AFGRI
BEAN
09 Des
-
9420
0,00
CORN
09 Des
-
4391
0,00
SOYA
09 Des
-
10543
0,00
SUNS
09 Des
-
10900
0,00
WEAT
09 Des
-
6703
0,00
WMAZ
09 Des
-
4920
0,00
YMAZ
09 Des
-
4757
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

Voëlgriep moontlik by nog plase in Wes-Kaap

akkreditasie
Ter illustrasie. Foto: Astral Foods
Ter illustrasie. Foto: Astral Foods
Voëlgriep het in die Wes-Kaap op hoenderplase by Worcester, Malmesbury en Hopefield voorgekom. Op twee plase is die uitbreking van die hoogs aansteeklike voëlgriepvirus (HPAI) bevestig, terwyl op die toetsuitslae van nog twee plase gewag word, sê dr. Ivan Meyer, Wes-Kaapse minister van landbou.

Sowat 134 000 voëls moes van kant gemaak word. Die Wes-Kaapse veeartsenydienste ondersoek ander moontlike gevalle van die virus en versoek dat enige gevalle van abnormale voëlvrektes by die plaaslike staatsveearts aangemeld moet word.

Kontakbesonderhede kan by https://www.elsenburg.com/services-and-programmes/veterinary-services-0#s=Animal-Health-and-Disease-Control gevind word.

Meyer sê die stam van die virus wat in Suid-Afrika aangetref word, kan nie mense beïnvloed nie. Mense kan egter die virus deur hul klere en hande oordra van siek voëls na ander voëls. Mense word dus versoek om alle dooie voëls met handskoene te hanteer en hul hande daarna te was.

Elf bevestigde gevalle

Intussen het mnr. Gary Arnold, besturende direkteur van die landbou-afdeling van Astral Foods, met die bekendstelling van dié maatskappy se halfjaarresultate op 17 Mei gesê daar was toe 11 bevestigde voëlgriepuitbrekings in die land. Die siekte bly volgens hom ’n groot bedreiging vir die bedryf.

Astral Foods het ’n uitbreking op een van sy teelplase gehad. Die hoenders was reeds na aan die einde van hul produktiewe lewe en is van kant gemaak. Dit was nie ’n groot getal nie en sal geen nadelige uitwerking op braaihoendergetalle hê nie, het Arnold gesê.

In die 2017-uitbreking het Astral 18% van sy teelvoorraad verloor, maar danksy suksesvolle bestuur was dit nie nodig om die getal braaihoenders wat geslag is, toe enigsins te verminder nie.

Arnold het gesê die bedryf het baie in die 2017-uitbreking geleer. Niemand kan egter die siekte beheer nie, omdat dit deur wilde voëls versprei word. Die jongste uitbreking op ’n Astral-plaas was in ’n hoenderhuis wat langs water was.

Hy het gesê wanneer ’n moontlike uitbreking op ’n plaas by die staat aangemeld word, word monsters vir toetse weggestuur en daarna moet dit ook eers by die organisasie vir internasionale dieregesondheid (OIE) aangemeld word voordat die Suid-Afrikaanse Pluimveevereniging ’n aankondiging daaroor kan maak.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.35
-1.0%
Rand - Pond
21.27
+0.1%
Rand - Euro
18.30
-0.0%
Rand - Aus dollar
11.80
+0.1%
Rand - Jen
0.13
+0.1%
Goud
1,797.30
0.0%
Silwer
23.48
0.0%
Palladium
1,956.00
0.0%
Platinum
1,028.50
0.0%
Brent-ruolie
76.10
-0.1%
Top-40
68,351
+0.1%
Alle aandele
74,548
+0.1%
Hulpbronne 10
73,315
-0.7%
Industriële 25
92,605
+1.0%
Finansiële 15
15,401
-0.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
lewensmaat
Eks eerlik opreg weet wat ek wil he in die lewe hardwerkend en sal n goeie vriend wees. Eks rustig netjies en sal my vriendin op die hande dra. Hou niks van argumente nie wil...
Son en see mens.
Eks stil en op my plek. Praat met diere darem nog nie met my self nie. Hou van berg klim en fiets ry. Visvang en rugby glad nie my ding nie.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot