AFGRI
BEAN
01 Jan
-
0
0,00
CORN
01 Jan
-
0
0,00
SOYA
01 Jan
-
0
0,00
SUNS
01 Jan
-
0
0,00
WEAT
01 Jan
-
0
0,00
WMAZ
01 Jan
-
0
0,00
YMAZ
01 Jan
-
0
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

Voorkom dat SA mislukte staat word

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Theuns Botha
Foto: Theuns Botha
Hoewel daar dikwels gesê word dat Suid-Afrika ’n mislukte staat is, kan die situasie nog gered word, sê ’n kenner.

Samewerking deur die burgerlike samelewing is nodig om te voorkom dat Suid-Afrika ’n mislukte staat word. Herstrukturering op nasionale en plaaslike vlak is nodig vir fiskale volhoubaarheid en beter plaaslike dienslewering, meen prof. Jannie Rossouw van die Sakeskool van die Universiteit van die Witwatersrand.

Hy het op die simposium van die Graanhanteringsorganisasie van Suid-Afrika (Gosa) in Mosselbaai gesê hoewel dikwels gesê word Suid-Afrika is ’n mislukte staat, kan die situasie nog gered word. ’n Mislukte staat is een wat oor die fiskale afgrond is. ’n Fiskale afgrond is die punt waar salarisse in die staatsdiens, staatstoelaes en die terugbetaling van skuld die hele belastinginkomste van die staat absorbeer.

Waar dié drie aspekte in die 2007-’08-boekjaar 55% van die belastinginkomste beslaan het en 91% in 2021, is dit volgens die 2022-begroting 74,7%. “Daar is dus ’n ernstige probleem van fiskale onvolhoubaarheid op die horison vir Suid-Afrika. Veral die staatsdiens se salarisse is van die hoogste ter wêreld, veral omdat te veel senior mense aangestel is. Salarisverhogings hoër as inflasie vererger die probleem.” 

Kyk wat nog werk

Een manier om die skade wat die “rowerbende (ANC) wat hulself die regering noem” aangerig het, te herstel, is om die voorbeeld te volg van instellings in Suid-Afrika wat nog goed funksioneer. Voorbeelde daarvan is die regstelsel, die nasionale tesourie, die Reserwebank, die Suid-Afrikaanse Inkomstediens, die ouditeur-generaal en sekere uitstaande klein ondernemings.

Rossouw het gesê die regering gaan al hoe meer druk op Suid-Afrikaners plaas om meer geld te kry met belasting. Om die belastingkoers aanhoudend te verhoog, is egter nie die antwoord nie, want volgens die Laffer-kurwe, wat die verhouding tussen belastingkoerse en die totale belastinginkomste aandui, is Suid-Afrika reeds oor die bopunt van die kurwe.

Die belastingbasis kan selfs inkrimp as belastingbetalers minder werk in reaksie op hoër marginale koerse. In Suid-Afrika betaal 608 000 belastingbetalers meer as 50% van die belasting, wat 20% van die staat se inkomste vorm. Die mense wat hoë inkomstes verdien, emigreer en daar is geen ruimte meer vir hoër belasting op die sogenoemde rykes nie. “Hulle word reeds bewusteloos belas.” Daarby word die rente op staatskuld al hoe meer. 

Almal moet inspring

“Suid-Afrika is na aan die fiskale afgrond. ’n Paar dinge kan keer dat ons oor die afgrond stort. Suid-Afrika het nie betroubare elektrisiteitsverskaffing nie, wat beteken niemand sal hier wil belê nie. Die herstel van ekonomiese groei wat hoër as die bevolkingsgroei is, is die enigste manier om die afgrond te vermy en fiskale volhoubaarheid te herstel. Die regering moet dit aantreklik maak vir ondernemings en beleggers om werk te skep.”

Die burgerlike samelewing, soos die georganiseerde landbou en ondernemings, behoort na plaaslike regerings uit te reik om met diensverskaffing te help. Om plaaslike dienslewering te verbeter moet munisipale owerhede oortuig word dat beter dienslewering hulle sal help om aan die bewind te bly.

“Suid-Afrika het ’n veelpartyregering van nasionale eenheid (regering van nasionale heling) nodig om staatskaping en korrupsie uit te roei, ’n fiskale afgrond te vermy en te voorkom dat Suid-Afrika verder na ’n brose of mislukte staat glip,” het Rossouw gesê.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.28
+1.5%
Rand - Pond
21.33
+0.0%
Rand - Euro
18.29
+0.1%
Rand - Aus dollar
11.83
-0.5%
Rand - Jen
0.13
+0.5%
Goud
1,808.40
+0.6%
Silwer
23.35
+0.9%
Palladium
1,905.50
+0.3%
Platinum
1,027.00
+0.7%
Brent-ruolie
85.57
-1.5%
Top-40
68,237
0.0%
Alle aandele
74,323
0.0%
Hulpbronne 10
74,020
0.0%
Industriële 25
91,592
0.0%
Finansiële 15
15,398
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
lewensmaat
Eks eerlik opreg weet wat ek wil he in die lewe hardwerkend en sal n goeie vriend wees. Eks rustig netjies en sal my vriendin op die hande dra. Hou niks van argumente nie wil...
Kom kook saam met my!
Ek is skerp. Nooit n vervelige oomblik. Jy gaan baie lag as jy my ontmoet. Jy moet asb net nie rook nie.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot