Dr. Gin Msiza, hoofdirekteur van veeartsenykundige dienste in die provinsie, het by navraag gesê altesame vyf plase is deur die uitbreking geraak wat in die tweede helfte van verlede maand begin het.
Teen gister was die proses om die henne op die geraakte plase van kant te maak, nog nie afgehandel nie.
Quantum Foods, die land se grootste eierprodusent, het vroeër vandeesweek in ’n verklaring op die JSE se Sens-nuusdiens gesê voëlgriep het by sy Lemoenkloof-lêhenplaas in die provinsie uitgebreek.