AFGRI
BEAN
28 Jan
-
9479
0,00
CORN
28 Jan
-
4568
0,00
SOYA
28 Jan
-
9642
0,00
SUNS
28 Jan
-
12400
0,00
WEAT
28 Jan
-
6515
0,00
WMAZ
28 Jan
-
4619
0,00
YMAZ
28 Jan
-
4643
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
13 Jan
-
165,67
-5,22
Ave Wool - RWS
13 Jan
-
175,15
-6,74
Beeste A2/3
13 Jan
-
64,12
5,40
Beeste AB2/3
13 Jan
-
59,8
1,44
Beeste B2/3
13 Jan
-
57,21
0,35
Beeste C2/3
13 Jan
-
52,71
0,17
Bevrore Hoender
13 Jan
-
33,17
1,42
Bokkies (onder 30 kg)
13 Jan
-
75,67
12,02
Bokooie
13 Jan
-
40,83
0,59
Groot (meer as 40 kg)
13 Jan
-
42,36
1,26
Hoender (IQF)
13 Jan
-
32,28
-0,54
Medium (30-40kg)
13 Jan
-
55,83
-0,83
Pork Average
13 Jan
-
37,48
0,43
Poultry Average
13 Jan
-
33,08
0,70
Skaap A2/3
13 Jan
-
91,6
4,46
Skaap AB2/3
13 Jan
-
86,27
5,49
Skaap B2/3
13 Jan
-
72,61
2,48
Skaap C2/3
13 Jan
-
67,45
1,67
Speenkalf
13 Jan
-
37,35
0,51
Spekvarke
13 Jan
-
38,76
0,27
Stoorlammers
13 Jan
-
38
-0,71
Varkwors
13 Jan
-
30,29
0,52
Vars Hoender
13 Jan
-
33,79
1,22
Vleisvarke
13 Jan
-
37,37
0,47

Wanopvattings oor mededinging in landbou - BFAP

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Ter illustrasie. Foto: Amelia Genis
Ter illustrasie. Foto: Amelia Genis
’n Vergelyking van die top-20 ondernemings se inkomste met die totale inkomste in elk van die onderskeie sektore in die ekonomie toon duidelik dat die landbou en die landbouverwerkingsektor nie onder die mees gekonsentreerde sektore in Suid-Afrika is nie.

'n Vergelyking van die top-20 ondernemings se inkomste met die totale inkomste in elk van die onderskeie sektore in die ekonomie toon duidelik dat die landbou en die landbouverwerkingsektor nie onder die mees gekonsentreerde sektore in Suid-Afrika is nie.

Die buro vir voedsel- en landboubeleid (BFAP) het in sy eie siening oor mededingendheid en konsentrasie in die landbouwaardeketing gesê sommige ontleders glo daar is reeds oorkonsentrasie in die sektor, ander sien toenemende konsentrasie en ander het geen probleem met die wyse waarop markte in die sektor funksioneer nie.

Die omvang van markkonsentrasie in die Suid-Afrikaanse landbousektor is ’n voortdurende onderwerp vir ’n debat vanweë die ingewikkeldheid van die land se voedselstelsels en daar is altyd die gevaar van veralgemening, sê BFAP in sy verslag. Hoewel beleid daarop gerig moet wees om dualisme in die sektor en struikelblokke wat mededinging beperk, uit die weg te ruim, moet die ingewikkeldheid van die sektor in ag geneem word.

BFAP sê eerstens moet besef word dat die landbouwaardeketting baie wyer strek as insetverskaffers, produsente en verwerkers. Die tentakels van die sektor sprei deur die hele ekonomie en sluit dele van die vervoer- en opbergingsektor, kleinhandel, groothandel, persoonlike dienste, finansiële dienste en huisvesting in. Dit moet alles in ag geneem word om markkonsentrasie te bepaal.

’n Vergelyking van Statistieke SA oor die top-20 ondernemings se verdienste vergeleke met die totale inkomste van ’n sektor plaas die landbou heel onder op die lys met 12%, selfs met die insluiting van groot ondernemings wat suiker, pluimvee, vleis en eiers produseer. Landbouverwerking is op 52% wat dieselfde is as die kleinhandel en vervaardigingsbedrywe soos chemikalieë, glas en metaal. Konsentrasie vind die meeste plaas by staatsondernemings en sektore soos mynbou (73%), visserye (78%), bosbou (80%) en posdienste (86%). 

Melkboere as voorbeeld

BFAP het ook na die mededingendheidskommissie se voorbeeld van die afname in melkboere verwys en gesê pleks daarvan om aan te neem die afname is veroorsaak deur die oorheersing van die mark is die markdinamika oor hierdie tydperk ontleed. Die reële plaashekprys van melk het hoofsaaklik gedaal sedert 2007, terwyl produksie gestyg het.

Weens die dalende pryse moes boere aanpas om te kon aanhou boer. Die moontlikhede was om produktiwiteit te verhoog deur uit te brei, om melkboerdery te laat vaar en selfs om na ander dele van Suid-Afrika te verskuif waar produksiekoste laer is. Vir meer as ’n dekade al is daar die neiging dat melkboere in die binneland (waar voer aangekoop moet word) die bedryf verlaat. In kusgebiede waar daar natuurlike weiding is, het boere se getalle nie in dieselfde mate afgeneem nie.

Gebrek aan data

Die antwoord oor markkonsentrasie lê daarin om na die getalle van alle boere in Suid-Afrika te kyk, maar daar is ’n gebrek aan data. Die ekonome mnr. Wandile Sihlobo en prof. Johann Kirsten verwys in ’n toekomstige hoofstuk van die Oxford Handbook of the South African Economy na opnames wat daarop dui dat daar in 2017 meer as 92 000 huishoudings in Suid-Afrika was wie se hoofinkomste uit die landbou bestaan het en ’n verdere 122 000 vir wie dit ’n sekondêre bron van inkomste was. Daarby was daar 40 000 boere wat vir BTW geregistreer was, volgens die 2017-landbousensus.

Sihlobo wys daarop dat hierdie prentjie onvolledig is omdat dit net boere ingesluit het wat vir BTW geregistreer is. “Die meeste boerdery-eenhede in Suid-Afrika is klein ondernemings met ’n jaarlikse inkomste van minder as R500 000. Dit is ’n mistasting om te sê alle kommersiële plase is groot ondernemings. Bykans 90% van dié wat vir BTW geregistreer is, is kleinskaalse of mikro-ondernemings.”

Hy sê die “romantiese” prentjie van kleinskaalse boerderye neem nie in ag dat sowat 70% van die bevolking verstedelik is nie. Grootskaalse ondernemings is nodig om hulle van veilige bekostigbare voedsel te voorsien, terwyl kleinskaalse boerderye van deurslaggewende belang is vir die informele waardekettings in landelike gebiede.

“Die volgehoue mite oor kommersiële plaasgroottes en getalle wat afneem, trek die aandag af van die werklike beleidsoplossings wat groei en werkskepping in die sektor kan bevorder. Die klem moet nou wees op onderbenutte grond in ou tuislande en grondhervormingsplase.”
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.20
-0.1%
Rand - Pond
21.30
-0.0%
Rand - Euro
18.70
-0.0%
Rand - Aus dollar
12.22
-0.0%
Rand - Jen
0.13
-0.0%
Platinum
1,012.08
0.0%
Palladium
1,618.86
0.0%
Goud
1,928.39
0.0%
Silwer
23.60
0.0%
Brent-ruolie
86.66
-0.9%
Top-40
74,766
+0.4%
Alle aandele
80,791
+0.4%
Hulpbronne 10
77,871
-0.4%
Industriële 25
103,872
+0.7%
Finansiële 15
16,281
+0.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Lewenslustige man
Lewenslustige persoon wat hou van nuwe ondekkings/uitdaging s. Christenskap is baie belangrik vir my. Eerlikheid en opregtheid baie belangrik. Lief vir my Afrikaner nasie. Mal...
wil lag en die lewe geniet
EK WERK HARD LIEF VIR MENSE HOU VAN DIE BUITELEWE IS GESOND HOU VAN KAMP LEES BAIE EK HAAT LUI MENSE
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot