AFGRI
BEAN
27 Jan
-
8257,2
257,20
CORN
27 Jan
-
3807,4
68,40
SOYA
27 Jan
-
8065,2
177,20
SUNS
27 Jan
-
8980
47,00
WEAT
27 Jan
-
5997
9,00
WMAZ
27 Jan
-
3598
40,00
YMAZ
27 Jan
-
3663
44,00
AMT
Beeste A2/3
14 Jan
-
56,61
2,35
Beeste AB2/3
14 Jan
-
54,81
1,61
Beeste B2/3
14 Jan
-
52,96
1,07
Beeste C2/3
14 Jan
-
46,06
-1,62
Bevrore Hoender
14 Jan
-
28,5
-0,41
Bokkies (onder 30 kg)
14 Jan
-
62,54
1,93
Bokooie
14 Jan
-
44,21
0,09
Groot (meer as 40 kg)
14 Jan
-
48,55
2,07
Hoender (IQF)
14 Jan
-
26
-1,55
Medium (30-40kg)
14 Jan
-
52,27
3,21
Pork Average
14 Jan
-
27,97
0,34
Poultry Average
14 Jan
-
27,83
-1,03
Skaap A2/3
14 Jan
-
83,51
-0,65
Skaap AB2/3
14 Jan
-
76,19
-0,44
Skaap B2/3
14 Jan
-
74,22
1,03
Skaap C2/3
14 Jan
-
69,25
-0,28
Speenkalf
14 Jan
-
40,35
-0,21
Spekvarke
14 Jan
-
27,93
-0,20
Stoorlammers
14 Jan
-
40,66
-0,02
Varkwors
14 Jan
-
22,58
0,42
Vars Hoender
14 Jan
-
29
-1,13
Vleisvarke
14 Jan
-
27,96
0,36
Wol (skoon)
14 Jan
-
172,35
-8,38

KYK! Vrugtediefstal: ‘Dit gaan al jare aan, jare al!’

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Boere, plaaswerkers en ander ondersteuners stap na die landdroshof op die Paarl. Foto: Johan van der Merwe
Boere, plaaswerkers en ander ondersteuners stap na die landdroshof op die Paarl. Foto: Johan van der Merwe
Boere en plaaswerkers is vandag buite die Paarl landdroshof om die twee boere wat daar verskyn in verband met 'n skietvoorval te ondersteun, maar ook om vir die wêreld te wys dat hulle daagliks deur vrugtediefstal en misdaad geraak word.

Sowat 65 boere en plaaswerkers is by die landdroshof in die Paarl byeen om ondersteuning te bied aan die twee boere van die distrik wat vandag om borgtog aansoek te doen ná ’n skietvoorval verlede week. Die polisie is ook by die hof teenwoordig, maar geen onluste word verwag nie.

Die twee boere, mnre. JT Basson, ’n oud-Springbokroeier en eienaar van die Salem-boerdery, en John Woest word daarvan beskuldig dat hulle mnr. Chatwell Rogers, ’n onwettige vrugteverkoper, verlede week na bewering in die gebied tussen die Sonstraalbrug en die N1 in die Paarl doodgeskiet het. Hulle doen vandag aansoek om borgtog, en die uitslag word na middagete verwag.

Kapt. Frederick Van Wyk, polisiewoordvoerder, het luidens ’n vroeëre verklaring gesê Rogers is met ’n haelgeweer in die rug geskiet terwyl hy en ander vermeende onwettige vrugteverkopers van Basson en Woest gevlug het. Hy is op die toneel oorlede. Volgens Van Wyk het die twee boere hulself op die toneel aan die polisie oorgegee.

Mnr. Francois de Manielle, ’n boer van die Paarl, het aan Landbou.com gesê met hul saamtrek wil hulle ook die publiek bewus maak van die misdaadsituasie op hulle plase weens vrugtediefstal. “Ons wil die publiek bewus maak van waarmee ons elke dag gekonfronteer word op ons plase. Letterlik elke dag.”

Volgens De Manielle het e.tv-nuus al in 2017 onderhoude in die gebied gedoen oor die vrugtediefstal en die feit dat die owerhede niks daaraan doen nie.

In ’n video verduidelik De Manielle aan Johan van der Merwe van Landbou.com dat die diefstal die hele gemeenskap raak, en dat die misdadigers ook plaaswerkers en kinders in die omgewing raak.

Van die boere wys plakkate van die wapens waarmee die vermeende vrugtediewe op plase opdaag. Foto: Johan van der Merwe
Een van die boere se plakkaat dui aan dat nie enkele vrugte gesteel word nie, maar trollies vol vrugte. Foto: Johan van der Merwe
Boere en plaaswerkers is by-een by die landdroshof in die Paarl. Foto: Johan van der Merwe
Boere in die distrik sê hulle plaaswerkers en die werkers se kinders word ook deur die vrugtediewe geteiken en hulle word beroof. Foto: Johan van der Merwe
Mense drom saam voor die landdroskantoor in die Paarl. Foto: Johan van der Merwe
paarl
Die gemeenskap sê hulle lewens word deur die situasie bedreig. Foto: Candice Jantjies

Gemeenskap in die steek gelaat

Agri Wes-Kaap sê in ’n verklaring die plaaslike owerhede het dié gemeenskap in die steek gelaat wat die gespanne situasie rondom vrugtediefstal betref deur die verkoop van dié vrugte nie ernstig op te neem en daaraan aandag te gee nie.

Mnr. Uys van der Westhuizen, voorsitter van Agri Wes-Kaap se landelike veiligheidsbeleidskomitee, sê die owerhede is al talle kere oor die situasie genader. “ ’n Vergadering was hieroor gehou, maar ooglopend is dit nie ernstig opgeneem nie. Verskeie geskeduleerde opvolgvergaderings het nie gerealiseer nie omdat amptenare nie beskikbaar was nie. Die plaaslike owerheid moet verantwoordelikheid aanvaar.”

Agri Wes-Kaap het plaaslike owerhede reeds voor die voorval verlede week vir ’n vergadering op 13 Desember genader, wat hopelik die erns van die saak sal beklemtoon, en hulle die verreikende implikasies sal laat besef.

Mnr. Jannie Strydom, uitvoerende hoof van Agri Wes-Kaap, sê dit is ’n tragiese voorval. “Ons medelye gaan uit na die gesin van die oorledene. Agri Wes-Kaap vra plaaslike owerhede en die betrokke belanghebbendes om in te tree om soortgelyke voorvalle te voorkom. Ons vra vir kalmte en vir die reg om sy gang te gaan.”

*Landbou.com is kort voor 16h00 vanmiddag ingelig dat borgtog toegestaan is aan mnre. JT Basson en John Woest. Hulle is elk op R5000 borgtog vrygelaat en die saak is uitgestel tot 26 Januarie.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
15.39
-0.3%
Rand - Pond
20.63
+0.1%
Rand - Euro
17.25
-0.0%
Rand - Aus dollar
10.88
+0.3%
Rand - Jen
0.13
-0.2%
Goud
1,810.63
-0.5%
Silwer
23.14
-1.6%
Palladium
2,324.00
-0.5%
Platinum
1,024.00
-1.0%
Brent-ruolie
89.96
+2.0%
Top-40
65,977
-2.1%
Alle aandele
72,360
-2.0%
Hulpbronne 10
73,473
-2.4%
Industriële 25
89,709
-1.9%
Finansiële 15
14,682
-1.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kom ons kyk war gebeur
Ek het n saggesardheid Hou van die buite lewe en die natuur Wil nie in n stad bly nie Stap graag
Wees net jouself.
Ek is soms nie n maklike men's nie, maar ek love om grap of 2 te maak. Ek het geleer deur al my voute en leer nou nog. Soms maak dit jou te hart. Ek is n plain men's...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot