Argentinië het verlede jaar vir 16,6% van Suid-Afrika se ingevoerde, bevrore hoenderstukke aan die been gesorg.
Die Suid-Amerikaanse land voer jaarliks sowat $350 miljoen se pluimveeprodukte wêreldwyd uit.
“Enige uitvoer van pluimveeprodukte uit Argentinië is onmiddellik opgeskort,” het mnr. Izaak Breitenbach, hoof van die Suid-Afrikaanse Pluimveeverenging (SAPV), Woensdag op ’n aanlyn konferensie bevestig.