Te midde van stygende voedselpryse verloor verbruikers ook, want die goedkoper kos wat hulle wel kan bekostig, is nie noodwendig voedsaam genoeg nie.
“Ons is toenemend in ’n siklus van goedkoop kos,” het mnr. Melvyn Abrahams, programbestuurder van die Pietermaritzburg-groep vir geregtigheid en waardigheid (Pietermaritzburg Economic Justice and Dignity-projek, PMBEJD), gesê tydens ’n gespreksessie van die Southern African Food Lab by die Universiteit Stellenbosch.
“Winkelgroepe druk en druk boere (om laer pryse te aanvaar)... Al wat op die ou end gebeur is dat boere nie hul werkers kan betaal volgens die vlak wat hulle sou wou nie.