zigana van KwaZulu-Natal se klagtes van onregverdige behandeling en beweerde korrupsie in verband met die toekenning van die plaas Spioenkop deur amptenare van die departement in KwaZulu-Natal nie.”

Dit is baie kommerwekkend dat Didiza toelaat dat die teisterings ongestraf voortgaan en dat klagtes eers ondersoek word nadat die boere alles verloor het.
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
16.49
-1.2%
Rand - Pond
19.79
+0.1%
Rand - Euro
17.16
-0.6%
Rand - Aus dollar
11.16
+0.6%
Rand - Jen
0.12
-1.7%
Goud
1,796.10
-0.6%
Silwer
19.69
-2.9%
Palladium
1,917.02
-1.2%
Platinum
873.50
-2.7%
Brent-ruolie
109.03
-3.1%
Top-40
60,295
+0.3%
Alle aandele
66,330
+0.2%
Hulpbronne 10
62,589
-1.8%
Industriële 25
80,531
+1.4%
Finansiële 15
14,758
+0.5%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Love the outdoors and riding my bike
I am a Funny, outgoing, fun loving, honest, loyal person Like camping, fishing, hunting and the open road on my bike
Tyd vir 'n nuwe begin...
Ek is beslis nie 'n ekstrovert nie, maar enig in my soort beslis. My vriende sou my beskryf as iemand wat stil en stemmig is maar sodra jy haar leer ken sien mens die...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot