AFGRI
BEAN
05 Des
-
9261,2
24,20
CORN
05 Des
-
4419
-92,00
SOYA
05 Des
-
8970
65,00
SUNS
05 Des
-
10625
-187,00
WEAT
05 Des
-
6700
-16,00
WMAZ
05 Des
-
4970,8
-93,20
YMAZ
05 Des
-
4820
-88,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

Vuurwapens: Lisensie-uitspraak geld nie vir almal, sê kenner

akkreditasie
Foto: Lucas Potgieter
Foto: Lucas Potgieter
Mediaberigte wat die indruk wek dat almal wie se vuurwapenlisensies verval het, nou om hernuwing aansoek kan doen, is misleidend, sê mnr. Fred Camphor, uitvoerende hoof van die SA Jagters- en Wildbewaringsvereniging.

Dit volg op die uitspraak van die appèlhof oor die aansoek van die sekuriteitsmaatskappy Fidelity om die minister van polisie te dwing om nuwe aansoeke te aanvaar vir nagenoeg 700 lisensies wat in 2016 verval het.

In sy uitspraak het regter Xola Petse namens die bank regters, wat eenparig oor die saak was, gelas dat Fidelity aansoek mag doem om nuwe lisensies vir die vuurwapens waarvan die lisensies in 2016 verval het. Dié vuurwapens is almal op ’n lys in ’n aanhegsel tot die hofstukke.

Die vuurwapenoffisier by die aangewese polisiekantoor moet die aansoeke aanvaar en verwerk ingevolge die Wet op die Beheer van Vuurwapens (Wet 60 van 2000).

Camphor sê hoewel die regsbeginsel geld dat ’n hofuitspraak soos hierdie ’n presedent skep, moet in gedagte gehou word die presedent wat geskep word, geld net in soortgelyke omstandighede. “As daar iemand anders is met omstandighede wat presies dieselfde is, behoort die hof ’n soortgelyke uitspraak te lewer.”

Unieke omstandighede

Uit die hofstukke blyk dit Fidelity het in 2016 besef die lisensies vir honderde van die maatskappy se vuurwapens het verval toe die verantwoordelike persoon wat nuut aangestel is, besef sy voorganger het nooit die betrokke lisensies betyds hernu nie.

Fidelity het sy saak aan die aangewese vuurwapenoffisier by die Florida-polisiekantoor probeer verduidelik, maar dié het geweier om die hernuwingsaansoeke te aanvaar. Die waarnemende polisiekommissaris, lt.-genl. JK Phalane, het enkele maande vantevore opdrag gegee dat mense wat aansoek doen om vuurwapenlisensies wat verval het, in kennis gestel moet word dat hulle nou in besit van ’n onwettige vuurwapen is en dat dit onmiddellik by die naaste polisiekantoor ingehandig moet word.

Fidelity het hom toe op die Gautengse hooggeregshof beroep om onder meer die kommissaris se voorskrifte van Februarie 2016 ongeldig te verklaar, die polisie te dwing om laat aansoeke om  hernuwing van lisensies wat verval het, te aanvaar, en om Fidelity toe te laat om nuwe lisensieaansoeke vir die betrokke vuurwapens in te dien.

Dié aansoek is met koste van die hand gewys. Dit is waarteen Fidelity nou geappelleer het.

Regter Petse se uitspraak is baie duidelik net van toepassing op Fidelity se lys vuurwapens waarvan die lisensies in 2016 verval het, en nie op almal en vir alle vuurwapenlisensies wat verval het nie, sê Camphor.

Boonop voorsien hy probleme, selfs vir Fidelity. Die polisie se vuurwapenregistrasiestelsel is só opgestel dat die vuurwapenoffisier nie ’n aansoek om ’n nuwe lisensie ingesleutel kan kry waarvan die bestaande lisensie verval het nie, behalwe as daardie vuurwapen eers onder amnestie ingehandig is. Daar is tans geen amnestie vir eienaars van vuurwapens waarvan die lisensies verval het nie. 
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.24
+1.7%
Rand - Pond
21.13
+0.9%
Rand - Euro
18.22
+0.5%
Rand - Aus dollar
11.70
+0.7%
Rand - Jen
0.13
+1.9%
Goud
1,789.61
-0.5%
Silwer
22.72
-1.9%
Palladium
1,908.50
+0.5%
Platinum
1,013.50
-0.6%
Brent-ruolie
85.57
-1.5%
Top-40
68,870
+0.9%
Alle aandele
75,017
+0.9%
Hulpbronne 10
75,185
+1.6%
Industriële 25
91,795
+0.2%
Finansiële 15
15,702
+2.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Wees net jouself
Wil graag die mooi in die lewe deel met iemand. Ek het n baie mooi hart so ontdek dit. Ek lewe voluit en maak die beste van die lewe.
Vrou wat soek na ware liefde en geluk.
Ek is deur ñ moeilike ryd maar dit maak my net sterker en positief vir die toekom voorentoe. Ek hou van stap en movies kyk. Ek hou niks van dronk partytjies en baklei nie.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot