AFGRI
BEAN
02 Des
-
9365
0,00
CORN
02 Des
-
4550
0,00
SOYA
02 Des
-
10600
0,00
SUNS
02 Des
-
11030
0,00
WEAT
02 Des
-
6745
0,00
WMAZ
02 Des
-
5203
0,00
YMAZ
02 Des
-
4966
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
18 Nov
-
159,48
-1,95
Ave Wool - RWS
18 Nov
-
164,49
-0,59
Beeste A2/3
18 Nov
-
60,09
0,35
Beeste AB2/3
18 Nov
-
56,25
0,33
Beeste B2/3
18 Nov
-
52,95
1,01
Beeste C2/3
18 Nov
-
48,85
-0,26
Bevrore Hoender
18 Nov
-
32,06
-0,24
Bokkies (onder 30 kg)
18 Nov
-
63
3,43
Bokooie
18 Nov
-
39
-3,28
Groot (meer as 40 kg)
18 Nov
-
44,26
0,39
Hoender (IQF)
18 Nov
-
31,5
0,00
Medium (30-40kg)
18 Nov
-
54,61
-5,70
Pork Average
18 Nov
-
36,05
-0,10
Poultry Average
18 Nov
-
32,36
-0,15
Skaap A2/3
18 Nov
-
90,45
-1,54
Skaap AB2/3
18 Nov
-
75,52
-1,96
Skaap B2/3
18 Nov
-
74,2
-0,26
Skaap C2/3
18 Nov
-
70,7
0,53
Speenkalf
18 Nov
-
37,1
0,21
Spekvarke
18 Nov
-
35,44
-0,81
Stoorlammers
18 Nov
-
39,82
-0,87
Varkwors
18 Nov
-
27,86
-0,60
Vars Hoender
18 Nov
-
33,54
-0,19
Vleisvarke
18 Nov
-
35,95
-0,07

Vredendalkanaal: Onderhoud sal meer kos as Clanwilliamdamwal

akkreditasie
Water is op 31 Desember totaal aan die kanaal onttrek en herstelwerk is op 1 Januarie begin. Foto: Verskaf
Water is op 31 Desember totaal aan die kanaal onttrek en herstelwerk is op 1 Januarie begin. Foto: Verskaf
Vredendal-boere se bestaan rus op infrastruktuur wat 80 jaar oud is. Dié infrastruktuur is aanvanklik gebou om slegs 40 jaar te hou. Nou blyk dit dat die vervanging daarvan onbekostigbaar is.

Die sukkelende departement van water en sanitasie sal volgens boere tot R30 miljard moet bekom om die kanaalstelsel van sowat 236 km te vervang. Dit is vyf keer meer as die koste om die Clanwilliamdamwal te verhoog. Die kanaal verskaf water aan boere, nywerhede en huishoudelike gebruikers in die Vredendal-omgewing.

Die verhoging van die damwal sal nutteloos wees as die kanaal nie vergroot kan word nie. Die gebrekkige kanaal sal ook die verwesenliking van ’n groot gedeelte van die beoogde 6 000 ha se boerdery-uitbreidings wat vir swart ekonomiese bemagtiging (SEB) projekte beoog is, benadeel.

Volgens mnr. Johan Louw, voorsitter van die watergebruikersvereniging van die Laer-Olifantsrivier (Lorwua), is die hoofkanaal van hierdie stelsel reeds 80 jaar oud, terwyl dit ontwerp is om slegs 40 jaar lank in diens te wees. Lekkasies en dele van die kanaal wat opbreek, is ’n werklikheid waarmee hierdie boere moet saamleef en dit kom soms met groot verliese. Op 31 Desember 2019 het die vereniging ’n lekplek betyds gewaar en ’n kanaalbreek verhinder. So ’n kanaalbreek, wat boere vir tot twee weke sonder water sou laat, sou Vredendal se boere en ekonomie groot skade berokken het, veral aangesien dit die eerste jaar in sowat drie jaar is dat hierdie omgewing kan uitsien na bietjie voorspoed. Die stokou kanaal is dus ’n groot risiko en bron van kommer vir die boere en breër gemeenskap van die Laer-Olifantsrivier-skema.

R250 miljoen se herstelwerk nodig

“Om die kanaal van 236 km geheel te hernu sal ongeveer R900 000 per kilometer kos,” sê Louw. “Ons finansier die onderhoud van hierdie infrastruktuur sonder ’n bydrae van die nasionale regering en ons het bloot nie die vermoë om nou meer as R250 miljoen te bewillig om hierdie kanaal volkome te herstel nie. Die Wes-Kaapse departement van landbou bewillig elke jaar tot R3 miljoen vir instandhouding en ons begroot jaarliks minstens R10 miljoen vir herstelwerk.”

