AFGRI
BEAN
26 Me
-
9774
78,00
CORN
26 Me
-
4526,4
41,40
SOYA
26 Me
-
9226
149,00
SUNS
26 Me
-
11025
155,00
WEAT
26 Me
-
7546
-20,00
WMAZ
26 Me
-
4555
43,00
YMAZ
26 Me
-
4653
46,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
13 Me
-
168,05
3,02
Ave Wool - RWS
13 Me
-
179,53
-4,62
Beeste A2/3
13 Me
-
62,31
1,46
Beeste AB2/3
13 Me
-
59,74
1,26
Beeste B2/3
13 Me
-
54,18
-1,02
Beeste C2/3
13 Me
-
49,36
1,98
Bevrore Hoender
13 Me
-
31,09
0,25
Bokkies (onder 30 kg)
13 Me
-
59,25
-12,01
Bokooie
13 Me
-
48,53
-2,68
Groot (meer as 40 kg)
13 Me
-
43,21
-1,79
Hoender (IQF)
13 Me
-
29,58
0,11
Medium (30-40kg)
13 Me
-
55,89
4,30
Pork Average
13 Me
-
27,45
0,15
Poultry Average
13 Me
-
30,77
0,18
Skaap A2/3
13 Me
-
95,1
-1,87
Skaap AB2/3
13 Me
-
78,75
-0,91
Skaap B2/3
13 Me
-
75,51
-0,87
Skaap C2/3
13 Me
-
70,69
-1,09
Speenkalf
13 Me
-
38,26
0,47
Spekvarke
13 Me
-
27,63
-0,20
Stoorlammers
13 Me
-
47,29
-0,99
Varkwors
13 Me
-
21,94
0,00
Vars Hoender
13 Me
-
31,64
0,19
Vleisvarke
13 Me
-
27,41
0,12

Waterskade: Rampklassifikasie verwelkom

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Só lyk die sopnat landerye op mnr. Jakkals le Roux se plaas in die distrik Wesselsbron. Foto: Jakkals le Roux
Só lyk die sopnat landerye op mnr. Jakkals le Roux se plaas in die distrik Wesselsbron. Foto: Jakkals le Roux
Die klassifisering van die talle oorstromings in die land tot ’n nasionale ramp word deur Agri SA en sy affiliasies verwelkom.

Die klassifisering van die talle oorstromings in Suid-Afrika tot ’n nasionale ramp word deur Agri SA en sy affiliasies verwelkom.

Ná ’n vergadering van die nasionale rampbestuursentrum gister met belanghebbendes oor die situasie rondom oorstromings en waterskade in verskeie provinsies is die klassifikasie van die situasie tot ’n ramp gisteraand deur die nasionale rampbestuursentrum in die Staatskoerant afgekondig.

Luidens die klassifikasie word ’n versoek gerig tot die onderskeie staatsorgane om ondersteuning aan bestaande strukture verder te versterk om gebeurlikheidsplanne toe te pas en te verseker dat maatreëls ingestel word om die nasionale uitvoerende gesag in staat te stel om die gevolge van die ramp doeltreffend te kan bestuur.

Me. Andrea Campher, risiko-en-rampbestuurder by Agri SA, sê die departement van landbou is gister deur dr. Mmaphaka Tau, hoof van die nasionale rampbestuursentrum, versoek om met die georganiseerde landbou te skakel om te bepaal hoeveel skade boere gely het, aangesien die sentrum nog nie baie besonderhede van dié departement ontvang het nie.

Die departement het aangedui dat die onderskeie provinsiale en munisipale beamptes besig is met opnames. Campher sê dr. Jack Armour, bedryfsbestuurder van Vrystaat Landbou, het dié organisasie se boere gevra om teen 10 Februarie hulle skade-opnames aan hom te stuur, sodat die organisasie dit teen 15 Februarie by die Vrystaatse departement van landbou kan indien. Die nodige vorms is by plaaslike beamptes en by Vrystaat Landbou beskikbaar.

Vrystaat Landbou het reeds twee weke gelede gevra vir ramphulp vir veral boere in die Noordwes-Vrystaat waar groot hoeveelhede reën in baie kort tye uitgesak en talle boere se aanplantings verwoes het.

Campher sê die provinsies wat volgens die rampbestuursentrum tot dusver die meeste skade ervaar het, is die Vrystaat, Noordwes, KwaZulu-Natal, Mpumalanga en Gauteng.

Opnames

Campher sê waar nodig sal Agri SA se provinsiale strukture opnames onder boere doen oor skade wat gely is.

Agri Noordwes is ook besig met ’n skade-opname en het vroeër vandeesweek met die provinsiale rampbestuursentrum vergader.

Mnr. Boeta du Toit, hoofbestuurder, sê hulle het tydens die vergadering veral gevra dat dringende aandag aan die provinsie se grond- en teerpaaie geskenk moet word. “Talle boere se grondpaaie is totaal verspoel en dit moet dringend herstel word. Teerpaaie wat ernstig beskadig is, is ook ’n groot probleem.”

Mnr. Naudé Pienaar, assistent-hoofbestuurder van Agri Noordwes, sê die paaie in sommige distrikte is so swak dat van die boere hul kinders met trekkers skool toe vat.

Campher sê die kans is skraal dat ’n boer wat groot skade aan sy of haar oeste aangeteken het, ramphulp gaan ontvang, onder meer omdat versekeringsprodukte vir oesverliese beskikbaar is. “Ons druk wel baie hard dat die geld wat beskikbaar gestel word, so gou moontlik aangewend moet word om paaie en infrastruktuur te herstel.”

Boere moet in die komende maande hul somergrane oes en dié oeste na silo’s vervoer. Daarvoor moet paaie begaanbaar wees.

Campher, wat in die nasionale gesamentlike vloedkoördinasie-komitee dien, sê sodra die skade-opnames afgehandel is, sal dit duidelik word hoeveel geld van die regering versoek sal word om die skade te help herstel. Die rampklassifikasie dra wel daartoe by dat geld van munisipaliteite en staatsdepartemente hertoegewys kan word om te help tydens die ramptydperk.

Klik hier om die rampklassifikasie te lees.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
15.72
+0.1%
Rand - Pond
19.81
-0.1%
Rand - Euro
16.87
-0.4%
Rand - Aus dollar
11.15
+0.0%
Rand - Jen
0.12
-0.1%
Goud
1,851.82
-0.1%
Silwer
22.01
+0.1%
Palladium
2,021.00
+0.6%
Platinum
950.50
+0.3%
Brent-ruolie
114.03
+0.4%
Top-40
63,019
+2.9%
Alle aandele
69,484
+2.7%
Hulpbronne 10
76,495
+2.7%
Industriële 25
75,125
+3.3%
Finansiële 15
15,846
+2.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Soek n sielsgenoot.
Ek doen fotografie en is altyd op die uitkyk vir nuwe geleenthede en ander genres, bied fotografie werkswinkels aan vir n groepie afgetredenis wat jonk van gees is, Lief vir die...
Live Every Moment while enjoying it💥
I love to laugh. any adventure. dare and done. Honesty is important. Hate lies. will caught up with you. Know who I am and live life to the fullest. Very deep and soft hearted....
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot