AFGRI
BEAN
02 Des
-
9365
0,00
CORN
02 Des
-
4550
0,00
SOYA
02 Des
-
10600
0,00
SUNS
02 Des
-
11030
0,00
WEAT
02 Des
-
6745
0,00
WMAZ
02 Des
-
5203
0,00
YMAZ
02 Des
-
4966
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
18 Nov
-
159,48
-1,95
Ave Wool - RWS
18 Nov
-
164,49
-0,59
Beeste A2/3
18 Nov
-
60,09
0,35
Beeste AB2/3
18 Nov
-
56,25
0,33
Beeste B2/3
18 Nov
-
52,95
1,01
Beeste C2/3
18 Nov
-
48,85
-0,26
Bevrore Hoender
18 Nov
-
32,06
-0,24
Bokkies (onder 30 kg)
18 Nov
-
63
3,43
Bokooie
18 Nov
-
39
-3,28
Groot (meer as 40 kg)
18 Nov
-
44,26
0,39
Hoender (IQF)
18 Nov
-
31,5
0,00
Medium (30-40kg)
18 Nov
-
54,61
-5,70
Pork Average
18 Nov
-
36,05
-0,10
Poultry Average
18 Nov
-
32,36
-0,15
Skaap A2/3
18 Nov
-
90,45
-1,54
Skaap AB2/3
18 Nov
-
75,52
-1,96
Skaap B2/3
18 Nov
-
74,2
-0,26
Skaap C2/3
18 Nov
-
70,7
0,53
Speenkalf
18 Nov
-
37,1
0,21
Spekvarke
18 Nov
-
35,44
-0,81
Stoorlammers
18 Nov
-
39,82
-0,87
Varkwors
18 Nov
-
27,86
-0,60
Vars Hoender
18 Nov
-
33,54
-0,19
Vleisvarke
18 Nov
-
35,95
-0,07

Vrystaatse eisers soek geld, nie grond

akkreditasie
Foto: Alani Janeke
Foto: Alani Janeke
Altesaam 97% van die begunstigdes van restitusie in die Vrystaat verkies eerder geldelike vergoeding as wat hulle grondreg herstel word, het me. Thoko Didiza, minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, in ’n parlementêre antwoord aangedui.

Hierdie verskynsel is egter nie uniek aan die Vrystaat is nie, met die staat wat reeds verskeie kere aangedui het dat begunstigdes landwyd verkies om eerder die geld as grond te ontvang. Meer as 6 000 van die eise wat teen die einde Desember 1998 ingestel is, moet nog afgehandel word.

Mnr. George Michalakis, DA-LP, het Didiza gevra hoeveel eise in die Vrystaat ingestel is, hoeveel suksesvol was en hoeveel geldelike vergoeding gekies het.

Didiza het gesê altesaam 3 081eise is in die provinsie ingestel en 3 076 hiervan is verwerk. Vyf moet nog nagegaan word. Van die verwerkte eise is 2 917 suksesvol en 159 onsuksesvol. Slegs 62 van die suksesvolle eis-aansoekers het die opsie gekies om die grond te neem. Die res, 2 855, het geldelike vergoeding verkies.

Die vyf uitstaande eise bestaan uit een waar die grondeise-kantoor besig is met die verifikasie van die eis. Die meerderheid van hierdie huishoudings het geldelike vergoeding gekies. ’n Tweede eis wag op goedkeuring, terwyl drie eise in die hof beslis moet word aangesien die huidige grondeienaars dispute verklaar het oor die geldigheid van die grondeise. 

Moeilik om te boer

Volgens dr. Roy Jankielsohn, Vrystaatse leier van die DA, kies die meeste eisers die geldelike vergoeding bo die grond, want daar is maar min ondersteuning vir suksesvolle grondeisers om die grond in ’n lewensbestaan te ontwikkel.

Hy wys uit dat die restitusieproses nie bygedra het tot die herverdeling van grond wat daarop gemik is om grond oor te dra vanaf wit eienaarskap na swart eienaarskap nie. Didiza se antwoord is ’n bewys dat Vrystaters minder entoesiasties as politici is oor die hervorming van landbougrond.

“Terwyl die transformasie in grondeienaarskap deur grondhervorming en herstel deur die restitusie van grond ’n grondwetlike vereiste bly, is die motivering vir onteiening sonder vergoeding polities gemotiveerd,” het hy gesê.

Hy wys verder uit dat die geldelike eise en die gereelde grondvergrype wat voorkom, aandui dat Vrystaters desperaat is vir ’n lewensbestaan en huise, en dat hulle skepties is om dit deur kommersiële landbou - waar die wins van kennis en ekonomiese skaal afhang – te bekom.
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.56
-0.0%
Rand - Pond
21.59
-0.4%
Rand - Euro
18.50
-0.3%
Rand - Aus dollar
11.93
-0.3%
Rand - Jen
0.13
-0.2%
Goud
1,797.91
0.0%
Silwer
23.15
0.0%
Palladium
1,900.00
0.0%
Platinum
1,020.00
0.0%
Brent-ruolie
85.57
-1.5%
Top-40
68,238
-0.9%
Alle aandele
74,323
-0.9%
Hulpbronne 10
74,020
-2.7%
Industriële 25
91,592
-0.6%
Finansiële 15
15,398
+0.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Wees net jouself
Wil graag die mooi in die lewe deel met iemand. Ek het n baie mooi hart so ontdek dit. Ek lewe voluit en maak die beste van die lewe.
Kom ons begin ons eie storie met Vriendskap
Nr 1 sal altyd my Here wees want Hy is my provider, Aleph en Sovereign God. Al wat ek soek is n maaitjie saam wie ek die lewe kan geniet, lag, gesels, laf wees en dan kyk na...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot