AFGRI
BEAN
24 Mrt
-
9660
0,00
CORN
24 Mrt
-
4531
0,00
SOYA
24 Mrt
-
8206
0,00
SUNS
24 Mrt
-
9348
0,00
WEAT
24 Mrt
-
6461
0,00
WMAZ
24 Mrt
-
3893
0,00
YMAZ
24 Mrt
-
3996
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
17 Mrt
-
171,8
1,17
Ave Wool - RWS
17 Mrt
-
185,09
1,47
Beeste A2/3
17 Mrt
-
54,2
-0,07
Beeste AB2/3
17 Mrt
-
52,95
-0,19
Beeste B2/3
17 Mrt
-
49,6
-1,22
Beeste C2/3
17 Mrt
-
48,53
0,72
Bevrore Hoender
17 Mrt
-
32,97
-0,23
Bokkies (onder 30 kg)
17 Mrt
-
48,13
-1,27
Bokooie
17 Mrt
-
36,44
-2,17
Groot (meer as 40 kg)
17 Mrt
-
36,2
-0,10
Hoender (IQF)
17 Mrt
-
32,21
-0,01
Medium (30-40kg)
17 Mrt
-
44,61
-2,43
Pork Average
17 Mrt
-
32,03
1,11
Poultry Average
17 Mrt
-
32,99
-0,12
Skaap A2/3
17 Mrt
-
82,81
3,66
Skaap AB2/3
17 Mrt
-
81,07
13,42
Skaap B2/3
17 Mrt
-
69,48
9,39
Skaap C2/3
17 Mrt
-
61,58
3,03
Speenkalf
17 Mrt
-
34,11
0,00
Spekvarke
17 Mrt
-
34,05
1,60
Stoorlammers
17 Mrt
-
38,98
-0,96
Varkwors
17 Mrt
-
25,37
1,06
Vars Hoender
17 Mrt
-
33,79
-0,13
Vleisvarke
17 Mrt
-
31,76
0,95
Deel

Vleispryse vat groot hap uit braaibegrotings

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Lucille Botha
Foto: Lucille Botha
Terwyl die meeste mense reeds die eerste braaivleisvuur vir die Desember-vakansie aangesteek het, kan vleispryse ’n demper op feesvieringe plaas.

Mense sal mooi met hul braaibegrotings vir die vakansie te werk moet gaan aangesien vleispryse aan verbruikers weens veerkragtige seisoenale vraag en die inkrimping van aanbod hierdie maand aansienlik gestyg het, sê mnr. Paul Makube, senior ekonoom van FNB Agribesigheid.

Volgens hom het gunstige produksietoestande die proses om kuddes te herbou ’n hupstoot gegee en gevolglik die vraag na speenkalwers laat styg, wat hul beskikbaarheid vir slaghuise en voerkrale beperk. Beespryse is tans R56/kg en R49/kg vir onderskeidelik klas A en klas C – bykans 9% en 11% hoër as verlede jaar.

Die pryse van lams- en skaapvleis het volgens Makube versterk tot meer as onderskeidelik R89/kg en R71/kg. Hulle behou hul premie bo ander tipes vleis.

Hoendervleispryse het weens sterk seisoenale vraag en hoë rooivleispryse gestyg. Makube sê relatief kleiner plaaslike en ingevoerde aanbod steun die huidige hoendervleispryse, wat aansienlik hoër as verlede jaar is.

Aanhangers van varkvleis sal egter bly wees om te hoor dat hulle vanjaar minder vir hul varktjops betaal. Die gemiddelde produsenteprys van vleisvarke was gedurende die eerste twee weke van Desember teen net meer as R29/kg onderskeidelik 15% laer as verlede jaar.

Volgens Makube het die vleisprysindeks soos gemeet deur die Verenigde Nasies se Voedsel-en-landbou-organisasie wêreldwyd stoom verloor met ’n vierde agtereenvolgende afname van 0,9% op ’n maandgrondslag in November 2021. Hoewel vleispryse op ’n  jaargrondslag met 17,6% gestyg het, was vleispryse in November 20,7% laer as in Oktober.

Makube sê globale vleispryse het verlangsaam weens China se trae vraag na invoer, wat internasionale varkvleispryse skerp laat daal het. Die groter aanbod van varkvleis in veral Australië het skaapvleispryse onder druk geplaas.

Terwyl produsente die goeie vleispryse waardeer, is hulle egter terselfdertyd onder druk weens ’n toename in brandstof- en voerkoste. “Graanpryse was onversetlik en het aangehou om voerkoste hoër te druk. Die prys van onverwerkte mielies, ’n hoofbestanddeel in veevoer, het hoog gebly ten spyte van die rekordoes en stygende verwagtinge vir die seisoenale vooruitsig wat ’n hupstoot danksy sterk La Niña-weerpatrone gekry het.”

Makube sê verbruikers kan ’n bietjie verligting vroeg in die nuwe jaar verwag namate seisoenale vraag afneem.

* Die vleispryse wat in hierdie artikel genoem word, verwys na verbruikerspryse tensy waar anders vermeld.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.18
-0.5%
Rand - Pond
22.24
-0.1%
Rand - Euro
19.60
-0.0%
Rand - Aus dollar
12.10
-0.1%
Rand - Jen
0.14
-0.2%
Platinum
976.84
0.0%
Palladium
1,415.66
0.0%
Goud
1,978.67
0.0%
Silwer
23.23
0.0%
Brent-ruolie
74.99
-1.2%
Top-40
69,181
-1.3%
Alle aandele
74,695
-1.2%
Hulpbronne 10
64,294
-1.4%
Industriële 25
101,619
-1.0%
Finansiële 15
15,178
-1.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Spontaan en lief vir kamp en road trips
Ek is wie ek is. Ek is n maklike persoon om mee oor die weg te kom. Hou baie van kos maak en braai. Ja en ons sal baie dinge saam doen en veral lag.
Ant
Oopkop en standvastig. Onafhaklikheid belangrik vir my. Doen nie drama nie. Lewe te kort om te mors op dinge en mense wat jou nie gelukkig maak nie.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot