Die verbod hou verband met die gevalle van bek-en-klouseer wat in Augustus en begin September in die omgewing van Marquard, Bethlehem en Harrismith geïdentifiseer is.
“Ons vra dringend dat die beperkings wat in die Staatskoerant afgekondig is om die verskuiwing van lewende hawe volgens politieke grenslyne in die distriksmunisipaliteite Thabo Mofutsanyana en Fezile Dabi te verbied, opgehef word,” lui ’n brief wat dr. Jack Armour, bedryfsbestuurder van VL, aan die Vrystaatse direktoraat van veeartsenydienste gestuur het.
Hy vra ook dat die hele distrik Lejweleputswa nie afgesper word met ’n vervoerverbod nie weens die uitbreking verlede week op Hertzogville – een van die dorpe in dié distrik.