AFGRI
BEAN
05 Des
-
9261,2
24,20
CORN
05 Des
-
4419
-92,00
SOYA
05 Des
-
8970
65,00
SUNS
05 Des
-
10625
-187,00
WEAT
05 Des
-
6700
-16,00
WMAZ
05 Des
-
4970,8
-93,20
YMAZ
05 Des
-
4820
-88,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

Vrystaatse boere vra antwoorde oor paaie

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Petri Stofberg wys hoe diep ’n slaggat op die S428-pad tussen Warden en Vrede is. Foto: Verskaf
Petri Stofberg wys hoe diep ’n slaggat op die S428-pad tussen Warden en Vrede is. Foto: Verskaf
Talle paaie in die Vrystaat is tans gevaarlik weens verval en totaal gebrekkige herstelwerk en instandhouding.

Padherstelwerk en -instandhouding in die Vrystaat het feitlik tot stilstand gekom, terwyl Vrystaatse paaie al hoe meer onrybaar raak, sê mnr. Francois Wilken, president van Vrystaat Landbou (VL). “Daar is ’n werklike moontlikheid dat die Vrystaatse plaaslike en provinsiale padnetwerk binne die volgende paar jaar ineen kan stort. Dit sal miljoene mense van basiese en noodsaaklike dienste afsny.”

Die paaie wat op die drempel van verval is, sluit in die R30, ’n hoofroete wat Welkom met Bothaville, Klerksdorp en Orkney verbind. Dié pad het ná die onlangse reën oorstroom toe ’n pan weerskante van die pad oor die pad gestoot het. Die pad is tans gesluit. Boere in die omgewing moet ewe onbegaanbare ompaaie ry om by die naaste dorpe en silo’s uit te kom, sê dr. Jack Armour, VL se bedryfsbestuurder. “Die departement het nie genoeg aanwysingsborde gehad het om ongelukke op die oorstroomde stuk te voorkom en om verkeer na ’n gruisverbypad te herlei nie.”

Ander gevaarlike paaie sluit in die R711 tussen Fouriesburg en Clarens, waar ’n reuse-sinkgat onlangs sy verskyning gemaak het en tot die tydelike sluiting van die pad gelei het, en die R26 verby Ficksburg wat ’n hoofroete na Lesotho is en reeds die reputasie as die provinsie se slegste pad gekry het.

Op die R34 tussen Memel en Bothaspas het kontrakteurs volgens Armour opgehou werk omdat hulle nie betaal word nie. Die R34, R59 en die R505 wat dorpe soos Wesselsbron, Makwassie en Hoopstad verbind, is ook in ’n baie swak toestand. Die R709 tussen Hobhouse en Winburg, ’n belangrike landbouroete en roete vanaf die Oos-Kaap en Lesotho vir mynwerkers na die Vrystaat Goudveld, raak ook onbegaanbaar.

R711, sinkgat
Sinkgate het ná die onlangse goeie reën op die R711 tussen Clarens en Fouriesburg ontstaan. Foto: Verskaf

Provinsiale regering

VL het reeds herhaaldelik versoeke aan die Vrystaatse provinsiale regering gerig om aandag aan die groeiende krisis te gee. Die organisasie het kennis geneem dat mnr. Fikile Mbalula, minster van vervoer, gesê het geld vir padinstandhouding het opgedroog. Hierdie begrotingsbeperkings is tydens ’n vergadering van die Vrystaatse LUR van polisie, paaie en vervoer bevestig. “VL is gevra om die departement by te staan om die paaie reg te maak, maar die departement kan boere nie vir hul uitgawes vergoed nie,” sê Armour.

Boere oor die provinsie heen betaal padskraper-operateurs sodat gruispaaie geskraap kan word en gebruik eie arbeid en hulpbronne om slaggate te vul. Armour sê net 30% van die Vrystaatse provinsiale regering se paaie-begroting word gebruik om die lone van werkers te betaal wat paaie herstel, soos padskraper-operateurs en werkers wat met pik en graaf die slaggate kan herstel. “Tot 80% van hierdie werksmag is ouer as 60 jaar en baie van hulle is fisiek nie meer in staat om die werk te doen nie. Die meeste grondpaaie wat boere, plattelandse gesinne en maatskaplike ondersteuningsdienste daagliks moet gebruik, word bitter min geskraap, dreinerings- en waterbane word nie oopgemaak nie en bome en bosse in die padreserwe word nie meer verwyder nie.”

Meer finansiering is dringend nodig, maar nie om die reeds swaargelaaide topbestuur van die provinsiale departement verder te versterk of om die onproduktiewe en ondoeltreffende padkontrakteur-ontwikkelingsprogram uit te brei nie, sê Armour. “Ons kort gesertifiseerde en goedgekeurde siviele ingenieursmaatskappye om die werk doeltreffend te doen.”

Intussen word die nasionale en provinsiale departemente se paaie-begrotings tans gefinaliseer, terwyl boere en ander gebruikers van die voos paaie min insette kan lewer om die swakste paaie as prioriteite in die begrotings te laat hanteer. Volgens Vrystaat Landbou deel die provinsiale departement nie sy padinstandhoudingsplanne en -begrotings met die organisasie nie.

“Dit is die soort vrae waarop ons antwoorde moet kry. Ons is besig met reëlings om die premier te vra en om dit voor te lê aan die ekonomiese groepering van die Vrystaatse wetgewer. Al is ons lede nie padbouers nie, was VL nog altyd bereid om met die provinsiale regering saam te werk, maar die wetgewing en vereistes oor SEB en regstellende aksie is die groot struikelblok wat verhinder dat plaaslike boere, kontrakteurs en gemeenskappe betaal word om te help met die oplossing van die groeiende krisis,” sê Wilken.
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.19
+2.0%
Rand - Pond
21.15
+0.8%
Rand - Euro
18.20
+0.6%
Rand - Aus dollar
11.71
+0.6%
Rand - Jen
0.13
+1.7%
Goud
1,796.55
-0.1%
Silwer
23.02
-0.6%
Palladium
1,911.50
+0.6%
Platinum
1,024.50
+0.4%
Brent-ruolie
85.57
-1.5%
Top-40
68,741
+0.7%
Alle aandele
74,912
+0.8%
Hulpbronne 10
74,861
+1.1%
Industriële 25
91,655
+0.1%
Finansiële 15
15,727
+2.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Lawman
Wil vriende maak, mense ontmoet. Ek hoor ek is aantreklik, slim en interreasnt. Ek dink ek is goeie geselskap. , nooit vervelig nie. Ek is brutaal eerlik en verwag dieselfde.
Sexy kat wil jou bekoor
Ekt n mooi sterk persoonlikheid Eks n go getter hou van lag kuier Ek kom sterk voor en as n leier
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot