Wagyu-beeste. Foto: Johan Norval
Foundation Wagyu, ’n groep van sewe van Suid-Afrika se voorste Wagyu-telers, het tydens ’n luisterryke geleentheid by Caraffa in Pretoria ’n skenking van R42 000 oorhandig aan Flying for Freedom Suid-Afrika, ’n organisasie betrokke by die voorkoming van renosterstropery.
Die geld is tydens Foundation Wagyu se veiling
op 21 September verlede jaar ingesamel toe ’n Wagyu-karkas van Woodview Wagyu
tydens ’n veiling deur mnre. Etienne Ferreira en Andries Schutte van Platinum
Beef gekoop is. Dit is die tweede keer dat Foundation Wagyu, wat voorheen
as Certified Wagyu Breeders bekend gestaan het, ’n skenking teen
renosterstropery gemaak het.

Foundation Wagyu, ’n groep Wagyutelers, het tydens ’n geleentheid by Caraffa in Pretoria ’n skenking van R42 000 aan Flying For Freedom, ’n organisasie betrokke by die bekamping van renosterstropery, gemaak. Van links is, voor: mnre. Samuel Pauw van Al 5 Wagyu, Etienne Ferreira en Andries Schutte van Platinum Beef, Otch Otto, koördineerder, en Victor Matfield, besturende direkteur van Wildswinkel; agter: mnre. Tokkie Botes, besturende direkteur van Flying for Freedom, Frans Stapelberg, eBuhlanti Wagyu, en Dieter de Bruyn van Xhariep Wagyu.
Mnr. Tokkie Botes, besturende direkteur van
Flying for Freedom, het gesê die organisasie het reeds honderde ure se vliegure
beskikbaar gestel om veeartse en forensiese personeel na stropingstonele te
neem, en aktief deelgeneem aan teenstropingsoptrede.
Op sy beurt het mnr.
Otch Otto van Flying for Freedom gesê dat Suid-Afrika sowat drie renosters per
dag weens stroping verloor. “Dit is meer as dubbel die aanteelsyfer vir hierdie
dierspesie en as dit nie vir hierdie tipe skenkings was nie, het renosters
moontlik reeds uitgesterf,” het hy gesê.
Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe.
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.