AFGRI
BEAN
01 Jun
-
8572
126,00
CORN
01 Jun
-
4110
61,00
SOYA
01 Jun
-
7890
140,00
SUNS
01 Jun
-
8255,2
79,20
WEAT
01 Jun
-
6565
27,00
WMAZ
01 Jun
-
3702,8
20,80
YMAZ
01 Jun
-
3846,8
29,80
AMT
Ave Wool - Non RWS
19 Me
-
172,55
7,70
Ave Wool - RWS
19 Me
-
189,51
9,36
Beeste A2/3
19 Me
-
53,82
53,82
Beeste AB2/3
19 Me
-
52,28
0,49
Beeste B2/3
19 Me
-
48,03
-0,79
Beeste C2/3
19 Me
-
45,86
0,34
Bevrore Hoender
19 Me
-
34,01
-1,54
Bokkies (onder 30 kg)
19 Me
-
52,68
-2,51
Bokooie
19 Me
-
40,2
1,49
Groot (meer as 40 kg)
19 Me
-
45,36
4,57
Hoender (IQF)
19 Me
-
33,04
-0,30
Medium (30-40kg)
19 Me
-
48
-3,26
Pork Average
19 Me
-
29,59
0,13
Poultry Average
19 Me
-
33,71
-0,90
Skaap A2/3
19 Me
-
84,64
0,30
Skaap AB2/3
19 Me
-
76,6
10,52
Skaap B2/3
19 Me
-
58,23
-1,47
Skaap C2/3
19 Me
-
57,02
0,77
Speenkalf
19 Me
-
31,04
1,22
Spekvarke
19 Me
-
30,9
0,85
Stoorlammers
19 Me
-
42,28
0,34
Varkwors
19 Me
-
24,66
0,20
Vars Hoender
19 Me
-
34,07
-0,87
Vleisvarke
19 Me
-
29,47
0,05
Deel

Verklaar sprinkane ’n ramp, versoek DA

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Mnr. Eben du Plessis, ondervoorsitter van Agri Oos-Kaap, sê massiewe swerms kom van Aberdeen tot Willowmore en Steytlerville voor. Foto: Fredalette Uys
Mnr. Eben du Plessis, ondervoorsitter van Agri Oos-Kaap, sê massiewe swerms kom van Aberdeen tot Willowmore en Steytlerville voor. Foto: Fredalette Uys
Die verklaring van ’n ramptoestand in die Wes-, Noord- en Oos-Kaap, asook Vrystaat weens die uitbreking van sprinkaanswerms sal volgens die DA geld vir die bekamping daarvan vinniger beskikbaar stel.

Die DA het die departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling gevra om dr. Nkosazana Zuma, minister van samewerkende regering en tradisionele sake, te versoek om ’n ramptoestand in die Wes-, Noord- en Oos-Kaap, asook die Vrystaat te verklaar weens die uitbreking van sprinkaanswerms.

Mnr. Noko Masipa, DA-LP, sê sodra dié gebiede tot rampgebiede verklaar is, sal me. Thoko Didiza, minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, ’n begroting kan opstel en ’n rekwisisie by die nasionale tesourie kan indien vir finansiering om die sprinkane te bekamp en te voorkom dat die swerms verder versprei.

Hy sê die DA is bekommerd oor die vele probleme waarmee spuitspanne gekonfronteer word, onder meer die tekort aan beskermende kleredrag en gif. Die DA is ook bekommerd dat spuitspanne sal ophou spuit as die staat nie agterstallige eise betaal nie.

Landbou.com het verlede week by die departement navraag gedoen oor waarom sommige betalings aan die spuitspanne agterstallig is. Volgens die departement is alle eise waarvoor daar volledige dokumentasie ingedien is, betaal. Die departement versoek dat alle klagtes of navrae oor agterstallige betalings aan sy provinsiale kantore gerig word.

Die DA stel voor dat ’n forum vir belanghebbendes in die vier provinsies op die been gebring word, data oor die uitbrekings beskikbaar gestel word en sateliettegnologie ingespan word om teling- en migrasiepatrone te ontleed en voorspel.

OOS-KAAP NOU ’N BRANDPUNT

Me. Andrea Campher, risiko-en-rampbestuurder by Agri SA, sê die Oos-Kaap is tans ’n brandpunt. Hoewel dit rustiger in die Noord-Kaap gaan, word ’n vierde generasie van uitbrekings verwag.

Mnr. Eben du Plessis, ondervoorsitter van Agri Oos-Kaap, sê massiewe swerms kom van Aberdeen tot Willowmore en Steytlerville voor. “Die grootte van die swerms verbaas my. Dit is ook vreemd dat die swerms in ’n suidelike rigting beweeg.”

Hy sê ’n helikopter wat die departement verskaf, word ingespan om die swerms te bespuit, maar die gif sal binnekort op wees. “Daar is glo gif op pad, maar ons sal dit nie binne die volgende paar dae kry nie. As alles goed gaan, behoort ons dit teen die naweek te kry.”

Campher sê Agri SA wag vir terugvoering van die departement oor hoeveel gif beskikbaar is en waarheen die beskikbare gif gestuur sal word. Lugbespuiting is volgens Agri SA steeds nodig aangesien die omvang van die uitbrekings te groot is vir die spuitspanne om te hanteer.

Volgens Campher het Agri SA hierdie week ’n vergadering met die departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling om kwessies in verband met die uitbrekings te bespreek.

Die Wes-Kaapse departement van landbou het verlede week gesê hy het R5 miljoen vir die bekamping van die uitbrekings bewillig. Campher sê hoewel dié skenking verwelkom word, is dit nog nie duidelik waarvoor dit aangewend sal word nie.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Landbou Veilings

Landbou Veilings bied 'n geleentheid aan boere én veilingskliënte om veilings te bemark en te soek na inligting oor omliggende veilings.

Lees hier
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
19.63
+0.5%
Rand - Pond
24.59
-0.2%
Rand - Euro
21.12
-0.2%
Rand - Aus dollar
12.90
-0.6%
Rand - Jen
0.14
+0.1%
Platinum
1,005.73
+0.2%
Palladium
1,392.93
+1.2%
Goud
1,977.99
+0.8%
Silwer
23.89
+1.6%
Brent-ruolie
72.60
-1.5%
Top-40
70,656
+0.9%
Alle aandele
75,783
+0.9%
Hulpbronne 10
68,962
+2.1%
Industriële 25
102,956
+0.2%
Finansiële 15
14,630
+1.5%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Goeie geselskap en baie kalm en saggeaard
Saggeaarde eerlike en opregte mens wat ander met respek hanteer. Baie beskermend teenoor n vrou en sal nooit kras praat of optree nie.
Soek lewensmaat
Ek is n dame met n goeie hart. Moeg Vir seer kry. Wil net gelukkig wees en iemand Om mee n lewens pad te stap
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot