AFGRI
BEAN
08 Des
-
7480
-159,00
CORN
08 Des
-
3700,2
-31,80
SOYA
08 Des
-
7509
-125,00
SUNS
08 Des
-
9338
-203,00
WEAT
08 Des
-
6160
-32,00
WMAZ
08 Des
-
3500
-34,00
YMAZ
08 Des
-
3544,2
-35,80
AMT
Beeste A2/3
26 Nov
-
54,24
-0,63
Beeste AB2/3
26 Nov
-
52,63
0,45
Beeste B2/3
26 Nov
-
50,32
0,23
Beeste C2/3
26 Nov
-
47,11
0,09
Bevrore Hoender
26 Nov
-
28,88
0,13
Bokkies (onder 30 kg)
26 Nov
-
62,18
-0,18
Bokooie
26 Nov
-
45,29
4,41
Groot (meer as 40 kg)
26 Nov
-
45,42
4,21
Hoender (IQF)
26 Nov
-
27,42
0,12
Medium (30-40kg)
26 Nov
-
57,4
8,84
Pork Average
26 Nov
-
28,41
-0,07
Poultry Average
26 Nov
-
28,82
0,11
Skaap A2/3
26 Nov
-
85,3
-0,27
Skaap AB2/3
26 Nov
-
76,69
-0,67
Skaap B2/3
26 Nov
-
72,23
-0,44
Skaap C2/3
26 Nov
-
69,96
-0,48
Speenkalf
26 Nov
-
41,14
-0,16
Spekvarke
26 Nov
-
29,41
0,01
Stoorlammers
26 Nov
-
44,39
0,84
Varkwors
26 Nov
-
23,5
0,04
Vars Hoender
26 Nov
-
30,18
0,10
Vleisvarke
26 Nov
-
28,44
0,06
Wol (skoon)
26 Nov
-
175,29
-0,07

Voogdyskap van grond sal Grondwet vernietig

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Alani Janeke
Foto: Alani Janeke
As ’n wysiging aan die Grondwet oor staatsvoogdyskap van grond aanvaar word, sal Suid-Afrika geen Handves van Menseregte of ’n Grondwet oorhê om die regte van sy inwoners te beskerm nie.

As ’n wysiging aan die Grondwet oor staatsvoogdyskap van grond aanvaar word, sal Suid-Afrika geen Handves van Menseregte of ’n Grondwet oorhê om die regte van sy inwoners te beskerm nie, het prof. Robert Vivian van die Universiteit van die Witwatersrand en ook raadslid van die Vryemarkstigting gewaarsku.

Hy het op ’n webinaar van Agri SA oor die ekonomiese en regsimplikasies van staatsvoogdyskap van grond gesê hy is verbaas dat daar nie baie groter teenkanting teen die voorstel uitgespreek word nie. “As dit deurgaan en die soldate kom om jou eiendom sonder vergoeding af te neem, is daar geen Grondwet of iets anders wat jou kan beskerm nie.”

Hy het gesê as iemand dan in die toekoms na Suid-Afrika se mislukking terugkyk, sal hulle sien daar was geen poging om enigiemand se omstandighede te verbeter nie, maar bloot ’n geval waar die onderdruktes die onderdrukkers geword het. “Ons kan maar net hoop en vertrou as die wysiging aanvaar word, sal die Grondwethof dit verwerp.”

Die grondwetlike hersieningsproses het in alle erns in Februarie 2018 begin met ’n mosie van die EFF dat artikel 25 van die Grondwet aangepas moet word om voorsiening te maak vir onteiening sonder vergoeding. Drie en ’n half jaar later het die ad hoc-komitee wat vir die wysiging verantwoordelik is, in September die wysigingswetsontwerp, soos aangepas deur die ANC, aanvaar en dit sal ná die munisipale verkiesing in die parlement verder gedebatteer word.

Me. Annelize Crosby, Agri SA se hoof van grond en regsake, het daarop gewys dat, hoewel die EFF in sy aanvanklik mosie gevra het vir die staat se voogdyskap van grond, dit in die ANC se weergawe weggelaat is en eers heel aan die einde weer ingesluit is as voogdyskap oor “sekere” grond. Dit is dalk gedoen om die EFF se steun vir die wetsontwerp te probeer kry, maar die party het steeds aangedui dat hy teen die wetsontwerp sal stem soos dit tans daar uitsien.

Adv. Johan de Waal, senior advokaat by die Kaapse balie, sê die gedagte van voogdyskap oor grond spruit voort uit die staat se voogdyskap oor minerale. Daar was uitsprake in die Grondwethof wat die private eienaarskap van minerale regte tot ’n einde gebring het en die eienaarskap aan die hele bevolking oorgedra het.

“Die konsep waarmee ons te doen het, is nie onteiening nie. Die staat word nie die eienaar van grond nie, maar wel die bevolking. Omdat die staat nie die eienaar is nie, is daar nie onteiening nie en daarom ook nie ’n kwessie van vergoeding nie.”

Hy het gesê die EFF glo daar kan met landbougrond dieselfde gebeur as met minerale. Met ’n pennestreep kan alle eienaarskap beëindig word. Die groot probleem is dat niemand weet wat die staat se ware bedoeling is nie. “As dit deurgevoer word, sal dit tot groot onsekerheid lei en verseker beleggings ontmoedig.”

Prof. Johann Kirsten, direkteur van die buro vir ekonomiese navorsing aan die Universiteit Stellenbosch, het gesê die stadige pas van grondhervorming word baie keer as motivering vir die wysiging voorgehou, maar dit is op vals statistieke gegrond.

Volgens statistieke tot Augustus 2021 vir herverdeling, grondeise, geldelike vergoeding vir eise, aankope van grond deur die staat en die private aankoop van swart boere by wit boere is 16 miljoen ha (69%) van die beoogde 30%-teiken (23 miljoen ha) reeds oorgedra. Dit is baie meer as wat normaalweg voorgehou word.

Dit is ook vals om te sê 40 000 wit boere besit 80% van die grond in Suid-Afrika. Die land se oppervlak is 122 miljoen ha en 64 miljoen ha is in die hande van boere. Dit is sowat 50%. Kirsten sê die syfer van 40 000 boere is ook verdag, want dit is net boere wat BTW betaal. Daar is rofweg 150 000 kleiner kommersiële boere en baie van hulle is swart.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
15.73
+0.8%
Rand - Pond
20.82
+0.8%
Rand - Euro
17.84
+0.1%
Rand - Aus dollar
11.29
-0.0%
Rand - Jen
0.14
+0.9%
Goud
1,783.99
-0.0%
Silwer
22.43
-0.4%
Palladium
1,854.50
+0.1%
Platinum
963.00
+0.6%
Brent-ruolie
75.44
+3.1%
Top-40
65,993
-0.8%
Alle aandele
72,404
-0.7%
Hulpbronne 10
68,624
-2.1%
Industriële 25
95,800
-0.2%
Finansiële 15
14,289
+0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Farmboy73
I am a mature, down to earth man. I am a bit shy when I first meet people but all that disappear once I get to know them. I am a Christian man and Jesus comes first in my life....
Opgewekte boskind!!
I am fun to be with and am full of joy! Painting is my favorite hobby and I also enjoy dancing!
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot