AFGRI
BEAN
30 Mrt
-
9822
48,00
CORN
30 Mrt
-
4145
-6,00
SOYA
30 Mrt
-
8640
-25,00
SUNS
30 Mrt
-
8780
-39,00
WEAT
30 Mrt
-
6695
16,00
WMAZ
30 Mrt
-
3846
-5,00
YMAZ
30 Mrt
-
4021
-6,00
Deel

Vra vir Faffa is 7 miljoen keer besoek

Die gewilde Vra vir Faffa-afdeling op Landbou.com het deur die grens van 7 miljoen besoeke gebars.

Die gewildheid van die Vra vir Faffa-afdeling op Landbou.com is pas benadruk toe meer as 7 miljoen besoeke aan dié indeksblad aangeteken is.

Dit is ’n groot prestasie vir Landbouweekblad én vir dr. Faffa Malan, wat dié vraag-en-antwoord-afdeling sedert Januarie 2005 vir Landbou.com behartig. Malan is ’n bekende veearts en geniet hoë aansien onder boere en in die veebedryf. Die Landbouskrywers SA het hom in 2008 aangewys as die nasionale Landboukundige van die Jaar.

Malan is die skepper van die Famacha-stelsel, wat internasionaal erkenning geniet as dié metode om vas te stel of skape inwendige parasiete het. Dié stelsel is ontwikkel met die samewerking van die bekende veeartse prof. Gareth Bath en dr. Jan van Wyk.

Volgens Malan is die Vra vir Faffa-indeks van artikels die omvattendste bron van inligting oor vee- en dieresiektes in Suid-Afrika. Dit bevat meer as 2 000 artikels – almal geskep uit vrae van boere, en beantwoord deur kundiges.

Van dié inligting is ook in boekformaat beskikbaar. Verskeie boeke is reeds deur Landbouweekblad gepubliseer wat artikels bevat wat in die indeks verskyn het. Dié boeke is deur Malan opgestel.

Vra die veearts: Wat beesboere moet weet.

Ask the vet: What cattle farmers should know.

Vra die veearts: Wat kleinveeboere moet weet.

Vra die veearts: Die A-Z van honde en katte, deur dr. Sunelle Stydom en dr. Faffa Malan.

Dié boeke (en vele meer) is almal te koop en kan op Landbou.com se aanlyn-winkel bestel word.

* Besoek die Vra vir Faffa-indeks hier en bekyk die verskillende afdelings en artikels daarin.

*** Nota van dr. Faffa Malan: Dankie aan al die medewerkers (baie) wat bereid was (en nog is)om hulle kennis aan boere mee te deel sonder vergoeding. Dankie aan Landbouweekblad en Landbou.com wat hierdie platform, gratis aan die boere, geskep het. My versoek aan die boere en voornemende boere is dat hulle hul dank aan LBW sal oordra deur kommentaar oor hierdie diens hieronder te lewer. In besonder aan Jan Bezuidenhout wat help om hierdie diens te bedryf.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.84
+1.5%
Rand - Pond
22.10
+0.9%
Rand - Euro
19.44
+1.0%
Rand - Aus dollar
11.96
+1.2%
Rand - Jen
0.13
+1.1%
Platinum
987.09
+1.9%
Palladium
1,473.62
+1.7%
Goud
1,979.93
+0.8%
Silwer
23.78
+1.9%
Brent-ruolie
78.28
-0.5%
Top-40
71,089
+0.3%
Alle aandele
76,705
+0.3%
Hulpbronne 10
67,517
+1.3%
Industriële 25
103,222
-0.1%
Finansiële 15
15,634
+0.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Staan op met n lied in jou hart
Sag-geaard van nature, maar tog ferm en doelgerig. My ja is my ja en my nee is my nee, use it, don't use it. Ek kan ure aaneen na jou luister en jou geselskap geniet, en...
Fantastiese kok wil jou lewe bietjie geur
Free spiritual open minded romanticse liefde volle dame, wat soveel liefde het om te gee, het nie tyd vir games en man's wat nie weet wat hul wil he nie, soek n soul mate xxx
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot