AFGRI
BEAN
01 Des
-
7443
0,00
CORN
01 Des
-
3693,68
0,00
SOYA
01 Des
-
7497
0,00
SUNS
01 Des
-
11232
0,00
WEAT
01 Des
-
6120
0,00
WMAZ
01 Des
-
3360
0,00
YMAZ
01 Des
-
3630
0,00
AMT
Beeste A2/3
19 Nov
-
53,63
-0,61
Beeste AB2/3
19 Nov
-
52,36
-0,27
Beeste B2/3
19 Nov
-
49,93
-0,39
Beeste C2/3
19 Nov
-
45,77
-1,34
Bevrore Hoender
19 Nov
-
28,97
0,09
Bokkies (onder 30 kg)
19 Nov
-
67,06
4,88
Bokooie
19 Nov
-
45,82
0,53
Groot (meer as 40 kg)
19 Nov
-
41,22
-4,20
Hoender (IQF)
19 Nov
-
26,15
-1,27
Medium (30-40kg)
19 Nov
-
53,18
-4,22
Pork Average
19 Nov
-
28,19
-0,22
Poultry Average
19 Nov
-
28,45
-0,37
Skaap A2/3
19 Nov
-
84,77
-0,53
Skaap AB2/3
19 Nov
-
75,76
-0,93
Skaap B2/3
19 Nov
-
71,89
-0,34
Skaap C2/3
19 Nov
-
70,02
0,06
Speenkalf
19 Nov
-
41,47
0,33
Spekvarke
19 Nov
-
29,28
-0,13
Stoorlammers
19 Nov
-
45,93
1,54
Varkwors
19 Nov
-
23,47
-0,03
Vars Hoender
19 Nov
-
30,25
0,07
Vleisvarke
19 Nov
-
28,07
-0,37
Wol (skoon)
19 Nov
-
170,08
-5,21

Verstrykte tariewe kan aartappelbedryf miljoene kos

akkreditasie
Die plaaslike bedryf kan miljoene rande verloor indien aartappelskyfies uit Europa in Suid-Afrika gestort word. FOTO: GRETCHEN PEISER
Die plaaslike bedryf kan miljoene rande verloor indien aartappelskyfies uit Europa in Suid-Afrika gestort word. FOTO: GRETCHEN PEISER
Die aartappelbedryf kan op die vroegste eers oor ses maande weer teen goedkoop invoer van aartappelskyfies beskerm word.

Nadat die kommissie vir internasionale handelsadministrasie (Itac) in ’n ondersoek bevind het dat die afskaffing van die teenstortingstariewe op ingevoerde bevrore aartappelskyfies wel skade aan die plaaslike bedryf sal aanrig, moes die kommissie noodgedwonge aan mnr. Ebrahim Patel, minister van handel, nywerheid en mededinging, aanbeveel om hierdie beskerming af te skaf omdat Itac se eie hernuwingproses die spertyd oorskry het.

Sedert 9 Julie 2021 is die plaaslike bedryf dus sonder enige beskerming teen goedkoop invoer uit België en Nederland.

In die betrokke Itac-verslag, wat in Mei vanjaar voltooi is, word geen redes vir die vertraging in die proses verskaf nie. 

GROOT VERLIESE VIR SA

Die voedselverwerkingsmaatskappy McCains het die aansoek by Itac gebring en het aangevoer dat invoer met tot 10% kan toeneem indien die tariewe afgeskaf sou word. McCains se aansoek is ondersteun deur Natures Garden asook Lamberts Bay Food, ’n Famous Brands-maatskappy.

Volgens Aartappels Suid-Afrika (ASA) het daar in Junie 2021, toe die teenstortingstariewe nog in werking was, bykans 2 500 ton bevrore skyfies die land binnegekom teen ’n prys van gemiddelde R9,19/kg, wat volgens die Itac-verslag laer is as plaaslike produksiekoste.

Volgens ’n 2016-studie deur die Universiteit van KwaZulu-Natal beloop plaaslike verbruik 300 000 ton tot 400 000 ton bevrore skyfies per jaar.

Mnr. Donald MacKay, ’n internasionale handelskonsultant en uitvoerende hoof van XA International wat vyf Belgiese maatskappye en twee Nederlandse maatskappye in die saak voor Itac bygestaan het, sê indien ingevoerde produkte teen uiters lae pryse ingevoer word en die totale invoervolume nie meer aan teenstortingstariewe blootgestel is nie, beïnvloed dit die prys van plaaslik vervaardigde produkte ook. Vir elke R1/kg-daling in die prys van bevrore skyfies ervaar die plaaslike bedryf ’n verlies van minstens R300 miljoen per jaar.

ONREGVERDIG

MacKay sê dat maatskappye wat hulself skuldig maak aan storting onderhewig moet wees aan teenstortingstariewe. Hy is dus nie teen die tariewe gekant nie.

“Die Nederlandse en Belgiese maatskappye wil nie onregverdig as stortingsmaatskappye bekend staan nie en dus baklei hulle teen ’n onregverdige proses wat hulle só sou bestempel.

“Die aanvanklike proses wat Itac gevolg het om die teenstortingstariewe in te stel, was deursigtig en regverdig. Die heraansoek om die tariewe weer in te stel voordat die aanvanklike tariewe verval het, was egter nie regverdig nie en skep wantroue.”

ASA het aangedui dat hy enige heraansoek om beskerming sal ondersteun, maar dat die finale besluit hieroor by die aartappelverwerkers berus.

Die normale aansoekproses duur gewoonlik tussen 12-18 maande, maar volgens mnr. Willie Jacobs, uitvoerende hoof van ASA, het Itac onderneem om voorlopige tariewe in plek te stel wat onderhewig sal wees aan die meriete van die aansoek. Hierdie voorlopige tariewe kan binne ses maande ingestel word.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
16.04
-1.0%
Rand - Pond
21.28
-0.7%
Rand - Euro
18.15
-0.8%
Rand - Aus dollar
11.39
-0.6%
Rand - Jen
0.14
-1.3%
Goud
1,781.01
+0.3%
Silwer
22.26
-2.5%
Palladium
1,736.96
-0.3%
Platinum
935.00
-0.6%
Brent-ruolie
69.23
-5.5%
Top-40
64,786
+1.1%
Alle aandele
71,198
+1.0%
Hulpbronne 10
67,859
+0.9%
Industriële 25
93,997
+0.9%
Finansiële 15
13,880
+2.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Vreugde, Lewe, Wyn en Dans
EK is ń man wat vol energie is. My drome is groot en my verwagtinge is hoog. Daar is soveel mooi in wêreld en elkeen het ook sy skop gehad maar ek verkies om na jou...
Die lewe is 'n avontuur. Kom ons geniet dit saam.
Ek is 'n positiewe mens, van nature. Erg oor my kinders, familie en vriende. Gek oor my honde. En diere, die natuur. Hou van reis, en sloertoere. Lief vir kos maak. En...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot