AFGRI
BEAN
30 Me
-
8670,4
45,40
CORN
30 Me
-
4373
78,00
SOYA
30 Me
-
7805
-10,00
SUNS
30 Me
-
8250
-77,00
WEAT
30 Me
-
6659
50,00
WMAZ
30 Me
-
3719,2
53,20
YMAZ
30 Me
-
3810
45,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
19 Me
-
172,55
7,70
Ave Wool - RWS
19 Me
-
189,51
9,36
Beeste A2/3
19 Me
-
53,82
53,82
Beeste AB2/3
19 Me
-
52,28
0,49
Beeste B2/3
19 Me
-
48,03
-0,79
Beeste C2/3
19 Me
-
45,86
0,34
Bevrore Hoender
19 Me
-
34,01
-1,54
Bokkies (onder 30 kg)
19 Me
-
52,68
-2,51
Bokooie
19 Me
-
40,2
1,49
Groot (meer as 40 kg)
19 Me
-
45,36
4,57
Hoender (IQF)
19 Me
-
33,04
-0,30
Medium (30-40kg)
19 Me
-
48
-3,26
Pork Average
19 Me
-
29,59
0,13
Poultry Average
19 Me
-
33,71
-0,90
Skaap A2/3
19 Me
-
84,64
0,30
Skaap AB2/3
19 Me
-
76,6
10,52
Skaap B2/3
19 Me
-
58,23
-1,47
Skaap C2/3
19 Me
-
57,02
0,77
Speenkalf
19 Me
-
31,04
1,22
Spekvarke
19 Me
-
30,9
0,85
Stoorlammers
19 Me
-
42,28
0,34
Varkwors
19 Me
-
24,66
0,20
Vars Hoender
19 Me
-
34,07
-0,87
Vleisvarke
19 Me
-
29,47
0,05
Deel

‘Vergrype’ op plase: Bring feite – TLU SA

akkreditasie
Politieke partye is uitgedaag om bewerings van arbeidsvergrype deur boere met konkrete feite te ondersteun.

Politieke partye wat bewerings maak dat boere hul werkers slegter as varke behandel, met alkohol betaal of hul verlekker in die ellende van hul werkers moet konkrete feite op die tafel sit, eerder as om vae bewerings te maak, sê die TLU SA.

Die TLU SA het die Vryheidsfront Plus in 'n verklaring bedank vir die debat oor plaasmoorde wat die party in die Parlement ter tafel gelê het, maar het LPs van die ANC, Agang en EFF se gedrag en bewerings oor boere se arbeidspraktye sterk veroordeel.

"Hier is meer as genoeg regeringsinstellings wat met graagte sal optree teen enkelinge wat hulle aan sodanige optrede sou skuldig maak. Die meerderheid van kommersiële boere het oor geslagte heen 'n uitstekende verhouding met hulle werkers opgebou.

Opportuniste

"Hulle weier om met uitsonderings oor dieselfde kam geskeer te word deur opportunistiese politici wat 'n regverdiging vir die moorde en martelinge op die plase probeer soek,” het mnr. Bennie van Zyl, hoofbestuurder van die TLU SA, gesê.

“Net soos boere weier om beskuldig te word van diefstal van grond, weier hulle ook om vals beskuldig te word van swak arbeidsverhoudinge. Sou dit wel plaasvind, is dit omdat die Departement van Arbeid dan nie sy werk doen nie.

"Daarom daag die TLU SA vir Agang en EFF om hulle bewerings met konkrete feite te ondersteun. Tot dan behoort die Speaker hulle aan te spreek oor hulle ongegronde en ongetoetste aansprake.

“Terselfdertyd moet hulle dan ook openlik sê of enige beweerde optrede, brutale moord, marteling of verkragting regverdig,” sê Van Zyl.

Kommentaar uit die debat

“As Suid-Afrikaanse boere minder raak, word kos duurder vir almal, veral vir armes. As ons gebeure in landelike gebiede wil stopsit, moet ons hier [in die Parlement] begin. As ons die wet verontagsaam en met misleidende uitsprake mense aanmoedig om mekaar aan te val, is ons die primêre bron van die probleem. Ons het ’n president wat vir mense sê om grond te vat sonder vergoeding, ten spyte van wat sy party sê. Iemand sonder politieke ruggraat. As die President uitsprake maak wat teenstrydig is met die Grondwet, is hy deel van die misleiding van jong mense. Ons kan nie stilbly hieroor nie. Ons kan nie stilbly wanneer (Julius) Malema (van die EFF) sy platform gebruik om dele van ons bevolking te dreig met die dag wanneer hy in ’n magsposisie kom nie.” - Mosiuoa Lekota (Cope)

“Die beweerde toename in plaasmoorde moenie afsonderlik gesien word van die menseregte van almal wat in plaasgemeenskappe leef en werk nie. Die afgesonderheid van talle van dié gemeenskappe beteken hulle is blootgestel aan menseregtevergrype, insluitend misdaad. Dit is moeilik om met oortuiging oor ’n toename in plaasaanvalle en -moorde te praat as geen empiriese data van onafhanklike navorsing toon dat boere spesifiek teikens van moorde is vergeleke met die res van die bevolking nie.” - Machwene Semenya (ANC)

“Die Vryheidsfront Plus wil hê ons moet die moorde van ’n paar wit mense bo die res van ons stel. Die vermeende oortreding van arbeidswette, insluitend haglike lewensomstandighede en die gebruik van die dopstelsel, geniet geen aandag van die Vryheidsfront, Afriforum en ander regse groepe nie, want die moorde van swart mense word as normaal en aanvaarbaar gesien.” - Hlengiwe Octavia Hlophe (EFF)

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Landbou Veilings

Landbou Veilings bied 'n geleentheid aan boere én veilingskliënte om veilings te bemark en te soek na inligting oor omliggende veilings.

Lees hier
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
19.70
-0.2%
Rand - Pond
24.48
-0.8%
Rand - Euro
21.15
-0.4%
Rand - Aus dollar
12.87
-0.1%
Rand - Jen
0.14
-0.6%
Platinum
1,034.47
+0.4%
Palladium
1,442.25
+0.9%
Goud
1,954.67
+0.6%
Silwer
23.13
-0.2%
Brent-ruolie
77.07
+0.2%
Top-40
71,811
+0.5%
Alle aandele
76,832
+0.3%
Hulpbronne 10
68,136
+0.3%
Industriële 25
107,018
+0.7%
Finansiële 15
14,469
-0.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kom ons begin n nuwe boek saam [geskrap]
Ek is hier om iemand spesiaal te ontmoet om saam n nuwe lewe te kan begin. Ek [geskrap] hou van om die lewe te geniet en te lag. Hou van kosmaak en braai. Ek hou van om langs...
Kom ons klim die eerste trappie...
'n Dame met 'n goeie sin vir humor, hard werkend, vrede liewend want hou van goeie geselskap. Iemand met 'n lus vir die lewe, 'n groot hart en ek ken my...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot