
Die voorligtingsessies se doel is om ’n oorsig te bied van die verskillende moontlikhede vir boere om behoorlike diversifikasie, en sodoende gesonde besigheid- en risikobestuursbeginsels, te bewerkstellig.
Kundiges sal die opsies toelig, asook die oorwegings en faktore wat in ag geneem moet word by elkeen. Die inligtingsessies het het ten doel om boere in staat te stel opsies te vergelyk en uiteindelik ingeligte besluite te te neem.
Die sessies is gratis en oop vir alle boere, maar vooraf registrasie is ’n vereiste. Volgens mnr. Bennie van Zyl, hoofbestuurder van die TLU SA “maak die onsekere beleidsomgewing en toekoms van die landbou in Suid-Afrika (SA) dit belangrik dat opsies oorweeg moet word om buite die Suid-Afriaanse ekonomie te diversifiseer. In dié opsig het die TLU SA reeds moontlikhede in Georgië en Bulgarye ondersoek wat landbouvriendelike geleenthede aan boere bied.”
“Ons neem graag deel aan die inisiatef om voorligting aan boere te gee oor die moontlikhede wat in Afrika bestaan. Die kundigheid van SA boere is groot in aanvraag en ons poog om hierdie geleenthede in Afrika te ontsluit met advies en ondersteuning aan boere en landboubesighede,” sê dr. Theo de Jager, vooorsitter van Agri All Africa.
Volgens mnr. Koos Nel, van Old Mutual Agrimark, is “dit belangrik dat boere bewus is van beleggingsgeleenthede en opsies wat nou beskibaar en toeganklik is. Bates en beleggings buite die boerderybesigheid is ’n fundamentele bousteen van ’n weldeurdagte finansiële en besigheidsplan om sekerheid skep vir die toekoms van families. Ons maak vakspesialiste van Old Mutal Wealth beskikbaar om die opsies te bespreek.”
Vier sessies is geskeduleer en verdere voorligtingsessies sal volgende behoefte aangebied word. Belangstellendes kan met onderstaande kontakpersone registreer vir bywoning of skakel met Lynne Kayser 012 804 8031 of media@tlu.co.za vir verdere navrae.
Streek | Plek | Lokaal | Datum/Tyd | Kontak |
Oos | Ermelo | DLU Saal op Hoërskoolgronde | 8 Februarie10:00 | Danie du Plessis082 929 3347 |
Sentraal Gauteng | Devon | Devon BU saal regoorkant SAPD-stasie | 9 Februarie10:00 | Lynette du Plessis012 804 8031 |
Noordwes | Lichtenburg | Indaba Konferensie-sentrum, Kerkstraat 34 Lichtenburg | 1 Maart10:00 | Gert Cruywagen082 497 0386 |
Noord Limpopo | Mokopane Potgietersrus | Potgietersrus Gholfklub | 2 Maart10:00 | Drickus Botha082 774 9287 |