Padgebruikers begin vanjaar met die goeie nuus dat die prys van petrol met 5c of 6c per liter gaan daal. Dié daling sal vanaand om 24:00 in werking tree.
Boere wat steeds steier onder die kishou van die massiewe 47c-styging in die dieselprys wat in Desember ingetree het, sal ietwat beter kan voel oor die nuus dat die dieselprys met 20c en 21c per liter goedkoper sal wees.
Volgens mnr. Peter Noke, ’n woordvoerder van die Suid-Afrikaanse Petroleum-kleinhandelaarsvereniging, was die twee groot faktore in die verlaging van die pryse die rand-dollar-wisselkoers en die internasionale olieprys.
3 Januarie 2011