Daarom het Old Mutual Insure en die maatskappy SwiftVEE AgriTech ’n nuwe digitale versekeringsproduk, VeeSure, ontwikkel.
Die twee maatskappye beskryf dit as ’n aanlyn produk wat die veranderende behoeftes van die Suid-Afrikaanse veeverhandelings- en produksieveilingsmark ondersteun.
“Met hierdie baanbrekertegnologie bied ons die lewendehawe-koper toegang tot ’n digitale ekostelsel.