
Kapt. Stephen Thakeng, polisiewoordvoerder, sê mnr. Nico Oosthuizen, wat op die plaas Groenpunt geboer het, se vrou, Amanda, het die polisie op Sondag 27 November gekontak en hom as vermis aangemeld.
Sy het gesê die laaste keer wat sy haar man gesien het, was hy met ’n vuurwapen na die veld op pad.
Die polisie en boere van omliggende plase het na Nico begin soek. Sy liggaam is Maandag 28 November omstreeks 07:40 gevind. Hy het ’n skietwond onder sy ken gehad en ’n 9 mm-pistool was in sy regterhand.
Volgens Thakeng sal ’n geregtelike doodsondersoek gedoen word.
Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.