
Daar was groot hoop dat die Noord-Amerikaanse Handelsooreenkoms (Nafta) ’n opbouende invloed op Amerika én sy bure se landboubedrywe sou hê. Die instituut vir handel- en landboubeleid, ’n drukgroep, sê in ’n nuwe navorsingsverslag boere is beduidend slegter daaraan toe ná twee dekades onder dié verdrag.
Voorstanders van Nafta het destyds gesê die verdrag sou migrasie uit Mexiko na Amerika verminder en die Mexikaanse ekonomie versterk, maar die teenoorgestelde het gebeur. In 2014 was armoedevlakke in Mexiko hoër as in 1994 en migrasie uit Mexiko na Amerika het meer as verdubbel.
Weens ’n verkleining van die Amerikaanse beeskudde is werkgeleenthede in vleisverwerking vernietig. Sedert die instelling van Nafta het markkonsentrasie in omtrent alle sektore van agribesigheid — onder meer sade, kunsmis en oesproduksie — die hoogte ingeskiet, wat boere kwesbaar laat vir agribesighede se pogings om pryse laer te druk.
Lees die volledige verslag by http://bit.ly/2wpD9X8
Bron:
Instituut vir handel- en landboubeleid