AFGRI
BEAN
24 Mrt
-
9498,8
-161,20
CORN
24 Mrt
-
4060
45,00
SOYA
24 Mrt
-
8135
-88,00
SUNS
24 Mrt
-
8630
-225,00
WEAT
24 Mrt
-
6430
65,00
WMAZ
24 Mrt
-
3842
55,00
YMAZ
24 Mrt
-
4029
33,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Mrt
-
171,8
0,00
Ave Wool - RWS
10 Mrt
-
185,09
0,00
Beeste A2/3
10 Mrt
-
54,09
-0,11
Beeste AB2/3
10 Mrt
-
52,37
-0,58
Beeste B2/3
10 Mrt
-
49,71
0,11
Beeste C2/3
10 Mrt
-
48,2
-0,33
Bevrore Hoender
10 Mrt
-
33,07
0,10
Bokkies (onder 30 kg)
10 Mrt
-
47,59
-0,54
Bokooie
10 Mrt
-
35,3
-1,14
Groot (meer as 40 kg)
10 Mrt
-
37,88
1,68
Hoender (IQF)
10 Mrt
-
32,24
0,03
Medium (30-40kg)
10 Mrt
-
42,34
-2,27
Pork Average
10 Mrt
-
33,17
1,14
Poultry Average
10 Mrt
-
33,05
0,06
Skaap A2/3
10 Mrt
-
85,28
2,47
Skaap AB2/3
10 Mrt
-
82,03
0,96
Skaap B2/3
10 Mrt
-
66,9
-2,58
Skaap C2/3
10 Mrt
-
63,53
1,95
Speenkalf
10 Mrt
-
33,23
-0,88
Spekvarke
10 Mrt
-
34,32
0,27
Stoorlammers
10 Mrt
-
38,83
-0,15
Varkwors
10 Mrt
-
26,35
0,98
Vars Hoender
10 Mrt
-
33,85
0,06
Vleisvarke
10 Mrt
-
33,05
1,29
Deel

Voëlgriepuitbreking: Stam uiteindelik geïdentifiseer

akkreditasie
Hoogs aansteeklike voëlgroep is vanjaar reeds op twee hoenderplase in twee provinsies in Suid-Afrika gevind. Foto: Fredalette Uys
Hoogs aansteeklike voëlgroep is vanjaar reeds op twee hoenderplase in twee provinsies in Suid-Afrika gevind. Foto: Fredalette Uys
Die voëlgriepstam wat vir die uitbreking van hoogs aansteeklike voëlgriep (HPAI) op ’n lêhoenderplaas in Gauteng verantwoordelik is, is as die H5N1-stam geïdentifiseer.

“Dit is nie dieselfde stam wat ons in Junie 2017 aangeteken het nie, maar enige uitbreking van HPAI word as ernstig en hoogs aansteeklik beskou. Die hoenderbedryf bly op hoë gereedheidsgrondslag,” sê die Suid-Afrikaanse pluimveevereniging in ’n verklaring.

Die uitbreking is reeds middel April aangemeld en geïdentifiseer as H5, ’n hoogs aansteeklike tipe. Verdere toetse moes egter by Onderstepoort se veeartsenykunde-navorsingsinstituut uitgevoer word om die N-tipe te bepaal.

Die bedryf het nog ’n uitbreking van die H5-tipe op ’n braaihoenderbroeiplaas in Noordwes aangekondig, wat beteken HPAI kom in twee provinsies in Suid-Afrika voor. Volgens die SAPV word verdere toetse by die instituut gedoen vir ontleding en om die chronologiese volgorde van die uitbreking te bepaal.

Die eienaar van die Gautengse lêhoenderplaas het luidens die SAPV die verantwoordelike besluit geneem om al 240 000 hoenders van kant te maak om naburige plase en die Suid-Afrikaanse hoenderbedryf te beskerm. Dit vervangingskoste van die henne sal R20 miljoen beloop.

Hoogs aansteeklike H5N8 is in 2017 op dié plaas aan die Oos-Rand van Johannesburg aangeteken. Die uitbreking van die stam in 2017 het groot verliese in die Suid-Afrikaanse hoenderbedryf tot volg gehad, veral op lêhoenderplase in die Wes-Kaap. Dit het die hoenderbedryf na raming R1,87 miljard gekos.

Europese uitbrekings

Uitbrekings van HPAI, wat hoofsaaklik H5Nx-virusse insluit, kom sedert Oktober 2020 wyd verspreid oor 25 lande in Europa voor, sê dr. Holly Shelton, groepleier van die afdeling vir griepvirusse van die Pirbright-instituut in Brittanje in die bedryfstydskrif Poultry Bulletin.

Volgens haar word die huidige diversiteit in HPAI-stamme wat uitbrekings veroorsaak, aangedryf deur die diversiteit wat in wilde voëls gesien word.

“In die huidige seisoen van uitbrekings het ons vier verskillende H5Nx-stamme (H5N8, H5N1 H5N5 en H5N3) in Brittanje gesien, waar slegs H5N8 en H5N1 voorheen voorgekom het. Die sleutelaandrywer vir die hoogs aansteeklike siekte is die H5-proteïen op die oppervlak wat konstant bly in die virusse, maar die wye en spoedige genetiese hersorteringsvermoë in wilde voëls is duidelik.”

Namibië het tans alle pluimveeprodukte van die gebied waar die eerste uitbreking in Gauteng aangekondig is, verbied. Botswana en Mosambiek verbied alle pluimveeprodukte soos vleis, eiers en vere uit Suid-Afrika en Lesotho het alle eiers uit Gauteng verbied.

Die SAPV maan alle eienaars van pluimvee aan om die hoogste vlakke van biosekuriteit te handhaaf, om nie net hulself nie, maar die hele Suid-Afrikaanse bedryf te beskerm.

Die H5N1-stam word deur wilde voëls oorgedra, veral gedurende herfs wanneer wilde voëls hul terugtog na die Noorde Halfrond begin aanpak. Enigeen wat dooie voëls opmerk, moet dit by die naaste staatsveearts aanmeld.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.18
-0.5%
Rand - Pond
22.22
+0.1%
Rand - Euro
19.54
+0.3%
Rand - Aus dollar
12.07
+0.2%
Rand - Jen
0.14
-0.7%
Platinum
973.39
-1.2%
Palladium
1,403.39
-1.4%
Goud
1,995.05
+0.1%
Silwer
23.35
+1.0%
Brent-ruolie
75.91
-1.0%
Top-40
69,181
-1.3%
Alle aandele
74,695
-1.2%
Hulpbronne 10
64,294
-1.4%
Industriële 25
101,619
-1.0%
Finansiële 15
15,178
-1.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Maatjie vir n praat Jim
Eks eerlik opreg en het baie liefde wat ek kan bied hou van Kamp buielewe en sommer net rustig te verkeer
Kom ons skryf ons eie roman
Wel ek hou van baie lag, dus vriendelik. Ek is energiek en wil nog die lewe geniet. Hou van stap en soms oefen as tyd dit toelaat. Hou van die buitelewe en natuur. Geniet dit...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot