AFGRI
BEAN
31 Mrt
-
9826
0,00
CORN
31 Mrt
-
4660
0,00
SOYA
31 Mrt
-
8175
0,00
SUNS
31 Mrt
-
8760
0,00
WEAT
31 Mrt
-
6631
0,00
WMAZ
31 Mrt
-
3977
0,00
YMAZ
31 Mrt
-
4029
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
17 Mrt
-
171,8
1,17
Ave Wool - RWS
17 Mrt
-
185,09
1,47
Beeste A2/3
17 Mrt
-
54,2
-0,07
Beeste AB2/3
17 Mrt
-
52,95
-0,19
Beeste B2/3
17 Mrt
-
49,6
-1,22
Beeste C2/3
17 Mrt
-
48,53
0,72
Bevrore Hoender
17 Mrt
-
32,97
-0,23
Bokkies (onder 30 kg)
17 Mrt
-
48,13
-1,27
Bokooie
17 Mrt
-
36,44
-2,17
Groot (meer as 40 kg)
17 Mrt
-
36,2
-0,10
Hoender (IQF)
17 Mrt
-
32,21
-0,01
Medium (30-40kg)
17 Mrt
-
44,61
-2,43
Pork Average
17 Mrt
-
32,03
1,11
Poultry Average
17 Mrt
-
32,99
-0,12
Skaap A2/3
17 Mrt
-
82,81
3,66
Skaap AB2/3
17 Mrt
-
81,07
13,42
Skaap B2/3
17 Mrt
-
69,48
9,39
Skaap C2/3
17 Mrt
-
61,58
3,03
Speenkalf
17 Mrt
-
34,11
0,00
Spekvarke
17 Mrt
-
34,05
1,60
Stoorlammers
17 Mrt
-
38,98
-0,96
Varkwors
17 Mrt
-
25,37
1,06
Vars Hoender
17 Mrt
-
33,79
-0,13
Vleisvarke
17 Mrt
-
31,76
0,95
Deel

Vrugte-uitvoer: Probleme by hawens kan tot verlies van R1 miljard lei

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Skepe lê en wag om in Kaapstad se hawe in te beweeg. Foto: Alani Janeke
Skepe lê en wag om in Kaapstad se hawe in te beweeg. Foto: Alani Janeke
Daar is geen einde in sig vir die probleme by Suid-Afrikaanse hawens nie. Dit kan groot verliese vir die vrugtebedryf beteken.

Die probleme by Kaapstad-hawe sal nie vanjaar nog reggestel word nie en die kern- en steenvrugbedryf kan as gevolg van logistieke probleme by hierdie en ander hawens sowat R1 miljard verloor, sê mnr. Jacques du Preez, hoofbestuurder van handel en markte by Hortgro.

Die skatting is bereken op die aanname dat vertragings by die hawens pryse met 10% laat daal het. Pruimpryse het verlede jaar met 30% tot 40% gedaal nadat twee skepe weens vertragings gelyktydig in Europa aangekom het.

Dit bring ook bykomende verkoelings- en vervoerkoste mee aangesien talle boere gedwing word om hul vrugte deur die Durban- of Gqeberha-hawe uit te voer wanneer skepe Kaapstad-hawe vermy. Vervoerkoste per vraghouer styg dan met R20 000 tot R30 000.

“Skepe sal aanhou om Kaapstad-hawe te vermy terwyl daar vertragings van tot 12 dae is. Die situasie bedreig die winsgewendheid van vrugteboere, veral dié wat boer met vrugte met ’n korter raklewe, soos steenvrugte en tafeldruiwe. Sommige boerderye sal selfs hul deure moet sluit.”

Hy sê selfs al word dadelik R100 miljard in Kaapstad-hawe belê, sal dit minstens ’n jaar duur om die toerusting by die hawe te herstel of te vervang. “Ons het ’n goeie verhouding met Kaapstad se haweowerhede. Hulle doen hul bes met die beperkte hulpbronne tot hul beskikking. Die probleem sal egter nie oornag reggestel word nie aangesien dit ontstaan het weens jare se verwaarlosing en gebrek aan investering.”

Toerusting groot probleem

Mnr. Anton Rabe, uitvoerende direkteur van Hortgro, sê tesame met onvoldoende en lendelam toerusting was daar ook gedurende Desember arbeidsprobleme, volgens hom bestuurbaar, by die hawens wat tot vertragings, opeenhopings en stadige laaitempo’s gelei het. Dit veroorsaak alles uiteindelik nie net dat vragte nie betyds hul bestemmings bereik nie, maar ook skade aan die plaaslike bedryf se reputasie wat jare sal kos om te herstel.

“Ons het al baie reguit gesprekke met Transnet se bestuur hieroor gehad. Ons werk tans eintlik baie goed saam om oplossings te kry. Dinge is besig om te verbeter, maar die toerusting bly ’n groot probleem. Die onlangse hittegolf het daartoe gelei dat sommige toerusting eenvoudig ophou werk het. Ons kon nie agterstande wegwerk nie.”

Hy sê Transnet se bestuur erken dat die situasie onaanvaarbaar is en dat dit nooit weer herhaal mag word nie.Volgens Hortgro se berekeninge het die vrugtebedryf reeds van R200 miljoen tot R300 miljoen verloor weens probleme by Suid-Afrikaanse hawens. Stygende produksiekoste weens onder meer die styging van brandstofpryse en chemiese produkte dra verder hiertoe by. Voeg beurtkrag daarby en die situasie word onuithoudbaar.

“As ons 10% van die waarde van ons uitvoer verloor weens probleme met gehalte, laat aankomste, produkte wat gelyk aankom, bykomende vervoerkoste en bykomende opbergingskoste kan dit tot ’n verlies van R1 miljard lei.”

Landbou.com het Transnet om kommentaar genader, maar tot dusver geen kommentaar ontvang nie.

Druiwe-uitvoer

Aanhoudende vertragings wat daartoe lei dat voorraad nie opbou nie en gevolglik nie by vraag kan byhou nie, probleme met gehalte veral wat druiwe uit onder meer Limpopo, Mpumalanga en die Oranjerivier-gebied betref, en gemiddelde vervoertye van ’n week wat druiwe se rakleeftyd nie pas nie.

Dié kwessies veroorsaak dat die plaaslike druiwebedryf homself tans in ’n benarde situasie bevind ten spyte van ’n rekordoes, het mnr. Eddy Kreukniet van EXSA Europe in Nederland aan Freshplaza.com gesê.

Die goeie nuus is dat verkope volgens hom redelik goed verloop. Die slegte nuus is dat verkoelingsgeriewe in Suid-Afrika tans al hoe voller word en surplusse veroorsaak. Die tekort aan vraghouers vererger die probleem.

“Dit lei daartoe dat druiwe nie uitgevoer word nie en daar gevolglik aansienlik minder op die Europese mark is. Suid-Afrika het ’n rekordoes met ’n toename van 15% tot 20% in produksie voorspel het. Ek verwag dat lewering aan die Europese mark in die komende weke met 10% tot 20% sal afneem.”

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.79
+0.0%
Rand - Pond
21.97
-0.1%
Rand - Euro
19.34
-0.2%
Rand - Aus dollar
11.90
-0.0%
Rand - Jen
0.13
+0.0%
Platinum
991.31
0.0%
Palladium
1,460.24
0.0%
Goud
1,969.50
0.0%
Silwer
24.11
0.0%
Brent-ruolie
79.89
+1.6%
Top-40
70,498
-0.8%
Alle aandele
76,100
-0.8%
Hulpbronne 10
66,234
-1.9%
Industriële 25
102,950
-0.3%
Finansiële 15
15,496
-0.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Ek is iemand wat redelik aktief is, maar sal graag 'n koffie vir jou ook maak.
Ek is friendlik, liefdevol en hou van nuwe mense ontmoet en hou van vriende maak. Ek gym gereeld en doen ook gereeld hiking maar kan ook 'n goeie fliek geniet. Ek is nog...
Lag n bietjie en kom geniet die lewe!
Ek is n spontane mens wat weet wat ek in die lewe wil he, en hou van lag en avonture.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot