AFGRI
BEAN
01 Des
-
9254
0,00
CORN
01 Des
-
4488,27
0,00
SOYA
01 Des
-
10408
0,00
SUNS
01 Des
-
11094
0,00
WEAT
01 Des
-
6646
0,00
WMAZ
01 Des
-
5183
0,00
YMAZ
01 Des
-
4995
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
18 Nov
-
159,48
-1,95
Ave Wool - RWS
18 Nov
-
164,49
-0,59
Beeste A2/3
18 Nov
-
60,09
0,35
Beeste AB2/3
18 Nov
-
56,25
0,33
Beeste B2/3
18 Nov
-
52,95
1,01
Beeste C2/3
18 Nov
-
48,85
-0,26
Bevrore Hoender
18 Nov
-
32,06
-0,24
Bokkies (onder 30 kg)
18 Nov
-
63
3,43
Bokooie
18 Nov
-
39
-3,28
Groot (meer as 40 kg)
18 Nov
-
44,26
0,39
Hoender (IQF)
18 Nov
-
31,5
0,00
Medium (30-40kg)
18 Nov
-
54,61
-5,70
Pork Average
18 Nov
-
36,05
-0,10
Poultry Average
18 Nov
-
32,36
-0,15
Skaap A2/3
18 Nov
-
90,45
-1,54
Skaap AB2/3
18 Nov
-
75,52
-1,96
Skaap B2/3
18 Nov
-
74,2
-0,26
Skaap C2/3
18 Nov
-
70,7
0,53
Speenkalf
18 Nov
-
37,1
0,21
Spekvarke
18 Nov
-
35,44
-0,81
Stoorlammers
18 Nov
-
39,82
-0,87
Varkwors
18 Nov
-
27,86
-0,60
Vars Hoender
18 Nov
-
33,54
-0,19
Vleisvarke
18 Nov
-
35,95
-0,07

Vuurwapenlisensies: Politici sien wanorde by register

akkreditasie
Die agterstand van aansoeke vir vuurwapenlisensies is volgens die polisie tans selfs 250 000. Foto: VF Plus
Die agterstand van aansoeke vir vuurwapenlisensies is volgens die polisie tans selfs 250 000. Foto: VF Plus
Die chaos en wanorde wat die parlementêre portefeuljekomitee van polisie die naweek tydens ’n besoek aan die sentrale vuurwapenregister waargeneem het, verduidelik volgens die DA en die VF Plus waarom dit so disfunksioneel is.

Dr. Pieter Groenewald, VF Plus-leier, sê die chaotiese en wanordelike toestand by die register wys waarom aansoeke vir vuurwapenlisensies en bevoegdheidsertifikate sloer en feitlik tot stilstand gekom het. “Die agterstand van aansoeke vir vuurwapenlisensies is volgens die polisie tans selfs 250 000. Aansoeke van vuurwapeneienaars vir lisensies en sertifikate word nie behoorlik geliasseer nie. Soos op die foto’s gesien kan word, lê dit op stapels in gange en kantore tussen ander personeel.

“Daar is ’n totale gebrek aan ruimte vir die groot aantal vorms en feitlik geen sprake van ’n werkende liasseerstelsel nie. As iemand dus navraag doen oor sy dokumente, is dit ’n haas onbegonne taak om dit op te spoor.

“Die probleem word vererger deur die gebou self. Dit is onveilig en gebrekkig. Onderhoud is swak. Daar is ’n struktuurprobleem met krake in die mure wat ’n veiligheidsrisiko inhou. Die gebou behoort in werklikheid ontruim te word.”

Groenewald sê hy het reeds met die instelling van die nuwe vuurwapenwet in 2000 gewaarsku dat die wetgewing ’n moeilike administratiewe las op die polisie gaan plaas wat nie hanteer sal kan word nie. “Hierdie probleem kom reeds ’n lang pad. Daar is aansoeke wat volgens die polisie self reeds meer as twee jaar agterstallig is.

“Die polisie se mikpunt was aanvanklik om ’n aansoek binne 90 dae af te handel. Met die gevolge van die Covid-19-pandemie is dié mikpunt verleng tot 120 dae. Selfs dit is duidelik totaal onmoontlik.”

Die VF Plus meen die huidige wetgewing en die aansoekproses moet gewysig word om administratiewe rompslomp te verminder. “Vuurwapens behoort net een keer gelisensieer te word sonder die vyfjaarlikse hernuwing. Dit sluit bevoegdheidsertifikate in,” sê Groenewald.

“Daar moet ’n behoorlike elektroniese stelsel in gebruik geneem word soos by die inkomstediens om verwerking te vergemaklik sodat personeel selfs van hul huis kan voortgaan om te werk. Die bestuur is swak en ’n tekort aan personeel vererger die probleem.

“Daar moet nou dringend aandag aan die saak gegee word. Alle vuurwapeneienaars en -handelaars word in die steek gelaat omdat ’n noodsaaklike diens nie gelewer word nie.”

sentrale vuurwapenregister
Aansoeke van vuurwapeneienaars vir lisensies en sertifikate word nie behoorlik geliasseer nie en lê op stapels in gange en kantore tussen ander personeel. Foto: VF Plus

Mnr. Andrew Whitfield, DA-LP, sê dit is tyd vir die vuurwapenregister om “die 21ste eeu te betree”. Aansoeke moet aanlyn verwerk word. “Ek het die polisie uitgedaag om die hele proses van aansoek tot goedkeuring aanlyn te doen. Dit sal van onnodige vertragings ontslae raak en ’n digitale stelsel voorsien wat aansoekers kan gebruik om die vordering van hul aansoek te monitor.”

Whitfield sê die polisie het tydens die besoek gesê amnestie-aansoeke word bo-op mekaar op die vloer geplaas sodra hulle ontvang word. “Dit lei daartoe dat aansoeke wat aan die begin van die amnestieperiode ontvang is, nou onder duisende ander stukke papiere lê. As jy dus een van die eerste mense was wat om amnestie aansoek gedoen het, sal jou aansoek waarskynlik laaste verwerk word.”

Die polisie het in Februarie vanjaar gedurende ’n voorlegging aan die portefeuljekomitee aangedui dat slegs 4%, oftewel 2 059, van die 50 926 aansoeke wat gedurende die 2019-’20-amnestieperiode ontvang is, wel afgehandel is. Slegs 0,92%, of 280, van die aansoeke wat gedurende die 2020-’21 amnestieperiode ontvang is, is afgehandel.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.07
+0.9%
Rand - Pond
20.69
+0.4%
Rand - Euro
17.83
+0.5%
Rand - Aus dollar
11.65
+0.4%
Rand - Jen
0.13
-0.5%
Goud
1,779.74
+0.6%
Silwer
22.36
+0.7%
Palladium
1,912.25
+1.3%
Platinum
1,045.50
+0.8%
Brent-ruolie
86.97
+3.1%
Top-40
68,564
0.0%
Alle aandele
74,828
0.0%
Hulpbronne 10
73,434
0.0%
Industriële 25
90,489
0.0%
Finansiële 15
16,396
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
See,Bosveld en Kamp
My geloof is vir my baie belangrik, is spontaan, het ñ goeie sin vir humor. Reik uit na mede gelowiges en minder bevoorregtes. Ek is ñ baie liefdevolle persoon.
Sexy kat wil jou bekoor
Ekt n mooi sterk persoonlikheid Eks n go getter hou van lag kuier Ek kom sterk voor en as n leier
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot