AFGRI
BEAN
07 Des
-
9438,4
88,40
CORN
07 Des
-
4389,8
-25,20
SOYA
07 Des
-
9002,8
-41,20
SUNS
07 Des
-
9670
-44,00
WEAT
07 Des
-
6665
11,00
WMAZ
07 Des
-
4806
-44,00
YMAZ
07 Des
-
4726
-14,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

Verkiesing 2019 is verby – nou begin die werk

akkreditasie
Ter illustrasie. Foto: Alani Janeke
Ter illustrasie. Foto: Alani Janeke
Daar is lig aan die einde van die ekonomiese tonnel vir Suid-Afrika ná die verkiesing. Maar dit beteken steeds nie dat boere groot risiko’s moet loop nie.

Daarvoor is daar nog te veel wisselvalligheid in die landbou-omgewing, sê ekonome met wie Landbou.com ná stemdag gepraat het.

Beleggers het moed geskep daaruit dat die verkiesing vreedsaam verloop het en dat pres. Cyril Ramaphosa genoeg steun gekry het om die faksiegevegte in die ANC te oorleef, maar markte en die sakesektor wil nou sien tot watter mate beleids- en politieke onsekerheid verminder word, sê prof. Johan Willemse, onafhanklike landbou-ekonoom en rubriekskrywer.

“Ons is nog nie uit die moeras nie. Dit gaan steeds tyd kos om die skade van die ‘nege vermorste jare’ onder Jacob Zuma te oorkom.”

Beleggers gaan Ramaphosa se kabinetskeuses en skoonmaakaksies by staatsdepartemente fyn dophou as ’n aanduiding van sy erns om ’n skoon regering te vestig.

“Afgesien van die kabinetskommeling is die neiging ná ’n verkiesing om die topstruktuur van staatsdepartemente te vervang. Die nuwe leiers sal tyd nodig hê om hul voete te vind.”

Dr. Roelof Botha, ekonomiese raadgewer van die Optimumgroep, sê die regering se ekonomiese beleid behoort in komende maande op verhoogde groei en werkskepping toegespits te wees. Dít sal die struikelblokke in die pad van beleggings deur die private sektor uit die weg ruim.

“Vertroue onder verbruikers en sakelui behoort binnekort te herstel. Die kans is goed dat behoorlike ekonomiese herstel in die tweede helfte van die jaar kan posvat.”

Verwagtinge vir ekonomiese groei vanjaar wissel van die onlangse 1,6% deur die kredietgradeerder Standard & Poor’s tot die minder optimistiese 1,3% deur die Reserwebank. 

Dít is nie naastenby genoeg om die land se strukturele ekonomiese probleme soos armoede, werkloosheid en ongelykheid te oorkom nie. 

Prof. Raymond Parsons, ekonoom verbonde aan die Noordwes-Universiteit se sakeskool, sê daar kom ’n sterk ekonomiese boodskap uit die verkiesing dat die oorweldigende behoefte op die oomblik, afgesien van skoon regering, is dat die ekonomie sterker moet groei.

“Die regerende party moet nou die mandaat wat hy van die kiesers gekry het, uitoefen om beleid te skep wat ekonomiese groei bevorder en veral die aantal poste wat teen enige gegewe groeikoers geskep word, verhoog.”

Ekonome sê duidelikheid oor die onteieningsdebat en wat daarmee beoog word, is nou broodnodig vir die landbousektor. Maar bespiegeling rondom die moontlikheid dat die ANC en die EFF saam ’n meerderheid van twee derdes in die Parlement kan verkry, is dalk nie wys nie.

“Die ANC-koukus onder die leierskap van pres. Cyril Ramaphosa gaan wesenlik van die ANC van mnr. Jacob Zuma verskil. Die kans is goed dat Ramaphosa sy belofte gestand sal doen dat geen produktiewe grond sonder vergoeding onteien sal word nie en dat groter samewerking tussen die regering en die landbou gaan plaasvind rondom pragmatiese landboubeleid,” sê Botha.

Willemse sê skommelings in die wisselkoers kan ondanks die optimistiese ontvangs van die verkiesingsuitslag steeds in die komende maande die landboukaarte deurmekaar krap.

“Ek meen jy moet die wisselkoers se onstabiliteit in ag neem met die aankoop van insette en die verkoop van landbouprodukte. Daar is steeds ’n sterk kans dat die koers enige kant toe kan beweeg. Jy moet jou skuld teen wisseling verskans.”

Sy raad aan boere oor die verkoop van hul oeste is dat dit beter is om ’n prys vas te maak as om kanse te waag in die hoop dat pryse vorentoe gaan verbeter. “Omdat die omgewing so onstabiel is, moet jy liewer nie jou onderneming op die spel plaas nie.”

Hy maan boere ook om die internasionale verwikkelings, soos die voortslepende handelsoorlog tussen Amerika en China, voortdurend in ag te neem.

“Omdat die plaaslike eie landbou-ekonomie so nou verweef is met die internasionale pryse, stuur elke nuwe verwikkeling ook rimpels deur die plaaslike bedryf. Daar is nou herskikking in die internasionale landboumark weens pres. Donald Trump van Amerika se geskille met die Chinese.”

Willemse sê die feit dat China nou deurloop onder Afrika-varkpes en vleis sal moet invoer, kan selfs voordelig vir Suid-Afrikaanse vleisprodusente wees.

“Hopelik sal die verhoogde aanvraag uit China beteken dat daar nou minder ingevoerde hoendervleis in Suid-Afrika gestort word."

Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe. Volg ons op Whatsapp om daaglikse landbounuus op jou selfoon te ontvang.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.39
-0.3%
Rand - Pond
21.09
-0.3%
Rand - Euro
18.20
-0.3%
Rand - Aus dollar
11.60
-0.1%
Rand - Jen
0.13
+0.1%
Goud
1,771.78
+0.0%
Silwer
22.28
+0.4%
Palladium
1,862.00
+0.6%
Platinum
982.85
-0.8%
Brent-ruolie
79.35
-4.2%
Top-40
67,842
-0.8%
Alle aandele
73,975
-0.8%
Hulpbronne 10
72,947
-1.4%
Industriële 25
90,810
-0.6%
Finansiële 15
15,657
-0.5%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Wie weet
Ek dink ek is maklik om oor die weg te kom. Is baie getrou eerlik opreg . Ek is nie opsoek na lekker tyd! Ook nie om jou tyd te mors.
Kom ons skryf ons eie storie
Sag en skaam tot iemand my leer ken. Moenie alles in die lewe so ernstig op neem nie en hê 'n sin vir humor.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot