AFGRI
BEAN
26 Nov
-
7600
0,00
CORN
26 Nov
-
3615
0,00
SOYA
26 Nov
-
7427
0,00
SUNS
26 Nov
-
11170
0,00
WEAT
26 Nov
-
6202
0,00
WMAZ
26 Nov
-
3420
0,00
YMAZ
26 Nov
-
3651
0,00
AMT
Beeste A2/3
12 Nov
-
53,56
-0,07
Beeste AB2/3
12 Nov
-
51,91
-0,45
Beeste B2/3
12 Nov
-
49,04
-0,89
Beeste C2/3
12 Nov
-
46,15
0,38
Bevrore Hoender
12 Nov
-
29,34
0,37
Bokkies (onder 30 kg)
12 Nov
-
66,06
-1,00
Bokooie
12 Nov
-
46,92
1,10
Groot (meer as 40 kg)
12 Nov
-
39,53
-1,69
Hoender (IQF)
12 Nov
-
27,78
1,63
Medium (30-40kg)
12 Nov
-
54,15
0,97
Pork Average
12 Nov
-
27,78
-0,41
Poultry Average
12 Nov
-
29,22
0,77
Skaap A2/3
12 Nov
-
84,63
-0,14
Skaap AB2/3
12 Nov
-
75,86
0,10
Skaap B2/3
12 Nov
-
72
0,11
Skaap C2/3
12 Nov
-
69,61
-0,41
Speenkalf
12 Nov
-
40,08
-1,39
Spekvarke
12 Nov
-
29,62
0,34
Stoorlammers
12 Nov
-
45,41
-0,52
Varkwors
12 Nov
-
22,96
-0,51
Vars Hoender
12 Nov
-
30,54
0,29
Vleisvarke
12 Nov
-
27,62
-0,45
Wol (skoon)
12 Nov
-
167,2
-2,88

Vuurwapenwet: Jagvereniging vra publiek se kommentaar

akkreditasie
Foto: Johan Norval
Foto: Johan Norval
Die publiek moet erns maak met kommentaar op die omstrede voorstelle vir wysigings aan die Wet op die Beheer van Vuurwapens (Wet 60 van 2000), sê mnr. Fred Camphor, uitvoerende hoof van die SA Jagters- en Wildbewaringsvereniging.

Die sluitingsdatum om kommentaar op die voorgestelde wysigings te lewer, is 4 Julie. Die vereniging sal verskeie nuwe platforms skep waarop sy lede en ander lede van die publiek kommentaar op die wysigings kan lewer.

Camphor sê benewens die voorstel dat om ’n vuurwapen vir selfverdediging te besit nie meer ’n wettige rede vir die besit van ’n vuurwapen moet wees nie, is daar ander wysigings wat onhaalbaar, onprakties en nadelig vir jag- en sportskiet is.

Hy vertel die vereniging het in 2009 suksesvol wysigings aan dié wet in die hof teengestaan toe daar teenstrydigheid was oor die geldigheid van die ou lisensies. Die hof het beslis dat die ou groen lisensies (uitgereik ingevolge die vorige vuurwapenwet) geldig bly, ’n uitspraak wat steeds van toepassing is. “Die voorgestelde wysigings is selfs omvattender en noodsaak ’n gesamentlike poging deur alle vuurwapeneienaars en redelike mense om sinvolle aksie teen die drakoniese wysigings te neem.”

Camphor sê die vereniging bestudeer die implikasies van die voorgestelde wysigings, spesifiek die wysigings wat gemik is op die beperking van die mense se reg om vuurwapens te besit. “Dit is in die belang van elke wapeneienaar dat almal wat glo in hul reg om ’n vuurwapen vir selfverdediging te besit, hul stem moet laat hoor.”

Hy sê dit is belangrik om die proses rondom die wettige aspekte van die kwessie en wat die versoek om kommentaar behels te verstaan. “Die kennisgewing wat in die Staatskoerant van 21 Mei afgekondig is, is bedoel om mense in kennis te stel van die voorneme om die Wet op die Beheer van Vuurwapens (Wet 60 van 2000) te wysig. Die versoek om kommentaar is om te bepaal wat die moontlike impak daarvan en teenkanting daarteen kan wees. Daarom is dit belangrik dat vuurwapeneienaars en lede van die publiek met ’n belang by die wetgewing met oorgawe aan hierdie proses deelneem.”

Volgens Camphor is die vereniging veral oor die volgende wysigings bekommerd:

* Die doel van die voorgestelde wysigings aan die Wet op die Beheer van Vuurwapens (Wet 60 van 2000) wat dit van bemagtigende wetgewing na ontmagtigende wetgewing sou verander;

* Die verwydering van die reg om ’n vuurwapen vir selfverdediging te besit;

* Die beperking op die aantal vuurwapens en hoeveelheid ammunisie wat toegewyde deelnemers aan jag- en sportskiet mag besit;* Die uitbreiding en herdefiniering van ballistiese monsternemingspraktyke wat onhaalbaar en onprakties sal wees;

* Die verandering van bevoegdheidsvoldoening vir vuurwapeneienaars;* Die beperking op die herlaai van ammunisie deur vuurwapeneienaars vir hul eie gebruik.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
16.27
-1.9%
Rand - Pond
21.71
-0.0%
Rand - Euro
18.42
+0.1%
Rand - Aus dollar
11.59
+0.0%
Rand - Jen
0.14
+0.2%
Goud
1,792.60
0.0%
Silwer
23.13
0.0%
Palladium
1,751.49
0.0%
Platinum
955.50
0.0%
Brent-ruolie
72.72
-11.6%
Top-40
62,411
-2.6%
Alle aandele
68,615
-2.8%
Hulpbronne 10
64,074
-2.5%
Industriële 25
92,909
-1.3%
Finansiële 15
12,995
-6.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Dalk vind ek jou - my "Droomvrou".
My eie strewe na n mens wat stabiliteit, opregtheid en lojaliteit met n positiewe en gesonde uitkyk uitstraal, moet ook vanuit jou weerspieel. Lekker ontspanne geselsskap met n...
Ek soek na jou
Ek is 'n goeie luisteraar en help graag ander mense. Ek het 'n goeie hart en wil dit graag met iemand deel wat dit sal waardeer. Ek hou van dans en spandeer baie tyd...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot