AFGRI
BEAN
30 Mrt
-
9822
48,00
CORN
30 Mrt
-
4145
-6,00
SOYA
30 Mrt
-
8640
-25,00
SUNS
30 Mrt
-
8780
-39,00
WEAT
30 Mrt
-
6695
16,00
WMAZ
30 Mrt
-
3846
-5,00
YMAZ
30 Mrt
-
4021
-6,00
Deel

Verstommende 40 000 benoemings vir Cleaver-eerbewyse

akkreditasie
Die Cleaver-eerbewyse. Foto: Liza Bohlmann
Die Cleaver-eerbewyse. Foto: Liza Bohlmann
Die Cleaver-eerbewyse is vanjaar die 14de jaar aan die land se beste slaghuise toegeken.

Luidens ’n verklaring sê die organiseerders dat die eerbewyse, wat ’n inisiatief van die Suid-Afrikaanse Rooivleisbedryfsforum is, vanjaar ’n verstommende 40 000 benoemings ontvang het. Verlede jaar is 30 000 benoemings ontvang.

Verbruikers word jaarliks gevra om hul gunsteling-slaghuise te benoem. Teen die einde van die jaar kan verbruikers aanlyn stem vir hul gunsteling-slaghuise vir gehalte, higiëne, diens en waarde aan klante. Die topbenoemde slaghuise kry dan ‘n verrassingsbesoek van lede van die Suid-Afrikaanse vleisbedryfsmaatskappy (Samic) wat die slaghuis op 212 punte oudit ten opsigte van gehalte, higiëne, diens en waarde.

Mnr. Dewald Olivier, uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Voerkraalvereniging, sê sedert dié eerbewyse in 2005 toegeken word, het slaghuise se standaarde aansienlik verbeter. Die terugvoer wat van verbruikers ontvang word, dui aan dat die meeste verbruikers die eerbewyse as ’n seël van goedkeuring beskou, veral omdat ’n slaghuis nie homself kan inskryf nie, maar deur verbruikers benoem moet word.

Wenners neem deel in drie kategorieë. Goue en platinum toekennings is in elke provinsie toegeken, waaruit nasionale wenners in elke kategorie aangewys is.

Die nasionale wenners in die kategorie vir slaghuise met vier of meer kasregisterpunte was Boma Vleismark (platinum), Moreleta Park in Pretoria, en Impala Vleis (goud), Brits.

In die kategorie vir slaghuise met drie of minder kasregisterpunte het West End Vleismark, Kimberley, die platinum prys ontvang en Frank’s Meat Supply Retail City, Middelburg, goud.

In die kategorie vir voedselmarkte of supermarkslaghuise het Malmesbury SuperSpar, Malmesbury, die platinum prys ontvang en Karaglen Superspar, Edenglen, goud.

Die wenners in die platinum kategorie het elk R20 000 ontvang en die goue wenners elk R10 000.

Cleaver,
Die nasionale platinum wenners is mnr. Hendrik Steenkamp, eienaar van Boma Vleismark, Moreletapark in Pretoria, me. Johanna Julies, slaghuisbestuurder by Malmesbury Superspar en mnr. Adriaan de Klerk, eienaar van West End Vleismark in Kimberley. Foto: Liza Bohlmann

Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.00
+0.6%
Rand - Pond
22.26
+0.2%
Rand - Euro
19.65
-0.1%
Rand - Aus dollar
12.06
+0.3%
Rand - Jen
0.14
+0.6%
Platinum
979.06
+1.1%
Palladium
1,453.53
+0.4%
Goud
1,968.59
+0.2%
Silwer
23.73
+1.7%
Brent-ruolie
78.28
-0.5%
Top-40
71,421
+0.8%
Alle aandele
77,054
+0.8%
Hulpbronne 10
67,956
+2.0%
Industriële 25
103,788
+0.5%
Finansiële 15
15,640
+0.2%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Leweslustig ,Geniet die lewe
Lewenslustig. Hou van 4×4. Asook kamp. Dans graag. Baie vriendelik en spontaan. Diere tans friesperde asook miniatuurperde en 3 yorkies. Braai graag asook fliek en vertonings...
Lewe asof more nie bestaan nie
Eerlik. Vol liefde. Gemaklik mens. Ek is positief en vrolik. Vriende beskryf my as 'n sonstraal. Goeie sin vir humor.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot