AFGRI
BEAN
25 Nov
-
9000
0,00
CORN
25 Nov
-
4468
0,00
SOYA
25 Nov
-
10240
0,00
SUNS
25 Nov
-
11275
0,00
WEAT
25 Nov
-
6695
0,00
WMAZ
25 Nov
-
5274
0,00
YMAZ
25 Nov
-
5018
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
11 Nov
-
157,79
-1,69
Ave Wool - RWS
11 Nov
-
166,91
2,42
Beeste A2/3
11 Nov
-
60,08
-0,01
Beeste AB2/3
11 Nov
-
56,81
0,56
Beeste B2/3
11 Nov
-
52,15
-0,80
Beeste C2/3
11 Nov
-
48,73
-0,12
Bevrore Hoender
11 Nov
-
31,94
-0,12
Bokkies (onder 30 kg)
11 Nov
-
63,1
0,10
Bokooie
11 Nov
-
43,61
4,61
Groot (meer as 40 kg)
11 Nov
-
46,34
2,08
Hoender (IQF)
11 Nov
-
31,3
-0,20
Medium (30-40kg)
11 Nov
-
60,71
6,10
Pork Average
11 Nov
-
34,12
-1,93
Poultry Average
11 Nov
-
32,11
-0,25
Skaap A2/3
11 Nov
-
90,18
-0,27
Skaap AB2/3
11 Nov
-
75,17
-0,35
Skaap B2/3
11 Nov
-
72,99
-1,21
Skaap C2/3
11 Nov
-
69,21
-1,49
Speenkalf
11 Nov
-
36,96
-0,14
Spekvarke
11 Nov
-
34,51
-0,93
Stoorlammers
11 Nov
-
41,2
1,38
Varkwors
11 Nov
-
26,82
-1,04
Vars Hoender
11 Nov
-
33,1
-0,44
Vleisvarke
11 Nov
-
33,99
-1,96

Watermeesterplan dien binnekort voor kabinet

akkreditasie
Me. Lindiwe Sisulu. Foto: GCIS
Me. Lindiwe Sisulu. Foto: GCIS
Die land se watermeesterplan wat die voorkeurstappe vir die ontwikkeling en bestuur van water en sanitasie in die land aandui, sal hopelik in Junie voor die kabinet dien vir aanvaarding, het me. Lindiwe Sisulu, minister van menslike nedersettings, water en sanitasie, gesê.

Parlementslede het die departement se begroting van R16,9 miljard in die nasionale vergadering gedebatteer.

Sisulu het gesê wanneer die watermeesterplan amptelik in werking gestel word, sal dit bekend staan as die “waterhandves wat water vir almal verseker”. Dit is ’n herverdelingsinstrument wat verseker dat daar gelyke verspreiding van water is, met die resultaat van verhoogde waterbesparingsmaatreëls.

Die nasionale tesourie het gewaarsku dat Suid-Afrika nie inklusiewe ekonomiese groei en transformasie sal kan volhou as erge watertekorte voorkom nie, het sy gesê. Dit plaas ’n groot las op die regering gegewe die beperkte finansiële hulpbronne wat beskikbaar is en die toestand van infrastruktuur.

Sisulu het gesê die Trans-Caledon-tonnelowerheid (TCTA), wat op kapitaalmarkte geld vir groot waterinfrastruktuurprojekte moet bekom, het reeds R68 miljard bekom vir waterhulpbronprojekte wat voor die einde van die dekade water aan Suid-Afrika sal lewer. Dit sluit in fase twee van die Lesotho-hooglandwaterprojek, die uMkhomazi-waterprojek, Mokolo-Krokodilrivier-waterontwikkelingsprojek en die vergroting van die Wes-Kaapse watervoorsieningstelsel.

Sisulu het ook toestemming gegee dat die TCTA leningsooreenkomste van R15,4 miljard aangaan sodat met die bouwerk aan die Lesotho-hooglandwaterprojek, met betrekking tot die Vaalrivierstelsel, voortgegaan kan word. Die geïntegreerde Vaalrivierstelsel kry tans sowat 780 miljoen kubieke meter water per jaar van Lesotho. Fase twee van die projek bestaan uit die bou van die Polihalidam wat ’n bykomende 465 miljoen kubieke meter water per jaar sal verskaf. Dit beteken die Vaalrivierstelsel sal jaarliks 1 245 miljoen kubieke meter water van Lesotho kry.

Ander projekte

Waterinfrastruktuurprojekte wat in die huidige boekjaar aandag moet kry, sluit in die Mdlotirivier-ontwikkelingsprojek waar die Hazelmeredam vergroot word; die Groot-Letaba-rivierontwikkelingsprojek waar die Tzaneen- en Nwamitwadam vergroot word; die Olifants-Doornrivierprojek waar die wal van die Clanwilliamdam verhoog word; die Mzimvubu-waterprojek; Cwabeni-stoordamprojek; bouwerk aan die Stephen Dlaminidam; die Voëlvleidam-vergrotingskema; die Lusikisiki-streekswatervoorsieningskema; die Mokolo- en Krokodilrivier- (wes) aanvullingsprojek; bouwerk aan die Foxwooddam; die uMkhomazi-waterprojek en die Algoa-watervoorsieningstelsel.

Mnr. Leon Basson, die DA se skaduminister vir water en sanitasie, het gesê volgens waterspesialiste word R900 miljard oor die volgende tien jaar vir infrastruktuur benodig om ’n volskaalse waterkrisis te vermy.

“Huidiglik word slegs R16,9 miljard begroot vir hierdie behoefte en daar is ’n tekort van R73,2 miljard in hierdie boekjaar.”

Munisipale skuld

Die departement dra swaar aan onbetaalde munisipale skuld, het Sisulu gesê. Munisipaliteite se skuld aan die waterrade het teen einde Maart 2021 op R12,6 miljard gestaan. Die departement het ook onlangs agtergekom vir 41% van die water wat munisipaliteite landwyd lewer, word nie ’n rekening gestuur word nie of dit nie word betaal nie. Altesaam R9,9 miljard gaan verlore weens lekkasies, munisipaliteite wat nie hul skuld betaal nie, of wat nie die geld van verbruikers insamel nie. Dit laat die departement baie armer om sy verantwoordelikhede te vervul. Daardie geld wat geskuld word, kon gebruik word om infrastruktuur te onderhou.

Oor hierdie kwessie het Basson gesê die bedrag uitstaande aan waterrade en waterhandelsentiteite staan nou op meer as R26 miljard en boonop het vyf waterrade om hulpverlening van R980 miljoen gevra net om hul deure oop te hou. Hy het benadruk dat die staat sy voete sleep om besliste stappe te doen teen wanbetalende munisipaliteite. As hierdie kwessie onopgelos bly, word infrastruktureprojekte onder risiko geplaas.

Die EFF het die begroting verwerp.
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.09
-0.4%
Rand - Pond
20.66
+0.0%
Rand - Euro
17.80
-0.1%
Rand - Aus dollar
11.54
+0.0%
Rand - Jen
0.12
-0.0%
Goud
1,754.60
0.0%
Silwer
21.61
0.0%
Palladium
1,856.61
0.0%
Platinum
984.00
0.0%
Brent-ruolie
83.63
-2.0%
Top-40
66,754
-0.0%
Alle aandele
73,151
+0.0%
Hulpbronne 10
71,441
-0.1%
Industriële 25
87,347
-0.2%
Finansiële 15
16,370
+0.4%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
See,Bosveld en Kamp
My geloof is vir my baie belangrik, is spontaan, het ñ goeie sin vir humor. Reik uit na mede gelowiges en minder bevoorregtes. Ek is ñ baie liefdevolle persoon.
Kom ons begin ons eie storie met Vriendskap
Nr 1 sal altyd my Here wees want Hy is my provider, Aleph en Sovereign God. Al wat ek soek is n maaitjie saam wie ek die lewe kan geniet, lag, gesels, laf wees en dan kyk na...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot