AFGRI
BEAN
22 Mrt
-
9988,8
-9,20
CORN
22 Mrt
-
4458,2
-6,80
SOYA
22 Mrt
-
8455
-57,00
SUNS
22 Mrt
-
9125
-270,00
WEAT
22 Mrt
-
6522
-88,00
WMAZ
22 Mrt
-
3869
-81,00
YMAZ
22 Mrt
-
4259
-73,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Mrt
-
171,8
0,00
Ave Wool - RWS
10 Mrt
-
185,09
0,00
Beeste A2/3
10 Mrt
-
54,09
-0,11
Beeste AB2/3
10 Mrt
-
52,37
-0,58
Beeste B2/3
10 Mrt
-
49,71
0,11
Beeste C2/3
10 Mrt
-
48,2
-0,33
Bevrore Hoender
10 Mrt
-
33,07
0,10
Bokkies (onder 30 kg)
10 Mrt
-
47,59
-0,54
Bokooie
10 Mrt
-
35,3
-1,14
Groot (meer as 40 kg)
10 Mrt
-
37,88
1,68
Hoender (IQF)
10 Mrt
-
32,24
0,03
Medium (30-40kg)
10 Mrt
-
42,34
-2,27
Pork Average
10 Mrt
-
33,17
1,14
Poultry Average
10 Mrt
-
33,05
0,06
Skaap A2/3
10 Mrt
-
85,28
2,47
Skaap AB2/3
10 Mrt
-
82,03
0,96
Skaap B2/3
10 Mrt
-
66,9
-2,58
Skaap C2/3
10 Mrt
-
63,53
1,95
Speenkalf
10 Mrt
-
33,23
-0,88
Spekvarke
10 Mrt
-
34,32
0,27
Stoorlammers
10 Mrt
-
38,83
-0,15
Varkwors
10 Mrt
-
26,35
0,98
Vars Hoender
10 Mrt
-
33,85
0,06
Vleisvarke
10 Mrt
-
33,05
1,29
Deel

Vlak 6: Meer vrae as antwoorde oor beurtkrag

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Die Koeberg-kragstasie. Foto: Jeanne van der Merwe
Die Koeberg-kragstasie. Foto: Jeanne van der Merwe
Eers is gesê dat beurtkrag nie gedurende die feestyd sou plaasvind nie. Nou sit Eskom weer die kers in Kersfees met gister se aankondiging dat vlak 6-beurtkrag landwyd toegepas moet word.

Vlak 6-beurtkrag volg nadat Eskom sedert Dinsdag sowat 19 052 MW se krag verloor het weens agt krageenhede wat onklaar geraak het by sewe kragsentrales. Intussen sal vyf krageenhede by vier ander kragsentrales, waar beplande herstelwerk plaasgevind het, stadiger as beoog weer in werking kom. Met dié krageenhede buite werking is ’n verdere 4 984 MW nie beskikbaar nie.

Eskom het in November aangedui dat die verhoogde vlakke van beurtkrag op kort kennisgewing kan voorkom omdat die maatskappy se dieselverbruik tydens kragkrisisse tot die uiterste beperk moet word aangesien die begroting vir diesel uitgeput is.

Luidens ’n verklaring sê Eskom die onderhoudswerk wat in komende maande beplan word, eenheid 1 van die Koeberg-kernkragstasie wat soos beplan vandag vir onderhoudswerk afgeskakel moet word en die skoorsteenprobleme wat veroorsaak dat drie krageenhede by die Kusile-kragsentrale buite werking is, sal ’n verdere impak op die beskikbaarheid van elektrisiteit hê. Dít sal die voorkoms van beurtkrag verder beïnvloed in die volgende ses tot twaalf maande.

Impak op landboubedrywe

Mnr. Theo Boshoff, uitvoerende hoof van Agbiz, het onlangs op ’n mediadag gesê in sekere bedrywe kan prosesse doodeenvoudig nie ’n paar keer ’n dag tot stilstand kom en dan weer later begin nie. “Dit geld onder meer waar die koueketting gehandhaaf moet word, in vleisverwerking en voervervaardiging. Daardie masjiene en waardekettings kan nie drie of vier keer per dag aan- en afgeskakel word nie.”

Agbiz het onlangs goeie gesprekke met Eskom gehad, veral die vorige keer dat fase 5- en 6-beurtkrag ingestel is. Dit is onwaarskynlik dat ondernemings van beurtkrag kwytgeskeld kan word, maar Boshoff sê sekere ander moontlikhede is bespreek.

Een hiervan is om beurtkrag as’t ware bymekaar te voeg sodat ’n onderneming byvoorbeeld op ’n dag een agt uur lange skof beurtkrag het, maar daarna twee agt uur lange skofte ononderbroke krag het.

“Daar is baie veranderlikes wat oorweeg moet word. Dit hang af hoe jou onderneming se skofte werk, dit hang af of jou bedrywighede 24 uur per dag aan die gang is, of jy jouself van die netwerk kan isoleer, en indien nie, of die ander huishoudings of ondernemings wat krag vanaf dieselfde transformator as jy kry, die proses aanvaar.

“Daar is baie ‘wat as’- en ‘maar’-vrae, maar dit is ’n innoverende manier om na die situasie te kyk en om te probeer om die beste van ’n slegte situasie te maak. Dit kan vir landboubesighede ’n verskil maak,” het Boshoff gesê.

Probleme met water

In groot dele van die Overberg en Suid-Kaap, waar boere van munisipale water afhanklik is vir veesuipings, skep beurtkrag ’n groot probleem.

Waterpompe wat die water na boere pomp, kan nie tydens beurtkrag pomp nie, wat boere vir tye sonder water laat. Wanneer die water weer aangeskakel word, bars baie van die ou pype ook makliker. Verskeie boere in die gebied is afhanklik van die munisipale water in hul huishoudings, vir veesuipings, melkstalle en ander boerderybedrywighede.

Die probleem vererger wanneer temperature toeneem gedurende die somer of wanneer vakansiegangers nabygeleë vakansiedorpe besoek, en daar meer druk op watergebruik is.

Intussen is talle plattelandse dorpe sonder water of word waterbeperkings toegepas aangesien munisipaliteite nie genoeg elektrisiteit het om water te pomp om reservoirs vol te hou nie.

Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.52
+0.1%
Rand - Pond
22.77
-0.5%
Rand - Euro
19.98
-0.1%
Rand - Aus dollar
12.40
-0.3%
Rand - Jen
0.14
-0.0%
Platinum
979.43
+0.7%
Palladium
1,389.46
-1.2%
Goud
1,943.50
+0.2%
Silwer
22.51
+0.5%
Brent-ruolie
75.32
+2.0%
Top-40
69,538
+1.1%
Alle aandele
75,014
+1.0%
Hulpbronne 10
65,458
-0.3%
Industriële 25
101,267
+1.5%
Finansiële 15
15,327
+1.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kom kyk saam met my die sonsondergang oor die see.
Ek dink nie ek is n slegte ou nie en kan n goeie vriend wees aan iemand. Ek hou nie van valse mense nie. Wanneer my kop bietjie besoedel is spring ek op my motorfiets en dit...
Passievol oor sport, wie weet dalk oor jou ook
Hou nie van konflik nie, I'm a kinda make love not war tipe dame. My seun kom eerste in alle opsigte. Ondersteun hom soveel as ek kan. Ek lief sport, meeste van die sport....
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot