AFGRI
BEAN
29 Me
-
8625
-22,00
CORN
29 Me
-
4166
22,00
SOYA
29 Me
-
7934
-51,00
SUNS
29 Me
-
8330
-13,00
WEAT
29 Me
-
6620
104,00
WMAZ
29 Me
-
3674
-4,00
YMAZ
29 Me
-
3808
5,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
19 Me
-
172,55
7,70
Ave Wool - RWS
19 Me
-
189,51
9,36
Beeste A2/3
19 Me
-
53,82
0,65
Beeste AB2/3
19 Me
-
52,28
0,49
Beeste B2/3
19 Me
-
48,03
-0,79
Beeste C2/3
19 Me
-
45,86
0,34
Bevrore Hoender
19 Me
-
34,01
-1,54
Bokkies (onder 30 kg)
19 Me
-
52,68
-2,51
Bokooie
19 Me
-
40,2
1,49
Groot (meer as 40 kg)
19 Me
-
45,36
4,57
Hoender (IQF)
19 Me
-
33,04
-0,30
Medium (30-40kg)
19 Me
-
48
-3,26
Pork Average
19 Me
-
29,59
0,13
Poultry Average
19 Me
-
33,71
-0,90
Skaap A2/3
19 Me
-
84,64
0,30
Skaap AB2/3
19 Me
-
76,6
10,52
Skaap B2/3
19 Me
-
58,23
-1,47
Skaap C2/3
19 Me
-
57,02
0,77
Speenkalf
19 Me
-
31,04
1,22
Spekvarke
19 Me
-
30,9
0,85
Stoorlammers
19 Me
-
42,28
0,34
Varkwors
19 Me
-
24,66
0,20
Vars Hoender
19 Me
-
34,07
-0,87
Vleisvarke
19 Me
-
29,47
0,05
Deel

Vragmotorblokkade in KZN belemmer landboulogistiek

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Ter illustrasie. Foto: Lloyd Phillips
Ter illustrasie. Foto: Lloyd Phillips
Inwoners van uPhongolo se misnoeë oor dienslewering en gevolglike blokkades op die N2 kan tot ’n voedseltekort lei as die situasie nie spoedig bygelê word nie.

Betogers van uPhongolo wat verkeer en vragmotors op die N2-hoofweg in die noorde van Zoeloeland blokkeer, veroorsaak groot ongerief, bykomende koste en verhoogde risiko vir die landbou- en ander waardekettings wat hierdie sleutelroete gebruik. Die betogers meen dat padveiligheidsowerhede daar nie swaar vragvoertuie genoeg monitor nie nadat ’n vragmotor in September verlede jaar in ’n bakkie vasgery het en die dood van 18 laerskoolkinders en ’n onderwyser veroorsaak het.

Mnr. Gavin Kelly, uitvoerende hoof van die Padvragvereniging, sê luidens ’n verklaring dat sy vereniging herhaaldelik ’n beroep op owerhede gedoen het om meer hulpbronne aan te wend om te verseker dat vrag- en ander padvoertuie wat nie aan die wetgewing voldoen nie, doeltreffend aangepak word. Dit is veral nodig op roetes soos die N2, wat baie sulke voertuie dra.

“Sommige gemeenskappe versper onregmatig roetes vir vragmotors. Dié vragmotors het geen rol in die tragedie by uPhongolo gespeel nie. Van die maatskappye, selfs nadat hulle vryelik tot die gemeenskappe bygedra het in hul uur van verwoesting en hartseer, word nou met dieselfde kwas geteer en verhinder om hul wettige en veilige ondernemings te bedryf,” voeg Kelly by.

Impak op lewering van kosprodukte

Mnr. Kurt Stock, 'n boer en leier in uPhongolo se landbougemeenskap, sê aan Landbou.com dat die blokkade wat sedert Maandag duur, ’n nadelige impak het op die plaaslike en uitgebreide landbousektor.

Hy sê vragmotors wat kommersiële bosbou- en groentesaailinge van kwekerye in en om uPhongolo aflewer, moet alternatiewe roetes neem. Dié roetes is normaalweg nie ontwerp vir swaar voertuie nie, is in ’n swak toestand en hul bykomende afstand verg duurder brandstof en tyd vir die kwekerye, hul vervoerders en hul kliënte.

“Hier is boere wat belangrike produksie-insette benodig en die vervoer daarvan word op die N2 versper of aansienlik vertraag deur vragmotors wat die alternatiewe roetes moet gebruik. As hierdie blokkade voortduur, gaan dit ’n massiewe ongunstige impak op plaaslike landbou hê en selfs die aflewering van voedsel na en van uPhongolo nadelig beïnvloed. Dit is bo en behalwe die impak wat reeds deur beurtkrag veroorsaak is.”

Mnr. Peter-John Hassard, ’n boer in die distrik Hluhluwe in Zoeloeland en ook president van die KwaZulu-Natalse landbou-unie, sê veral bederfbare landbouprodukte word deur die blokkade geraak. Vragmotors wat pynappeloeste vervoer, moet byvoorbeeld ’n lang ompad om uPhongolo ry om by markte uit te kom.

“Dit plaas die gehalte van dié pynappels, en ander vars produkte, in gevaar. Een boer moes R8 000 ekstra aan diesel bestee omdat die vragmotor die alternatiewe roete moes gebruik. Dan is daar die bykomende slytasie op die vragmotors, die vertragings om hul produkte op markte te kry en die vertragings tot dié vragmotors se terugkeer om meer vars produkte te laai. Iets moet dringend gedoen word,” sê Hassard.

Kelly doen ’n beroep op owerhede om die bekommernisse van die betogers by uPhongolo dringend op te los sodat wetsgehoorsame swaar padvragvoertuie hul dienste so doeltreffend moontlik kan hervat.

Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Landbou Veilings

Landbou Veilings bied 'n geleentheid aan boere én veilingskliënte om veilings te bemark en te soek na inligting oor omliggende veilings.

Lees hier
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
19.66
+0.0%
Rand - Pond
24.29
-0.1%
Rand - Euro
21.06
+0.2%
Rand - Aus dollar
12.85
-0.3%
Rand - Jen
0.14
-0.2%
Platinum
1,026.27
-0.3%
Palladium
1,412.11
-1.3%
Goud
1,946.86
+0.0%
Silwer
23.26
-0.3%
Brent-ruolie
76.95
+0.9%
Top-40
71,444
+0.1%
Alle aandele
76,613
+0.0%
Hulpbronne 10
67,920
+0.7%
Industriële 25
106,261
-0.1%
Finansiële 15
14,582
-0.5%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Enkel en alleen,soek n geskikte pasmaat
Ek is n hardwerkende, opregte en Godsdienstige persoon. Wil graag n opregte en eerlike dame ontmoet wat in my belangstellings deel en die lewe meer interresant maak.
I am Me!!!! Kok that's the truth.
I have a fiancé - 17 years. I've been alone for a year now! I've been alone that is myself.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot