AFGRI
BEAN
30 Me
-
8670,4
45,40
CORN
30 Me
-
4373
78,00
SOYA
30 Me
-
7805
-10,00
SUNS
30 Me
-
8250
-77,00
WEAT
30 Me
-
6659
50,00
WMAZ
30 Me
-
3719,2
53,20
YMAZ
30 Me
-
3810
45,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
19 Me
-
172,55
7,70
Ave Wool - RWS
19 Me
-
189,51
9,36
Beeste A2/3
19 Me
-
53,82
53,82
Beeste AB2/3
19 Me
-
52,28
0,49
Beeste B2/3
19 Me
-
48,03
-0,79
Beeste C2/3
19 Me
-
45,86
0,34
Bevrore Hoender
19 Me
-
34,01
-1,54
Bokkies (onder 30 kg)
19 Me
-
52,68
-2,51
Bokooie
19 Me
-
40,2
1,49
Groot (meer as 40 kg)
19 Me
-
45,36
4,57
Hoender (IQF)
19 Me
-
33,04
-0,30
Medium (30-40kg)
19 Me
-
48
-3,26
Pork Average
19 Me
-
29,59
0,13
Poultry Average
19 Me
-
33,71
-0,90
Skaap A2/3
19 Me
-
84,64
0,30
Skaap AB2/3
19 Me
-
76,6
10,52
Skaap B2/3
19 Me
-
58,23
-1,47
Skaap C2/3
19 Me
-
57,02
0,77
Speenkalf
19 Me
-
31,04
1,22
Spekvarke
19 Me
-
30,9
0,85
Stoorlammers
19 Me
-
42,28
0,34
Varkwors
19 Me
-
24,66
0,20
Vars Hoender
19 Me
-
34,07
-0,87
Vleisvarke
19 Me
-
29,47
0,05
Deel

Voorspellings vir reën die week lyk belowend

akkreditasie
'n Vallei in die Oos-Kaap. Foto: Mary Hunter
'n Vallei in die Oos-Kaap. Foto: Mary Hunter
Die kans dat reën vandeesweek oor groot dele van die land kan voorkom, lyk al hoe belowender, sê mnr. Johan van den Berg, klimatoloog by Santam Landbou.

Weermodelle het verlede week aangedui dat die kans op reën oor die graanproduserende gebiede van die somerreënvalstreek, veral die sentrale en westelike dele, verbeter.

’n Goeie kans op reën bestaan ook vir die eerste deel van Februarie. “Die kans op reën in die tweede helfte van Februarie het sedert verlede week begin verbeter, nadat weermodelle verlede week aangedui het dat die kans op reën in dié tyd ondergemiddeld was,” sê Van den Berg.

Goeie reënval het oor die naweek oor groot dele van die land voorgekom, hoewel boere in die westelike somergraanproduksiegebiede steeds wag op reën. “In die sentrale en oostelike gebiede van Noordwes is daar dele wat goeie reënval gehad het die naweek,” sê mnr. Naudé Pienaar, assistent-hoofbestuurder van Agri Noordwes. “In die westelike dele van die provinsie, soos by Vryburg, Tosca, Wolmaransstad en Schweizer-Reneke, wag boere nog op reën en is die nood hoog.”

Mnr. Gys Olivier, ’n boer van Hertzogville in die Wes-Vrystaat, sê hulle hou, “maar net-net.” Die mielies wat in dié distrik ná reën aan die begin van die maand geplant kon word, is besig om te verskroei, terwyl sonneblomsaad op talle plase nie opgekom het nie.

Laatsomerreën

Intussen sê die Suid-Afrikaanse Weerdiens dat bogemiddelde reënval gedurende die laatsomer oor groot dele van die somerreënstreek verwag word.

Mnr. Hugh van Niekerk, streekbestuurder van die weerdiens in die Oos-Kaap, sê in sy seisoenale vooruitskatting vir die tydperk van Januarie tot Mei vir die provinsie in die vroegherfs kan dele van die suidoostelike kus naby Oos-Londen en die noordelike dele van die distrikte Joe Gqabi, Chris Hani en Sarah Baartman, asook die noordelike dele van die Wildekus bogemiddelde reënval ontvang. Vir die res van die provinsie word dan ondergemiddelde reënval verwag.

Bogemiddelde reën word weer einde April en begin Mei oor die hele Oos-Kaap verwag, met groter sekerheid oor die noordelike en westelike dele van die provinsie.

Van Niekerk benadruk egter dat die onsekerheid oor die uitwerking van die El Niño-stelsel, asook wanneer die stelsel sy hoogtepunt sal bereik, steeds onsekerheid ten opsigte van langtermynvoorspellings veroorsaak.

Hoë temperature

Van Niekerk sê na verwagting sal die kwik weer styg in die laatsomer en vroegherfs. “Daar is veral sekerheid dat bogemiddelde maksimum temperature oor die noordelike dele van die land in dié tydperk waargeneem sal word.”

Weermodelle dui tans aan dat dié bogemiddelde temperature tot in Mei kan voortduur.

Wat die bogemiddelde reënval betref, word groot hoeveelhede reën per reënvalgebeurtenis nie verwag nie. Voorspellings dui aan dat sowat 15 mm reën per dag vir ’n paar dae veral in die distrik Joe Gqabi, dele van die distrik Alfred Nzo en dele van die distrik Sarah Baartman kan voorkom. 

“ ’n Mens moet egter in gedagte hou dat die Oos-Kaap ’n besonder droë tydperk beleef. Baie reën sal moet val om die opgaardamme op te vul en vir plantegroei om te herstel,” sê Van Niekerk.

Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Landbou Veilings

Landbou Veilings bied 'n geleentheid aan boere én veilingskliënte om veilings te bemark en te soek na inligting oor omliggende veilings.

Lees hier
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
19.77
-0.5%
Rand - Pond
24.55
-1.0%
Rand - Euro
21.22
-0.8%
Rand - Aus dollar
12.93
-0.6%
Rand - Jen
0.14
-0.9%
Platinum
1,032.44
+0.2%
Palladium
1,440.37
+0.8%
Goud
1,954.83
+0.6%
Silwer
23.22
+0.2%
Brent-ruolie
77.07
+0.2%
Top-40
71,929
+0.7%
Alle aandele
77,005
+0.5%
Hulpbronne 10
68,713
+1.2%
Industriële 25
106,887
+0.6%
Finansiële 15
14,522
-0.4%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Wanted - best friend, lover and everything else
Enjoy the normal stuff like music, cooking together and whilst I am a tactile person - I also believe that we must be able to have our own 'me' time. Prefer private...
Kom ons kyk wat gebeur
Dit is so moeilik om jouself te beskryf. Ek kan jou wel se jy sal nooit weer iemand soos ek ontmoet nie.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot