AFGRI
BEAN
30 Me
-
8670,4
45,40
CORN
30 Me
-
4373
78,00
SOYA
30 Me
-
7805
-10,00
SUNS
30 Me
-
8250
-77,00
WEAT
30 Me
-
6659
50,00
WMAZ
30 Me
-
3719,2
53,20
YMAZ
30 Me
-
3810
45,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
19 Me
-
172,55
7,70
Ave Wool - RWS
19 Me
-
189,51
9,36
Beeste A2/3
19 Me
-
53,82
53,82
Beeste AB2/3
19 Me
-
52,28
0,49
Beeste B2/3
19 Me
-
48,03
-0,79
Beeste C2/3
19 Me
-
45,86
0,34
Bevrore Hoender
19 Me
-
34,01
-1,54
Bokkies (onder 30 kg)
19 Me
-
52,68
-2,51
Bokooie
19 Me
-
40,2
1,49
Groot (meer as 40 kg)
19 Me
-
45,36
4,57
Hoender (IQF)
19 Me
-
33,04
-0,30
Medium (30-40kg)
19 Me
-
48
-3,26
Pork Average
19 Me
-
29,59
0,13
Poultry Average
19 Me
-
33,71
-0,90
Skaap A2/3
19 Me
-
84,64
0,30
Skaap AB2/3
19 Me
-
76,6
10,52
Skaap B2/3
19 Me
-
58,23
-1,47
Skaap C2/3
19 Me
-
57,02
0,77
Speenkalf
19 Me
-
31,04
1,22
Spekvarke
19 Me
-
30,9
0,85
Stoorlammers
19 Me
-
42,28
0,34
Varkwors
19 Me
-
24,66
0,20
Vars Hoender
19 Me
-
34,07
-0,87
Vleisvarke
19 Me
-
29,47
0,05
Deel

Vere waai tussen EU en SAPV oor storting

? Knuppel is as ‘t ware in die hoenderhok gegooi oor die EU se storting van hoendervleis in SA. Die EU en die SA Pluimveevereniging is slaags.

Die vere waai opnuut oor hoenderinvoer uit Europa nadat die Europese Unie ontken het dat hy hoendervleis stort en só werkverliese veroorsaak.

Die EU-afvaardiging tot Suid-Afrika het in 'n verklaring verskeie aantygings hieroor deur die SA Pluimveevereniging (SAPV) afgemaak, waarop die SAPV self skerp gereageer het.

Dit is in dié omgewing van wyd uiteenlopende standpunte waar regter Richard Goldstone, internasionaal erkende juris en menseregtekampvegter, voortaan 'n rol kan speel as beskermheer van die Fairplay-teenstortingsbeweging. Die eerste projek is om storting van hoendervleis in Suid-Afrika te stuit.

Billike mededinging

Goldstone het in 'n FairPlay-verklaring benadruk dat hy handel en mededinging steun. “As ons billike mededinging in internasionale handel wil hê, moet alle deelnemers billik en volgens die internasionale ooreenkomste wat hul lande onderskryf, handel dryf.”

Die EU-afvaardiging grond sy argument dat sy produsente nié hoendervleis stort nie, op die feit dat die SAPV nie klagtes hieroor by die Kommissie vir Internasionale Handelsadministrasie (Itac) ingedien het nie, soos hy voorheen al gedoen het nie. “Die Suid-Afrikaanse owerhede erken self dat storting nie die kwessie is nie,” sê die EU.

Die SAPV het teruggekap en gesê Itac het vroeër produsente in Duitsland, Nederland en Brittanje skuldig bevind aan storting.

Veroordeelde storters

“Die SAPV glo die tariewe vir dié drie veroordeelde storters is te laag om die onbillikheid van hul storting te pak. Die enigste rede waarom alle EU-lande wat na ons uitvoer, nie skuldig bevind is aan storting nie, is die soms geheimsinnige (arcane) reëls van die WTO, wat handel reguleer.

“Ons sal te gelegener tyd met stappe begin teen ál daardie EU-lande wat binne die WHO-drempels val, wat almal donker vleis (stukke aan die been) stort.”

Die EU sê sy invoer (nie meer as 200 000 ton hoenderstukke aan die been in 2016) is sowat 10% van totale pluimveeverbruik in Suid-Afrika en te min om die hoofrede vir die plaaslike bedryf se probleme te wees.

Totale invoer van hoendervleis

Die SAPV sê egter as 'n mens na totale hoenderinvoer kyk, wat 26% van plaaslike verbruik is, is dit beslis problematies, en dat EU-hoenderprodusente ontsteld oor die sowat 7% van die EU-mark wat daar ingevoer word.

Die Regering het intussen nog nie bekend gemaak watter maatreëls sy taakspan voorstel om die bedryf te red nie.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Landbou Veilings

Landbou Veilings bied 'n geleentheid aan boere én veilingskliënte om veilings te bemark en te soek na inligting oor omliggende veilings.

Lees hier
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
19.69
-0.1%
Rand - Pond
24.43
-0.5%
Rand - Euro
21.13
-0.3%
Rand - Aus dollar
12.83
+0.2%
Rand - Jen
0.14
-0.5%
Platinum
1,019.81
-1.0%
Palladium
1,407.08
-1.6%
Goud
1,959.19
+0.8%
Silwer
23.19
+0.1%
Brent-ruolie
77.07
+0.2%
Top-40
70,921
-0.7%
Alle aandele
75,940
-0.9%
Hulpbronne 10
67,062
-1.3%
Industriële 25
105,731
-0.5%
Finansiële 15
14,358
-1.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Goeie geselskap en baie kalm en saggeaard
Saggeaarde eerlike en opregte mens wat ander met respek hanteer. Baie beskermend teenoor n vrou en sal nooit kras praat of optree nie.
Plat op die aarde kom oor die wet almal
Ek is een van daai mense wat die pad sal loop saam mense wat die pad saam my sal loop
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot