AFGRI
BEAN
31 Mrt
-
9826
0,00
CORN
31 Mrt
-
4660
0,00
SOYA
31 Mrt
-
8175
0,00
SUNS
31 Mrt
-
8760
0,00
WEAT
31 Mrt
-
6631
0,00
WMAZ
31 Mrt
-
3977
0,00
YMAZ
31 Mrt
-
4029
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
17 Mrt
-
171,8
1,17
Ave Wool - RWS
17 Mrt
-
185,09
1,47
Beeste A2/3
17 Mrt
-
54,2
-0,07
Beeste AB2/3
17 Mrt
-
52,95
-0,19
Beeste B2/3
17 Mrt
-
49,6
-1,22
Beeste C2/3
17 Mrt
-
48,53
0,72
Bevrore Hoender
17 Mrt
-
32,97
-0,23
Bokkies (onder 30 kg)
17 Mrt
-
48,13
-1,27
Bokooie
17 Mrt
-
36,44
-2,17
Groot (meer as 40 kg)
17 Mrt
-
36,2
-0,10
Hoender (IQF)
17 Mrt
-
32,21
-0,01
Medium (30-40kg)
17 Mrt
-
44,61
-2,43
Pork Average
17 Mrt
-
32,03
1,11
Poultry Average
17 Mrt
-
32,99
-0,12
Skaap A2/3
17 Mrt
-
82,81
3,66
Skaap AB2/3
17 Mrt
-
81,07
13,42
Skaap B2/3
17 Mrt
-
69,48
9,39
Skaap C2/3
17 Mrt
-
61,58
3,03
Speenkalf
17 Mrt
-
34,11
0,00
Spekvarke
17 Mrt
-
34,05
1,60
Stoorlammers
17 Mrt
-
38,98
-0,96
Varkwors
17 Mrt
-
25,37
1,06
Vars Hoender
17 Mrt
-
33,79
-0,13
Vleisvarke
17 Mrt
-
31,76
0,95
Deel

Vleis: Uitvoermark verg vasbyt

akkreditasie
Foto: Andries Gouws
Foto: Andries Gouws
Dit is noodsaaklik dat Suid-Afrika sy potensiaal as vleisuitvoerder moet ontgin, veral omdat verbruikers in die binneland onder soveel druk verkeer.

Dit is egter nie so maklik om net ’n oorsese mark in te stap en dadelik te begin verkoop nie, sê me. Estelle van Reenen, bestuurshoof van Sparta, een van Suid-Afrika se groot kommersiële vleisprodusente en vleisverwerkers. 

Sy het op die gereelde markinligtingsdag van prof. Johan Willemse in Bloemfontein gesê met die uitbreking van bek-en-klouseer aan die begin van 2019 het dit duidelik geword presies hoe belangrik die uitvoermark is, toe die bedryf nie die binnelandse oorskot kon uitvoer nie. 

“Rooivleis is ’n luukse op die binnelandse mark. Ons het dit aan die einde van Oktober weer ervaar. Gewoonlik gaan jou voorkwartpryse op teen die einde van die maand, maar dit het nie gebeur nie en die prys bly onder groot druk.” 

Sy sê die plaaslike vleisbedryf werk nou saam met die regering om meer uitvoergeleenthede te ondersoek. “Maar die departement se mannekrag is nie groot nie en dit beweeg stadiger as wat ons wil hê.” 

Dit verg harde werk om nuwe oorsese marke te vestig en daarom kan ’n Suid-Afrikaanse verskaffer hom nie summier aan ’n buitelandse mark onttrek as die pryse ongunstig is nie. “Ons is maar klein in die buiteland. Ons kom uit Afrika en ons ding teen groot uitvoerders soos Australië en Amerika mee. Hulle het gevestigde markte, terwyl ons nog bewustheid vir ons handelsmerk bou.” 

Alternatiewe proteïen

Een van die groot kwessies vir die vleisbedryf is die groeiende vraag na alternatiewe proteïen, sê Van Reenen. “Die jonger generasie het ’n sterk ingesteldheid om die omgewing te bewaar en hierdie aandrang gaan nie stop nie. Ons voel dalk sulke produkte gaan nooit ’n lekker stuk beesvleis vervang nie, maar ons moet kennis neem van die neiging.”

Die nuus dat Botswana tydelik toestemming gegee het dat lewende slagbeeste na Suid-Afrika uitgevoer mag word, het verontwaardiging in die plaaslike rooivleisbedryf veroorsaak. Van Reenen het egter in antwoord op ’n vraag oor die moontlike impak op die plaaslike bedryf gesê sy twyfel of Botswana se veeartsenydienste oor die mannekrag beskik om aan dieselfde streng protokolle as Namibië te voldoen.

“Sedert die Botswana-grens geopen het, het die speenkalfpryse nie afgekom nie. Wat ek wel nie kan beantwoord nie, is of die prys sou gestyg het as dit nie gebeur het nie. Ek dink nie die invoergetalle was betekenisvol genoeg dat dit ’n noemenswaardige invloed op die Suid-Afrikaanse pryse sou hê nie.”

Swak Desember?

Oor die vooruitsig vir plaaslike vleispryse met die Desember-vakansie wat voorlê, sê Van Reenen dat pryse sedert die groot daling in Maart vanjaar weer gestyg het, maar dit wil voorkom of daar dalk ’n plafon bereik is.

“Verlede jaar het vleispryse vir die eerste keer nog in Desember gedaal. Ek hoop regtig nie ons gaan weer ’n swak Desember sien waar vleispryse afkom nie,” het sy gesê.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.79
+0.0%
Rand - Pond
21.97
-0.1%
Rand - Euro
19.34
-0.2%
Rand - Aus dollar
11.90
-0.0%
Rand - Jen
0.13
+0.0%
Platinum
991.31
0.0%
Palladium
1,460.24
0.0%
Goud
1,969.50
0.0%
Silwer
24.11
0.0%
Brent-ruolie
79.89
+1.6%
Top-40
70,498
-0.8%
Alle aandele
76,100
-0.8%
Hulpbronne 10
66,234
-1.9%
Industriële 25
102,950
-0.3%
Finansiële 15
15,496
-0.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kom ons kyk!!
Kom ons kyk wat die toekoms en moontlikhede inhou - tyd, geluk, vrede, liefde is kosbaar en net geleen aan ons!!
Kom ons sien wat die toekoms inhou..
Saggeaard met 'n passie vir my medemens, ambiseus en geniet die mooi in die lewe. Altyd gereed vir 'n nuwe uitdaging.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot