AFGRI
BEAN
06 Des
-
9456,8
114,80
CORN
06 Des
-
4415
-4,00
SOYA
06 Des
-
10335
29,00
SUNS
06 Des
-
9714
-270,00
WEAT
06 Des
-
6642
-31,00
WMAZ
06 Des
-
4452
24,00
YMAZ
06 Des
-
4740
-59,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

KYK! Vloedwater: Boere hoop noodwalle hou

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Water van die Oranjerivier het tot by die laaste ry van dié pekanneutboord van mnr. Wilco Fourie ingestoot.
Foto: Wilco Fourie
Water van die Oranjerivier het tot by die laaste ry van dié pekanneutboord van mnr. Wilco Fourie ingestoot. Foto: Wilco Fourie
Boere aan die Benede-Oranje hoop en bid dat noodwalle hou sodat hul lande en wingerde teen vloedwater beskerm kan word.

Mnr. Wilco Fourie, voorsitter van die Oranjerivier-landbou-unie, het vroeër vandag (Woensdag, 23 November) gesê sover bekend was daar by Keimoes een wal wat meegegee het, en noord van Upington ook een.

Water het op ander plekke in ’n klomp laaggeleë lande, boorde en wingerde ingespoel.

“Hoewel die skade minder is as wat ons aanvanklik verwag het, is daar steeds skade in ’n tyd dat boere dit nie kan bekostig nie,” sê Fourie.

Benede-Oranjerivier, vloede
'n Wingerd van mnr. Albert Thirion van Brakbos-eiland by Keimoes staan onder water. Foto: Albert Thirion
Benede-Oranjerivier, vloede
'n Landery van mnr. Albert Thirion van Brakbos-eiland by Keimoes staan onder water. Foto: Albert Thirion

Die rivier, wat in vloed is ná swaar reën in die opvangsgebiede, het vanoggend sy hoogste vlak by Groblershoop bereik, sal dit na verwagting later vandag by Upington bereik en môre by Kakamas.

Die hoogste vloei was net meer as 4 000 kubieke meter per sekonde (kumek), minder as die 4 400 kumek wat aanvanklik verwag is, maar meer as die 3 700 kumek wat boere in Januarie beleef het. Dit is die derde keer in die afgelope 24 maande dat die rivier in vloed is. Fourie sê die huidige spits is die hoogste vlak sedert 2011.

Benede-Oranjerivier
Só het die Oranjerivier op 22 November by brug tussen Groblershoop en Griekwastad gevloei. Foto: Wilco Fourie
Benede-Oranjerivier, Augrabieswaterval
Die Augrabieswaterval uit die lug gesien op 23 November. Foto: Charl Baard

Draaipunt bereik

Die riviervlak by die Groblershoopbrug was vanoggend 6,9 m, dieselfde as gisteroggend, en dit het gistermiddag net met 10 cm gestyg. “Ek glo ons kan aanvaar dat ons in ons omgewing die boonste draaipunt bereik het.”

Fourie sê dit lyk asof die rivier vir omtrent twee dae teen hierdie vlak kan loop voordat dit begin daal. “Die huidige projeksie is ’n afname van so 1 500 kumek oor drie dae.

“Dit sal dit na verwagting nie veel verder as dit daal nie, omdat nóg reën in veral die Vaalrivier se opvangsgebiede verwag word. Bloemhofdam se invloei bly tans op 1 000 kumek.”

Fourie gee daagliks die jongste syfer van die departement van water en sanitasie aan boere deur, asook die riviervlakke by sekere brûe, waar boere self merke geverf het om die vlakke te kan monitor.

By Kakamasbrug was die rivier middel vandag by die 10,25 m-merk en by Groblershoopbrug vanoggend by 6,9 m.

Noodwalle versterk

Fourie sê die water het by een van sy pekanneutboorde tot by die verste ry van die rivier af ingestoot.

Mnr. Jors van der Westhuizen, wat met druiwe boer en ook wisselbou toepas tussen Groblershoop en Grootdrink, sê dit is nou noodsaaklik dat die walle moet hou. “Wanneer die grond pap raak, syfer die water deur. Ons hoop die water gaan nie lank so hoog bly nie.

“As daar binnekort weer baie reën in die opvangsgebiede gaan val, gaan ons groot moeilikheid hê. Die grond is nat.”

Mnr. Charl Baard, ’n boer van Keimoes wat ook ’n landboubesigheid bedryf, sê die water het Dinsdagnag met sowat 100 mm gestyg. “Ons glo die vlak gaan vandag bestendig raak en van die naweek af begin daal.”

Hy het vanoggend oor die Augrabies-gebied gevlieg en gesien dat water oral in die omgewing van Kakamas, Keimoes en Kanoneiland in lae wingerde en lande ingestoot het.

Baard sê daar is boere wat twee weke gelede mielies geplant het, wat nou onder water is.

Waar ’n wal buite Keimoes gebreek het, is die teerpad tussen die dorp en Kenhardt Woensdagoggend  gesluit.

“Baie boere versterk die noodwalle. Ek self het op plekke wat risiko’s inhou, sandsakke gepak. In die Augrabies-omgewing is daar plekke waar die water 2 m hoër loop as wat die wingerde lê en net die walle die water uithou.”

Baard was vandag op ’n plaas waar die boer ’n kontrakteur se dienste gebruik het om klippe te gebruik om die walle te versterk. Een boer het gesê dit het hom R200 000 gekos om die walle en dreineringstelsels op sy plaas te versterk.

Die walle is ná die 2011-vloed met geld van die nasionale regering herstel, maar boere onderhou en versterk dit uit hul eie sakke.

“Dis maar die begin van ons reënseisoen. Die risiko’s sal waarskynlik tot Maart voortduur omdat die damme vol is.”

Mnr. Gawie Steyn, wat met droogdruiwe op Kanoneiland boer, het gister gesê die water is skrikwekkend hoog. “Ons slaap maar met een oog oop. Ons is maar benoud, maar die noodwalle hou darem nog.”

Hy het gehoop die water word nie baie hoër word nie. “Daar is al boere wat skade het.”

Nie ver van die Augrabieswaterval, sê mnr. Danie Steyn, hoofbestuurder van die tafeldruiwevertakking van Oseiland-boerdery, hul walle hou nog.

“Die spits (van die rivier) word môre (Donderdag) verwag. Ons is daagliks besig om die vlotte op die rivier te bestuur.”

Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.33
+0.7%
Rand - Pond
21.10
+0.9%
Rand - Euro
18.19
+0.7%
Rand - Aus dollar
11.64
+0.4%
Rand - Jen
0.13
+0.6%
Goud
1,772.00
+0.2%
Silwer
22.45
+0.9%
Palladium
1,866.60
-0.6%
Platinum
994.46
-0.6%
Brent-ruolie
82.68
-3.5%
Top-40
68,441
-0.2%
Alle aandele
74,575
-0.2%
Hulpbronne 10
73,675
-1.5%
Industriële 25
91,513
+0.0%
Finansiële 15
15,801
+1.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kom. Ons skryf ons eie roman
Ek is Baie pisetiewe men's wat Al's Kan bied wat jy nie het nie kook goed braai leke kuier leke maak die beste koffie in die oggend
Tot die einde.. deur goed en sleg...
EK DINK EK IS VRIENDELIK, BAIE LIEFDE OM TE GEE, N MENSE MENS EN LEWE OM N PERSOON OP MY HANDE TE DRA EN N MAAT TE HE. EK GLO IN EERLIKHEID, OPREGTHEID EN GLO IN WAARDES. EN EK...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot