AFGRI
BEAN
06 Des
-
9261
0,00
CORN
06 Des
-
4419
0,00
SOYA
06 Des
-
10520
0,00
SUNS
06 Des
-
10880
0,00
WEAT
06 Des
-
6673
0,00
WMAZ
06 Des
-
4953
0,00
YMAZ
06 Des
-
4813
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

Waterlisensies: Delegering van magte verwelkom

akkreditasie
Ter illustrasie. Foto: Alani Janeke
Ter illustrasie. Foto: Alani Janeke
Die delegering van magte vir die uitreik van watergebruiklisensies van die departement van water en sanitasie se hoofkantoor in Pretoria na streekskantore en opvangbestuursagentskappe is ’n stap in die regte rigting, sê Agri SA.

Luidens ’n verklaring deur die organisasie het me. Deborah Mochotlhi, waarnemende direkteur-generaal van die departement, die delegering van dié magte verlede maand onderteken. Agri SA verwelkom die stap en sê dit is een van die sleutel- strategiese maatreëls om die spertye vir die afhandeling van aansoeke vir watergebruikslisensies van 300 dae tot 90 dae te bespoedig.

Die delegering maak voorsiening daarvoor dat laerisiko- en laevolume-aansoeke vir watergebruikslisensies by die onderskeie streekskantore van die departement afgehandel kan word. Aansoeke van nasionale belang, asook dié wat ’n hoë risiko vir waterhulpbronne inhou, sal egter steeds deur die departement se hoofkantoor hanteer word.

Me. Lindiwe Sisulu, minister van menslike nedersettings, water en sanitasie, het verlede September aangekondig dat sy opdrag gegee het aan mnr. Trevor Blazer, wat toe waarnemende direkteur-generaal van die departement was, dat alle uitstaande aansoeke vir waterlisensies binne 30 dae tot 60 dae afgehandel moes word.

Dit het gevolg nadat pres. Cyril Ramaphosa in sy staatsrede in Februarie 2020 verklaar het dat alle waterlisensie-aansoeke vanaf 1 April 2020 binne 90 dae – en nie meer jare nie – afgehandel moet word.

Ingevolge dié aankondiging is die Vulindlela-program deur die presidensie ingestel, met die bespoediging van watergebruik-lisensiëringsprosesse wat geïdentifiseer is as een van die sleutelhervormings met die oog op ontsluiting van ekonomiese groei in Suid-Afrika. Die delegering van magte was noodsaaklik in dié verband.

“Ons hoop dat die landbousektor, as grootste gebruiker van Suid-Afrika se waterhulpbronne, baat sal vind by hierdie verwikkeling,” sê mnr. Janse Rabie, Agri SA se hoof vir natuurlike hulpbronne. “Ons wens die Suid-Afrikaanse Assosiasie van Watergebruikersverenigings geluk en bedank veral mnr. Nic Knoetze vir die waardevolle werk wat oor die afgelope twee jaar in dié verband gedoen is.”

Hou Landbouweekblad in die komende weke dop vir nog nuus oor aansoeke om waterlisensies.
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.46
-0.0%
Rand - Pond
21.30
-0.1%
Rand - Euro
18.32
-0.0%
Rand - Aus dollar
11.75
-0.5%
Rand - Jen
0.13
+0.1%
Goud
1,769.88
+0.1%
Silwer
22.35
+0.4%
Palladium
1,889.03
+0.6%
Platinum
999.00
-0.1%
Brent-ruolie
82.68
-3.5%
Top-40
68,543
0.0%
Alle aandele
74,693
0.0%
Hulpbronne 10
74,781
0.0%
Industriële 25
91,501
0.0%
Finansiële 15
15,595
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kontak my gerus jy sal nie spyt wees nie
Goeie sin vir humor, hou van lag, gesels, Kamp, natuur, buite lewe, romantics, hou van fisiese aan raking, kontak persoon
Passievolle lewenslustige omgee persoon.
Passievol en lewenslustige. Weet hoe om die lewe te geniet. Die lewe is hopeloos te kort vir drama. Bou die toekoms wat ek vir myself wil he. Baie om te bied aan die regte...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot