AFGRI
BEAN
26 Nov
-
7600
0,00
CORN
26 Nov
-
3615
0,00
SOYA
26 Nov
-
7427
0,00
SUNS
26 Nov
-
11170
0,00
WEAT
26 Nov
-
6202
0,00
WMAZ
26 Nov
-
3420
0,00
YMAZ
26 Nov
-
3651
0,00
AMT
Beeste A2/3
12 Nov
-
53,56
-0,07
Beeste AB2/3
12 Nov
-
51,91
-0,45
Beeste B2/3
12 Nov
-
49,04
-0,89
Beeste C2/3
12 Nov
-
46,15
0,38
Bevrore Hoender
12 Nov
-
29,34
0,37
Bokkies (onder 30 kg)
12 Nov
-
66,06
-1,00
Bokooie
12 Nov
-
46,92
1,10
Groot (meer as 40 kg)
12 Nov
-
39,53
-1,69
Hoender (IQF)
12 Nov
-
27,78
1,63
Medium (30-40kg)
12 Nov
-
54,15
0,97
Pork Average
12 Nov
-
27,78
-0,41
Poultry Average
12 Nov
-
29,22
0,77
Skaap A2/3
12 Nov
-
84,63
-0,14
Skaap AB2/3
12 Nov
-
75,86
0,10
Skaap B2/3
12 Nov
-
72
0,11
Skaap C2/3
12 Nov
-
69,61
-0,41
Speenkalf
12 Nov
-
40,08
-1,39
Spekvarke
12 Nov
-
29,62
0,34
Stoorlammers
12 Nov
-
45,41
-0,52
Varkwors
12 Nov
-
22,96
-0,51
Vars Hoender
12 Nov
-
30,54
0,29
Vleisvarke
12 Nov
-
27,62
-0,45
Wol (skoon)
12 Nov
-
167,2
-2,88

Vragmotor-aanvalle: Vervoernagmerrie dreig

akkreditasie
Foto: Charl van Rooyen
Foto: Charl van Rooyen
Die vrees vir aanvalle wat vervoermaatskappye tans bedreig, beloof niks goed nie.

Volgens mnr. Jaco Oosthuizen, uitvoerende hoof van die RSA Groep, het die aanvalle op vragmotors nog nie ’n wesenlike impak op die varsproduktemarkte gehad nie.

“Ons is egter bekommerd oor die onsekerheid wat dit skep. Produsente sal eerder ’n vervoerkontrakteur betaal as om hul eie vragmotors te gebruik om hul produkte van die plaas tot by die mark te vervoer. Dit kan meebring dat vervoerkoste verhoog. Groothandelkopers op die mark wat produkte uitvoer, raak ook senuweeagtig, want hul produkte moet vervoer word. Die kettingwinkels loop net so groot risiko. Daar is baie onsekerheid oor veiligheid en dit is ongesond.”

Hierdie situasie kan lei tot ’n drastiese styging in die koste van vervoer weens ’n afname in die beskikbaarheid van vragmotors. ’n Direkteur van een van die grootste vervoermaatskappye in die land het woedend gereageer op navrae van Landbouweekblad oor versekeringspremies en of dit ’n uitwerking op vervoerkoste aan boere sou hê.

“Uiteraard gaan die versekeringspremies styg. Dis onmoontlik dat premies dieselfde gaan bly, terwyl die eise groter raak en toeneem in getalle. Dit gaan te duur word om vragmotors te vervang en op die pad te hou, want buiten die versekeringspremies wat sal styg, word bande, brandstof en lone voortdurend duurder.

“Die onsekerheid en hoë risiko wat hierdie situasie bring, is werklik nie wat die Suid-Afrikaanse ekonomie nou nodig het nie. Dit wil voorkom asof die regering die situasie ook nie as baie ernstig beskou nie. Die regering besef nie die logistieke stelsel van die land is die are wat bloed na die ekonomie toe pomp nie. Dit moet vir alle betrokke staatsdepartemente ’n voorrangsaak wees om die vervoerstelsels te beskerm, in stand te hou en uit te bou. Soos dit tans aangaan, peil ons op ’n chaos af. En vinnig ook.”

Sasria bied beskerming

Die skade wat gely word tydens openbare geweld word deur die Suid-Afrikaanse spesiale risiko-versekeringsagentskap (Sasria) gedek. Volgens die Sasria-beleid word alle polishouers wat as deel van hul normale versekering Sasria-dekking uitgeneem het, beskerm. As besighede dus skade ly weens oproer, terrorisme of stakings, kan hulle ’n eis aan Sasria rig deur hul versekeraar.

Sasria wil nie bekend maak hoeveel eise hy reeds ontvang het weens die aanvalle op vragmotors of hoeveel sulke eise reeds uitbetaal is nie. Volgens ’n woordvoerder moet Sasria sy voorlopige resultate vir 2020 aan die parlement voorlê en daarna sal die syfer bekend gemaak kan word.

Die Sasria-beleid maak voorsiening vir die verhoging van premies op grond van swak prestasie van die sake-eenheid ter sprake, om die belange van Sasria en die polishouers te balanseer of wanneer die aannames waarop die premies gegrond was, gemanifesteer het. Die beleid vereis dat Sasria polishouers vroegtydig inlig van die hersiening van premies en dat daar genoegsame tyd gegun word vir polishouers om die hersiene premie te aanvaar of nie.

Sasria het nie gereageer op die vraag of ’n verhoging in versekeringspremies vir vervoermaatskappye oorweeg word nie.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
16.27
-1.9%
Rand - Pond
21.71
-0.0%
Rand - Euro
18.42
+0.1%
Rand - Aus dollar
11.59
+0.0%
Rand - Jen
0.14
+0.2%
Goud
1,792.60
0.0%
Silwer
23.13
0.0%
Palladium
1,751.49
0.0%
Platinum
955.50
0.0%
Brent-ruolie
72.72
-11.6%
Top-40
62,411
-2.6%
Alle aandele
68,615
-2.8%
Hulpbronne 10
64,074
-2.5%
Industriële 25
92,909
-1.3%
Finansiële 15
12,995
-6.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Farmboy73
Plat op die aarde man. Ietwat introvert tot ek jou leer ken. God is vir my belangrik. Ek gee maklik terug wat ek ontvang. Hou van na die stilte van die plaas gaan waar ek...
Pêrel soek 'n Pasmaat
Ek waardeer die mooi dinge in die lewe - musiek, kuns, 'n goeie boek, heerlike kos. Ek is lief vir mense, diere en kinders. Ek hou van stilte en die natuur. Ek verf graag...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot