Navorsers het die huidige en verwagte waterbehoeftes van die landbousektor wêreldwyd in die lig van verwagte klimaatsverandering ondersoek, gemeet aan beskikbare volumes reën- en besproeiingswater.
In die afgelope 100 jaar het waterbehoeftes wêreldwyd twee keer vinniger as die menslike bevolking gestyg. Waterskaarsheid word reeds op elke vasteland, afgesien van Antarktika ervaar, en bedreig voedselsekerheid.
Luidens die verslag sal beter praktyke gebruik moet word om water vir die landbousektor so goed moontlik te bewaar. Dit sluit die gebruik van deklae, geenbewerking en aangepaste planttye in ooreenstemming met veranderde reënvalpatrone in.