Mnr. Gary Arnold, besturende direkteur van Astral Foods se landbou-afdeling, sê ná die 2017-uitbreking het sekere boere en die staat koppe gestamp oor dié vergoeding, asook inenting teen hoogs aansteeklike voëlgriep, wat die staat teenstaan.
Die kwessies is nie bygelê nie en het met die jongste uitbrekings van die siekte weer na vore gekom.
In die 2017-uitbreking het die staat net vergoeding betaal vir hoenders wat aan die siekte gevrek het en nie vir hoenders wat in kontak was met hulle en daarom van kant gemaak is nie.