Volgens Louw is daar 12 200 m3/ha water beskikbaar vir elke produsent, as geen waterbeperkings ingestel word nie. Die kanaal het ’n maksimum vermoë van 8 000 m3/ha vir die 9 510 geregistreerde hektare in die vereniging. “As ons dus in ’n goeie reënjaar ons volle kwota toegeken kry, het die kanaal nie die vermoë om die volle kwota aan al die geregistreerde hektare te lewer nie.”

Benewens die geld wat benodig word om die kanaal volkome te herstel, is die bestaande kanaal se vermoë dus nie meer voldoende vir die volume water wat in Vredendal benodig word nie. Die departement van waterwese en sanitasie het skynbaar nie voldoende geld vir die instandhouding of vergroting van die kanaal nie. 

1. Die 260 km lange hoofkanaal van die watergebruikersvereniging van die Laer-Olifantsrivier is reeds 80 jaar oud, maar is ontwerp om slegs 40 jaar lank die boere van Vredendal te bedien. Foto: Verskaf
Dit sal bykans R1 miljoen per kilometer kos om die bestaande kanaal, wat reeds ontoereikend is om in die behoeftes van boere te voorsien, volkome te herstel. Foto: Verskaf

Infrastruktuur onvoldoende

Dit is egter net die begin van die kommer, aangesien werksaamhede om die Clanwilliamdamwal te verhoog in 2020 hervat gaan word. Hierdie verhoging gaan die dam se houvermoë van 122 miljoen m3 tot ongeveer 344 miljoen m3 vergroot. Die regering se oogmerk met hierdie bykomende vermoë is om boerderypraktyke uit te brei.

Volgens die departement word die dam nie net verhoog om SEB-projekte in die Vredendal-omgewing te ontwikkel nie. Heelwat grond is by Clanwilliam beskikbaar wat nie van die bestaande kanaalstelsel afhanklik is nie.

Die verhoogde damwal sal hierdie streke met water deur ’n bykomende kanaalstelsel kan voed. Die departement van water en sanitasie het derhalwe ’n ondersoek gelas om alternatiewe maniere te vind om water te vervoer om ’n bykomende 6 000 ha uit die verhoogde kapasiteit te besproei. Die boere van Vredendal is egter afhanklik van die bestaande kanaal.

Louw het kontak gehad met ’n onafhanklike ingenieursmaatskappy wat deur die departement gekontrakteer is om ondersoek in te stel na die moontlikheid en koste van ’n nuwe hoofkanaal.

“Hierdie eerste ondersoek het getoon dat ’n nuwe kanaal tot R30 miljard kan kos. Dit is vyf maal meer as wat die verhoging van die damwal gaan kos,” sê hy. Hoewel die departement konsentreer op vernuwing om die bykomende hektare van goeie infrastruktuur te verseker, is die herstelwerk of vervanging van die bestaande kanaal nie ’n voorrangsaak vir die departement nie.

Die verhoging van die dam sal waarskynlik nie voor 2026 afgehandel wees nie. Oorspronklik is beoog om die verhoging van die damwal teen einde 2023 af te handel, maar dit was voordat werk aan die projek weens dispute tussen kontrakteurs en die departement vir bykans drie jaar stopgesit is. Hierdie vertraging in die verhoging beteken dat die noodsaaklikheid vir nuwe infrastruktuur ook vertraag word. Die hoop op staatshulp vir vernuwing van die bestaande hoofkanaal is dus vir minstens nog ses jaar uitgestel, totdat die huidige voorrangsake aandag gekry het.
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.54
+0.1%
Rand - Pond
21.57
-0.2%
Rand - Euro
18.48
-0.2%
Rand - Aus dollar
11.92
-0.1%
Rand - Jen
0.13
-0.1%
Goud
1,797.91
0.0%
Silwer
23.15
0.0%
Palladium
1,900.00
0.0%
Platinum
1,020.00
0.0%
Brent-ruolie
85.57
-1.5%
Top-40
68,238
-0.9%
Alle aandele
74,323
-0.9%
Hulpbronne 10
74,020
-2.7%
Industriële 25
91,592
-0.6%
Finansiële 15
15,398
+0.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
See,Bosveld en Kamp
My geloof is vir my baie belangrik, is spontaan, het ñ goeie sin vir humor. Reik uit na mede gelowiges en minder bevoorregtes. Ek is ñ baie liefdevolle persoon.
Kom ons begin ons eie storie met Vriendskap
Nr 1 sal altyd my Here wees want Hy is my provider, Aleph en Sovereign God. Al wat ek soek is n maaitjie saam wie ek die lewe kan geniet, lag, gesels, laf wees en dan kyk na...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot